Progressie #2
Terloops:
1. Die babafilm is aan die einde van verlede jaar met ‘n HandyCam geskiet, maar omdat ek gulsig was en dit met Vegas 8.0 begin saamflans het (toe letterlik vars van die rak af), het die MainConcept lisensie wat saam met Vegas kom verval. Ek kon dit om die dood nie crack nie en sit dus met ‘n klomp beeldmateriaal wat ek nie kan edit nie. Dis natuurlik uiters onregverdig teenoor die paar bloggers wie se idees gebruik is. Hoewel die film in retrospect deurspek van foute is (dis inderdaad al hoe ‘n mens leer), sal dit steeds voltooi en versprei word met skakels na die betrokke bloggers, soos belowe. Want:
Ek het nounet die idee gekry het om ‘n Virtual Machine te installeer, ‘n ekstra kopie van Windows daarop te laai en dan weer Vegas 8.0 daarop te sit. Sodoende fnuik ek die lisensie en kan ek die filmpie klaarmaak. Muwhahaha.
2. Cobus Potgieter (slagwerker en filmmaker van formaat) het na meer as ‘n jaar daarin geslaag om Annemarie Venter (matrikulant van formaat) uit te stof vir die gesogte R50 e-mali. Sy R50 word eersdaags oorhandig. Vir haar volgehoue deelname kry Annemarie ‘n troosprys.
3. Na verskeie ontsporinge is ek weer aan ‘t werk vir my tesis. Ek speel onder andere met die idee van ‘n kwantitatiewe studie, waarmee ek onder meer die volgende wil uitvind:
- Waar het Afrikaanse blogs begin? Wie was eerste?
- Hoekom blog Afrikaanssprekendes?
- Waaroor blog Afrikaanssprekendes?
- Tot watter mate beïnvloed geslag, ouderdom, herkoms en ander faktore inskrywings?
- Tot watter mate is daar sprake van ‘n sogenaamde hive mentality onder bloggers?
- Etcetera.
Ek wil kyk of ek ‘n soort “familieboom” van bloggers kan opstel. Omdat ek baie van julle se gedagtes oor die volgende paar maande gaan beloer, sal ek relevante hoofstukke hier plaas in die vorm van .pdf’s, sodat julle kan lees wat oor julle geskryf word en kapsie kan maak indien ek onwetend snert kwytraak. Die finale tesis sal hopelik op my aandrang (iewers aan die einde van 2009) ook nie vir finale assessering gestuur word voordat ‘n preliminêre weergawe hier beskikbaar gemaak is vir besigtiging nie.
Nou ja toe, laat ek verder gaan lees. Effects of Age and Gender on Blogging (deur Schler, Moshe, Argamon en Pennebaker) hier kom ons.


dis nie by dié topic relevant nie, maar ek voel ek moes dit net noem: muse se live album/dvd is totaal befok.
Reply
Oor wie eerste was – heel waarskynlik Anton Raath sedert 2001:
http://afrikaans.be/2001
Reply
Hey Johan, ek luv jou tesisonderwerp! Net vir interessantheid: sal jy blogging beskryf as ‘n tipe joernalistiek of ‘n tipe dagboekhou of wat? NS ek het ingeteken op jou blog en wag nou in spanning vir elke aflewering.
Reply
Leon-Ben – Is daar ‘n nuwe een? Ek sal graag wil sien. MyCokefest was ongelukkig nie vir my beskore nie, maar ek is self nogal ‘n aanhanger. Hulle ander Live shows wat ek al gekyk het op DVD was verrry verrry guud.
alleman – wonderlik, ek voeg vir Anton in. Dis nogal ‘n geruime tydjie wat hy besig is.
Carolyn – Ja en nee. Dit kan soms ‘n tipe joernalistiek wees, soms ‘n tipe dagboek, soms ‘n katartiese ruimte, etcetera. Bloggers kan soms as joernaliste optree, maar om dit slegs as ‘n vorm van joernalistiek te klassifiseer gaan myns insiens glad nie werk nie. Ek sal ‘n bietjie later daaroor blog; daar’s nogal ‘n goeie aanhaling wat ek raakgelees het daaroor.
Dankie vir die inteken! Hoe gaan dit by Joernalistiek?
Reply
STERKTE!!!! Niks meer nie, niks minder nie…
Reply
Watter VM gebruik jy? VMWare? Bochs? ???
Dit sal interessant wees as jy as deel van jou studie kan aantoon of dit wat ons almal doen nou wel as blogging geklassifiseer kan word, bloot net weens die feit dat ons dit op blog-hosts publiseer.
Reply
Sy naam is HAARP, dit het ‘n live CD en live DVD in die pakkie. Is 1 April ge-realease. Het dit laasweek gekry. Moet ‘n review doen.
Reply
Wonder hoeveel Afrikaanse Blogs is daar vandag? Hoeveel het ook “gevrek” tussen in?
Reply
Skies mykopop, ek’t jou nooit geantwoord nie. Ek wil VMWare probeer. Enige tips?
Reply
Nog ‘n ander interessante ‘toeval’ op blogs – hoe daar soms soortgelyke temas op verskillende blogs aangespreek word uit verskillende hoeke, sonder dat baie van hulle mekaar se blogs lees of selfs bewus is van. Dit ’strike’ my nogal as virtual/cyber telepathy.
Reply
I would really recommend that you have a read-through of the Afrikaans blogs on blogs.24. What is particularly interesting on .24 is the culture of MOB’s (Meeting of Bloggers) where those who befriend each other via their blogs eventually end up meeting in 3D.
Very interesting culture – pay a visit.
Reply