Anders?

Hoe sou dinge in Suid-Afrika lyk as ons nie ons harte nie, maar ons smarte vir Hillbrow gegee het? As Fokofpolisiekar eerder “moenie so fokken verdeeld lyk nie” geskree het en Gé Korsten se liefling van hom vergeet het? Wat as Annelie van Rooyen gebewe het, Steve Hofmeyer regtig agter elke vrou was en Die Campbells se bokkie ‘n rokkie vol bloed had? Wie sou luister as Koos Kombuis van Lisa se vampier gesing het? Kon Lucas Maree se tuinier dalk doen met ‘n miljoen? Sê nou daar was ‘n Gautrein op Lochner de Kock se stasies? Flashpoints op Nataniël se kop? Evangelies in Paul Riekert se bedkassie? Wat as Valiant Swart se Mystic Boer Sefer Raziel HaMalakh gelees en Jan de Wet gesing het dat God nie altyd vir Bloemfontein (laat staan die hele wêreld) in Sy hande hou nie?

Sê nou maar Ray Dylan kon die lorrie stop wat Karen de Klerk se lewe geneem het? Sê nou almal kon Nkosi sikelel’ iAfrika werklik as ‘n gebed bedoel en daar was regtig ‘n hemel bo-op Tafelberg?

Wat as dinge anders kon wees?

Post to Twitter

17 Responses to “Anders?”

  1. As dinge anders was, sou ons wel weer iets anders gehad het waarmee ons ontevrede was. Dis die menslike natuur, ongelukkig.

    Anders is soms lekkerder, anders is soms interessanter, maar anders is nie altyd beter nie.

    Reply

  2. Of as Afrikaners net nie so plesierig was nie, die Boere nie so sit-sit gery het nie en as al die veld net nie so vrolik was nie en daar nie werklik ‘n donker man daar geloop het nie… MAAR DIT IS NIE. “Halala, ewig is ons Afrika.”

    Hoe gaan dit met daai Xhosa lesse Johan?

    Reply

  3. beroerd (vir eers). daai kant?

    Reply

  4. As dinge anders was…sou jy nie jy gewees het nie…en ek nie ek nie

    vra eerder…hoe sal dinge more wees?

    Reply

  5. Stadig…maar lyk of ek dalk net hierdie race kan wen. :-)

    Reply

  6. Roer – dis goed om te hoor :-)

    aventer – dis juis die ding. hoewel ek dit nie geskryf het nie, was daar in my agterkop hierdie vreemde besef wat ek laas in ‘n eerstejaarsfilosofiehandboek (…wat ‘n woord…) raakgelees het. naamlik: ons hamer so op vrye keuse en hoe ons die base van ons eie toekoms is, maar sodra dinge gebeur het, is dit skielik so radikaal onomkeerbaar, dat dit lyk asof dit nooit anders sou kon gebeur nie. fatalisme freak my uit.

    ek dink dis roger scruton wat die voorbeeld van ‘n football game gebruik. maak nie saak wat gebeur nie, jy gaan nie die telling vooraf kan voorspel nie. (jy kan dalk ‘n gelukkige raaiskoot neem, maar jy gaan nooit kan weet nie). en tog GAAN daai telling gebeur. no questions. hoe vreemd is dit nie?

    Reply

  7. dan sou om satiries te wees , die gewildste vorm van humor kon gewees het ?

    Reply

  8. dis nou iets wat ek sou geniet

    Reply

  9. dis my land, jou land, ons land
    van sonskyn en bloed
    te danke aan daai vokken Verwoed
    as dinge anders was
    sou dinge anders wees
    ons maak ons stemme hees
    met elke skreeu van verlang
    ommi kroeks op te hang
    byt vas
    dis nog lank nie verby
    as dinge anders was
    sou dinge anders wees

    Reply

  10. [...] « Johan Swarts se bl0g Anders? « Johan Swarts se bl0g dis my land, jou land, ons land van sonskyn en bloed te danke aan daai vokken Verwoerd as dinge [...]

  11. … what if

    Reply

  12. Wat as…?? As is verbrande hout!

    Wat as ons net ons attitude verander? Dis wat my laat wonder…!

    Reply

  13. Ek’t ‘n lang komment gelos en toe trip die krag…stoepit Eskom…

    In opsomming…you can’t star with your future if you dwell in the past (dis hoekom dit in ons land gaan soos dit gaan…)

    “wat as…?” is nie ‘n opsie nie…dit gaan oor die manier wat ons die situasie hanteer

    ‘n Paar gedagtes…

    1. Ek tik met twee hande vandag
    2. Ek’t ‘n nuwe woord geleer :) fatalisme
    3. Jy’t my geinspireer vir ‘n post (dankie :D ) sal dit skryf wanneer ek weer wat om te sê
    4. My ma wil weet wanneer jy nog ‘n paar musiek bylae gaan opsit…

    Reply

  14. Hmm, dalk moet ek weer ‘n bietjie my kitaar optel. Ek skeep hom maar sleg af, so met die tesis en die klasgee en alles.

    Reply

  15. Dis ‘n skande johan…sies…ek’t myne net gister mooi afgevee, dis nie die beste een nie maar my kitaar is my lewe, ek’t vir 6 maande gewag om weer te kan speel :D ek kannie meer wag nie

    Reply

  16. Wat as…

    1) Selfone met ingeboude asem-alkohol-toetsers gekom het, sodat jy nie perongeluk jou ex bel 4-uur in die oggend nie.
    2) Ons strande amptelike sunscreen-massage tente gehad het?
    3) Publieke toilet graffiti “artists” uitgevang kon word?
    4) Daar wel ‘n god is?
    5) Xenophobia nie bestaan het nie?
    6) Werk altyd lekker was?
    7) Pizza glad nie vet gemaak het nie? 8) Die Departement van Binnelandse Sake actually doeltreffend was?
    9) Mans vroue kon verstaan?
    10) Mans vroue kon weerstaan?

    Reply

  17. Hallo…

    JOhan – ek’t my post geskryf as jy wil gaan lees..ek kan nog nie daai link thingy doen dat jy direk soontoe kan gaan nie, maar dit is daar

    Christoff – Wat as vrouens mans kon weerstaan…think about it ;)

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled