Hier is my nuutste poging tot Photoshop pleeg. Wat dink julle? Ek hou meer hiervan as van die eerste prototipe, hoewel ek nie heeltemal seker is of die onderste teks moet reflekteer nie. Dalk 'n bietjie te Web 2.0?
Die fokus is terug op “bl0g” en weg van my naam. Ek verkies dit so. (Hoewel ek reeds kritiek ontvang het dat my naam dalk té klein is.) Die blou kurwekolom in die vorige poging was vir 'n oomblik mooi, maar in retrospect dra dit nie veel by nie.
Voorstelle is oudergewoonte welkom.
*edit* As iemand lus kry om self met hierdie logo rond te speel, stuur vir my 'n e-pos by gormendizer dot gmail dot com, dan stuur ek die .psd aan. *edit*