Blogs then, are a studied minuet between blogger and audience. Bloggers consider audience attention, feedback, and feelings as they write. While bloggers do not always judge their audiences correctly, and may inadvertently write inappropriate or injurious posts, consciousness of audience is central to the blogging experience. (Nardi, Schiano, Gumbrecht 2004: 4)
Só meen Nardi et al in Blogging as Social Activity, or, Would You Let 900 Million People Read Your Diary? Kan dieselfde gesê word van Afrikaanse blogs, of is dit onmoontlik om 'n veralgemening te maak? Neem Afrikaanse bloggers hulle lesers in ag? Is daar werklik van ons wat skryf sonder om 'n snars om te gee wat ander daarvan dink? (Hoekom dan hoegenaamd skryf?) Is bloggers wat optree asof hulle nie omgee wat ander dink nie dalk juis die ouens wat die meeste daaroor bekommerd is?
Neem jy deel aan die blogminuet?