Gistermiddag loop ek oor die rooiplein, deur Die Neelsie en verby die publieke aansteekborde (waarvan die glas kort-kort vervang moet word). Voor die aansteekborde, versteek teen die gesoute mure van die departement Chemie en Polimeerwetenskap, sit 'n bergie. Hy knik vir my. Ek knik terug. In die verbystap hoor ek hoe sing hy “ôôônnir lê drie piiiikkaaawynaaaa…maar die maarrrralstaaa eeeeen…is mynaaa”. Elke woord trots uit volle bors – vir die vier meisies wat in 'n ry agter my stap en verontwaardig vinniger begin loop.
Hy’t my dag gemaak.