Magtig mens

Kopiereg Martin WaughIs dit nie vreemd hoe tegnologie die wêreld omvorm nie? Neem iets eenvoudig soos ‘n glas. Dis eintlik maar net ‘n ongestandardiseerde volume-eenheid, want jy drink mos nie net “genoeg” water op ‘n dag nie. Daar is ‘n voorgeskrewe ses tot agt glase wat by jou keel moet afgaan voor jy “genoeg” gedrink het.

Dit was nie altyd so nie. Ek sien in my geestesoog hoe ‘n oermens iewers in ‘n oerwoud langs ‘n stroompie hurk en soveel water drink as wat nodig is. Vandag het vloeistowwe vir talle mense iets heeltemal anders geraak – iets wat in houers kom. In glase. Blikkies. Bottels. Plastieksakkies. Papierkoppies. Wasbakke. “Genoeg” het “Genoeg glase” geraak.

Glase is een van verskeie tegnologiese ontwikkelinge wat ons ‘n oergegewe – water wat deel is van ‘n lewensonderhoudende siklus – onbewustelik laat vergeet het. Ons (en ons Aardrykskunde-onderwysers) het kennis daarvan, maar ons lééf dit nie. As dit reën is ons instinktiewe reaksie vir eeue lank al nie: “sjoe, hier kom druppels wat ek kan drink” nie. Ons plas eerder nors rond (die strate “afgeslag en glyerig”, as ek by Breytenbach mag leen), verwens die weer en koop koffie by winkeltjies met vuilgetrapte vloere. Ons het glase ontwerp om die lewe te vergemaklik, toe tem ons sommer een van die hoofbestandele vir lewe in ‘n paar kubieke sentimeters. Magtig mens, ons.

Ten minste tot ons verdrink.

Post to Twitter

8 Responses to “Magtig mens”

  1. Tot ons onsself verdrink in ons eie sondevloed?

    Reply

  2. Glase was maar net die begin…

    Reply

  3. Ja deesdae moet mens selfs jou kos “tel”, die is skrikwekkend!

    Reply

  4. Tjeers!

    Reply

  5. en “met die mate waarmee jy meet, sal jy gemeet word” (waar ‘jy’ ook ekwivalent is aan ‘ek’ en/of ‘julle’ en/of ‘ons’.)

    Reply

  6. en hy of sy?

    Reply

  7. as ‘n suiwer heteroseksuele wit Suid-Afrikaanse ou-baas, sonder ‘n paspoort , wil ek juis nie geslagsdiskriminasie as ‘n maatstaf gebruik nie.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled