Kanonne, blondines, rooikoppe. Faking it.

Wat het 'n Canon XL2, 'n Kinoflow, blondes, redheads, 'n wit infinity curve, stellasies, 'n soundstage, en jarrre en jarrre se visuele effekte in gemeen? Nie een het 'n bewussyn nie, en almal neem deel aan Die Valskerm band (‘n jong rockgroep van Durbanville) se eerste musiekvideo. Wat ek skiet.

[Opgewekte gilletjie]

Ek is belaglik opgewonde oor hierdie projek. Dit sal die eerste musiekvideo wees wat ek maak en die eerste keer wat my beeldmateriaal (hopelik) gebeeldsend word. Die uitdaging vir my en Ben Ludik (medevervaardiger en hoof van die tegniese afdeling) is om met 'n relatiewe lae begroting (vir nou eers 'n geheim) 'n relatiewe hoë kwaliteit musiekvideo te skiet. Na vorige projekte (musiekvideos inkluis) waarby ek betrokke was, is een ding duidelik – jy’t óf baie geld nodig vir so iets, óf jy moet dit so goed fake dat dit lyk asof jou begroting meer as die gemiddelde Suid-Afrikaner se maandelikse salaris was.

Raai wie oefen die flous-opsie uit?

*edit* (Blondes en redheads is ligte) *edit*

This entry was posted in Musiek and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>