Met apologie aan Boer in Ballingskap.
Wat dink julle hiervan? Die tema van gormendizer.co.za is steeds oorwegend blou. As jy 'n onskuldige Googleäar was, sou jy van so 'n header gehou het?
Kritiek word opreg waardeer.
Die fokus het van “blog” na “Johan Swarts” geskuif, omdat ek NewsPress probeer reverse engineer (wat is dit in Afrikaans? Tru-ontwerp?) met Options. “Blog” het eenvoudig net nie genoeg letters om iets met kleur uit te rig nie. Options, terloops, is werklik 'n meesterlike stukkie werk. Die kode is netjies en skoon met verskeie bekommentariëerde reëls PHP en CSS, wat dit aansienlik makliker maak om jou blog te pimp.
Die skrywer, Justin Tadlock, het 'n graad in Engels en hou tans skool in Korea.
