Verskoon tog hierde een as jy moeg is om oor Frank Botha te lees, maar dié juweeltjie is net te goed om te verswyg:
Frank Botha laat my dink aan die oorlogsveterane in Zimbabwe. Daai wat nog skaars gebore was tydens die oorlog. In “God vs. Evolusie: my persoonlike mening. DDInhoud” skryf hy:
Kyk, ek baklei dekades lank al tèèn konvensionele denke omdat iemand destyds iewers so mèt ons voorouers se koppe gesmokkel hèt, dat nageslagte almal dieselfde fobias, duimsuig-stront glo (dis mos tradisie). [My klem]
Neem 'n rukkie en verteer dit. Dekades lank. Dekades. Dekaaaaaaaaaaades.
Frank is 29.