‘n Vriendelike stukkie kritiek, vir enigiemand by dieburger.com wat hierdie mag raaklees:
Geagte leser
Soos baie ander Suid-Afrikaners lees ek nuus omtrent uitsluitlik op skerms. In vandag se aflewering van Die Burger is daar 'n berig getiteld: “Zuma weerspreek Mbeki“. Die berig self is knap geskryf, maar aangesien dit (so raai ek) 'n identiese weergawe is van dit wat in die gedrukte koerant verskyn, is daar 'n klein anomalie wat my as internetgebruiker nogal frustreer. Teen die einde van die berig verskyn die volgende woorde:
“Intussen is Zuma se hofsaak in Mauritius tot 7 Mei uitgestel (lees berig elders). Hy het gister gesê hofverrigtinge in die korrupsie-saak sal nie keer dat hy aan die ANC-veldtog vir volgende jaar se algemene verkiesing deelneem nie.
Waar is is “elders”? Een van die voordele van die internet is tog dat jy met die druk van 'n knoppie by inligting kan uitkom. “Elders” is nie goed genoeg nie – kodeer eerder “elders” om in 'n hyperlink, sodat inligtingverslaafde lesers soos ek dadelik by die berig aangaande (in hierdie geval) Zuma se hofsaak kan uitkom. Moenie lesers onnodig na inligting laat soek nie.
Vriendelike groete
Johan Swarts