Vervreem die vervreemdes deesdae?

Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!

The central doctrine of Christianity, then, is not that God is a bastard. It is, in the words of the late Dominican theologian Herbert McCabe, that if you don’t love you’re dead, and if you do, they’ll kill you.

Terry Eagleton oor Richard Dawkins wat die pot missit

Is dit nie ontsaglik waar nie? Die blye boodskap, nes die lewe in Eugene Marais se “Skoppensboer”, is heel ironies nie altyd ‘n vreugdevolle aangeleentheid nie. Daar is ‘n “Druppel gal [...] in die soetste wyn / ‘n traan [...] op elk’ vrolik’ snaar”. Dis tog jammer die planeet is steeds vol oorywerige Bybelswaaiers wat God verkoop as ‘n verbeterde vorm van Prozac. Hoeveel pastore met paleishuise is bereid om vervolg te word vir dit wat hulle verkondig? (Hoeveel pastore met paleishuise het al Adam Small gelees?)

‘n Mens sou McCabe se woorde ook op wetenskaplikes kon toepas en hom (met apologie) herfraseer: “if you don’t do science you’re dead, and if you do, they’ll ostracise you.” Hoewel “dood” dan ‘n veel meer spreekwoordelike lading dra, is die beginsel dieselfde: bloot omdat hulle die wetenskap beoefen, word wetenskaplikes gekastigeer deur oningeligtes wat glo dat evolusie die Christendom so erg ondermyn dat daar niks meer daarvan kan oorbly nie.

Dis angswekkend dat die evolusie-godsdiens debat voortduur – meestal omdat dit nooit ‘n debat was om mee te begin nie. Dis ‘n bitch fight, met twee kante wat elk bruusk volhou dat hulle die finale sê het oor wat die ander een moet dink.

Beide partye openbaar gewoonlik erge onkunde oor mekaar. Tereg skryf Eagleton dat Dawkins nie ‘n kat se kans het om enigiets meer as snert kwyt te raak oor teologie nie. Dis egter net so waar dat kreasioniste gewoonlik nie die vaagste benul oor enigiets meer as hoërskoolfisika (in gevorderde gevalle, kennis van entropie) beskik nie. Hulle sien ‘n bose sameswering teen godsdiens in al wat ‘n proefbuis is (vergewe my die veralgemenings). En hulle weet gewoonlik nie so lekker wat “evolusie” is om mee te begin nie.

Dis seker die mees verontregte begrip in die Westerse leksikon.

Geen jong aarde kreasionis kla ooit oor die viskositeit van water omdat Jesus daarop geloop het of bevraagteken swaartekrag omdat Hy volgens die Bybel opgevaar het na die hemel nie. Tog, wanneer dit uit ‘n klomp geslagsregisters blyk dat die aarde ‘n paar duisend jaar oud is, word die evolusieteorie met klippe bestook. Hoe moet ‘n mens dit kleinkry? Dieselfde teorie wat ons in staat stel om ten minste kan verstaan hoekom VIGS tans ongeneesbaar is, word vervreem, omdat te min mense dit wil verstaan1.

Evolusie is nie ‘n brullende leeu wat die Christendom wil verslind of ‘n gifaanval op onskuldige bloedjies se psiges wil loods nie. Dis ‘n legitieme stel afleidings aangaande die lewe op hierdie planeet. As jy weier om dit te aanvaar, het ‘n klomp politiesgedrewe Amerikaners met vet beursies jou lelik om die bos gelei. Daar lê fossiele in die Karoo van diere wat nooit daar sou kon oorleef vir duisende jare soos wat dit nou lyk nie. Wat soek hulle daar? Mensbeendere word nooit saam met fossiele van dinosourusse gevind nie. Wat soek hulle nié daar nie?

Gaandeweg word een van die mensdom se grootste ontdekkings beswadder omdat mense nie bereid is om hulle nekke uit te steek en meer te leer nie – om vir een oomblik op te hou bekommer oor of iets “sleg” is en eerder te begin wonder of dit “waar” is. Gaandeweg word die ontdekkers (en almal wat bereid is om meer oor hierdie planeet by hulle te leer) vervreem.

Het die bitch fight perdalks so hittig geraak dat McCabe se wyse woorde nie meer geld nie? Laat kreasioniste God wél soos ‘n bliksem lyk? Wie word werklik deesdae vervolg vir dit waarin hulle glo?

1 Dié onkunde word gewoonlik gebruik om aan te dui hoe die Christendom ‘n galdruppel in die wêreld se wynkelk is. So word ‘n Baba soms met die badwater uitgegooi sonder om werklik te dink oor wat Hy te sê gehad het.

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

50 Responses to “Vervreem die vervreemdes deesdae?”

  1. Amen.

    Here’s an example of someone fired from her job, because she dared to stand up for science: Teacher Expelled Over Religion.

    Reply

  2. Mmmm…ek hou so baie van hierdie inskrywing, ek kom altyd in die moeilikheid :lol:

    Reply

  3. vertel meer?

    Reply

  4. Johan

    Die wetenskap en die Bybel is in volmaakte harmonie met mekaar. Die wetenskaplike is tog maar net besig om te ontdek wat die Skepper daarvan geskep het.

    As die wetenskaplikes nie gedurigdeur besig is om die Bybel verkeerd probeer “bewys” nie is hulle besig om te probeer bewys dat God nie bestaan nie. Ek vind niks in die Bybel wat poog om die wetenskap verkeerd te probeer “bewys” nie. As die Woord en die wetenskap nie in perfekte harmonie met mekaar is nie lieg iemand… en ek dink nie dis God (Sy Woord) nie…! Allermins nie…!

    As die wetenskaplikes egter met dieselfde ywer en deeglikheid die Woord van God (die Bybel )”ondersoek” en “deursoek” sal hulle nie anders kan as om te ontdek dat die Skrywer van die Woord en die Skepper van die wetenskap Een en dieselfde is nie…

    Maar soos dit geskrywe is…. en ge-ego is deur die Een wat Homself aan ons kom toon het….

    (Mat 12:41) Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!

    (Mat 12:42) Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!

    Daardie dag is egter hier…!

    Reply

  5. Johan mense val ‘n ou gewoonlik aan as jy net die woord evolusie gebruik. Hulle verwag mens moet jou oë toeknyp en maak of jy dit nie sien nie.
    Dit is hoekom ek die volgende gebruik het op my blog:
    Science without religion is lame, religion without science is blind. – Albert Einstein

    Die twee goed het op die aarde niks met mekaar uit te waai nie. Maar mense dink die oomblik as jy van evolusie praat, sê jy die Skepper bestaan nie. Dadelik word jy as ‘n “non-believer” gebrandmerk…..

    Ek het al oor evolusie op my blog geskryf :)

    Reply

  6. dit moet asseblief nou eens en vir altyd aanvaar word dat die leer van evolusie totaal met die skeppingsdaad en die skeppingsorde van God Drie-Enig versoenbaar is, uit ‘n natuurwetenskaplike sowel as uit ‘n teologiese oogpunt. God het ook ‘evolusie’ geskep.
    en nie almal wat Christus! skree sal saam met Hom in die paradys beland nie – om ‘n mening te gee oor somminge van die selfverrykende ‘evangeliste’ ;
    maar wie is ek (ons) om te oordeel ?

    Reply

  7. Hierdie onderwerp het onlang ‘n redelike debat ontlok op DD op die volgende link.

    http://www.daagliksedosis.co.za/blog/2008/04/24/5262/

    My opinie daaroor bly steeds dieselfde

    Reply

  8. My opinie bly ook steeds dieselfde. As ek ‘n wiskundige of wetenskaplike oplossing soek gaan ek nie die Bybel, Koran ens as handleiding probeer gebruik nie. Die twee goed het niks met mekaar te doen nie. Wetenskap is wetenskap en Godsdiens = Godsdiens. Wetenskap = Feite en bewyse, Godsdiens = glo. Maar as ek dan moet my Godsdiens met die wetenskap meng dan glo ek dat God in beheer is van evolusie. Ek kan dit nie bewys nie maar ek glo dit.

    Reply

  9. wipneus – dis waarvan ek praat, ja. ek beleef dit taamlik gereeld dat mense hulle neuse vir my optrek of bloot ongemaklik die onderwerp verander sodra evolusie op die tafel kom. omdat hulle nie ingelig is daaroor nie. ‘n mens kan hulle nie blameer nie; hulle val soms hook line en sinker vir die snert wat kent hovind en sy makkers kwytraak.

    dis hoekom ek baie respek vir hugo het (www.thinktoomuch.net) – hy kry dit gereeld reg om verdraagsaam te wees te midde van die absurditeit van sommige van die kreasioniste se claims. sy approach is myns insiens ‘n baie goeie een: wedersydse respek en oop gesprek.

    evolusie is so min ‘n godsdiens as wat swaartekrag ‘n godsdiens is.

    izak – dis soms nogal moeilik om nie kwaad te raak nie…

    riaan – dankie , ek het gaan lees. hovind, terloops, is tans in die tronk vir belastingontduiking.

    Reply

  10. Wat ‘n lekker inskrywing, en wel bewoord. Geluk.

    Waarom nooit vrae, deur sommiges oor donkies wat praat en hoe mens drie dae in ‘n walvis se maag oorleef nie? Ag my lysie is lank.

    Soms nie moeilik om kwaad te raak nie….jy stel dit is bedaard.

    Reply

  11. haai flip waar is my avatar….die ene lyk gans en al te veel soos johannes se dywel.

    Reply

  12. as jy nie ingelog is by wordpress nie, genereer my blog vir jou ‘n monstericon ;)

    Reply

  13. aaaahhh, dankie. ek was afwesig die dag toe techno-gene uitgedeel is.

    ek het ook monsters gekies vir my blog. weer eens nice stuk.

    Reply

  14. Johan ek leef al jare met hierdie neus optrek storie saam…. dit pla my nie veel meer nie.
    Gelukkig as jou ouer word, kom aanvaarding makliker. Of jy nou wil erken of ontken evolusie bestaan, het niks te doen met jou plekkie in die tuin van Eden nie. Dit gaan oor hoe jy jou lewe, lewe. Punt.

    Ek steel nie ek moor nie, ek glo in my Skepper maar ek sê evolusie bestaan, maak self die keuse of julle dink ek is ‘n Christen of nie. Maar aan die einde van die dag is dit God se besluit of hy dink ek gaan hemel of hel toe. Dankie tog daarvoor….

    Reply

  15. Net so min as wat daar van ‘n plat aarde debat gepraat kan word, kan daar van ‘n evolusie-debat gepraat word.

    Betreffende Eagleton se resensie van Dawkins, herinner ek my aan die onderhoude met ‘n Bloubul-kaptein van so paar jaar gelede nadat hulle die soveelste wedstryd verloor het. Op die vraag van die onderhoudvoerder or wat nou, is daar altyd geantwoord: “Now it’s back to the drawing board.” Ek dink Eagleton moet maar weer sy drawing board uithaal.

    Reply

  16. Net so min as wat daar van ‘n plat aarde debat gepraat kan word, kan daar van ‘n evolusie-debat gepraat word.

    Betreffende Eagleton se resensie van Dawkins, herinner ek my aan die onderhoude met ‘n Bloubul-kaptein van so paar jaar gelede nadat hulle die soveelste wedstryd verloor het. Op die vraag van die onderhoudvoerder or wat nou, is daar altyd geantwoord: “Now it’s back to the drawing board.” Ek dink Eagleton moet maar weer sy drawing board uithaal.

    Reply

  17. Ek lees nou juis die laaste paar blaaie van Leon Rossouw “Die Groot Gedagte”. Kyk, hy is ‘n diep gelowige mense, en begin sy evolusie gesprek by … 14.7 miljard jaar gelede regdeur tot so 11 000 jaar gelede, met uitstekende wetenskaplike beredenering. Ek’s net so seker van sy slotsom dat daar ‘n God agter dit alles staan nie, maar dit is ‘n debat vir ‘n ander keer. In my opinie is dit Godsontmoontlik om evolusie te ontken. Dit is dan wel ‘n onderwerp wat deur baie mense vermei word. Ek deel Hugo se verdraagsaamheid – maar hemels, dit is bitter moeilik om nie kwaad te word vir oningeligte, emosionele opinies nie wat reken die Grand Canyon kon in 5 sekondes geskep gewees het.

    Reply

  18. Hi almal. Johan, goed geskryf. Moet saamstem met Emil dan net so min as wat jy Godsdiens kan ontken, kan jy evolusie ontken. En dit is sad dat mense nie wedersyds verdraagsaam kan wees en alle opinies oorweeg nie. Daar is nie altyd ‘n geskrewe reg of verkeerd nie, parykeer moet ons tog ook bietjie ons breine gebruik en redeneer.

    Reply

  19. O ja ek wou nog die teksvers plaas..Ek dink hierdie teksvers het veral ook die internet se baie “boeke” ingedagte gehad. Die mens sal getrou aan sy eie koppigheid eers al die boeke in die wereld wil deurlees net om in die laaste dae te ontdek dis alles in perefkte haromnie elke jota en elke tittel wat in die Bybel “opgesom”..

    (Joh 21:25) En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

    Reply

  20. Onkunde is die bitch hierso, vir 95% van apologete, debatteerders en argumentvoerders in hierdie tipe gesprek moet mens reguit sê: skoenmaker hou jou by jou lees….dis vir my soms verbysterend (en uiters vermaaklik) hoe mense met absolute konviksie…ok skies, oortuiging, oor die fisies-antropologiese en paleo-antropologiese aspekte van evolusie (homonied geskiedenis) kan praat slegs met hovind as verwysing…my mening dan altyd die oningeligte een…Mensig.
    Cool inskrywing, dink jy nie dis wel nodig om ‘n duidelike onderskeid tussen kreasioniste en jong aarde kreasioniste te maak nie?

    Reply

  21. George Maru – Interessant, watter aspekte van Eagleton meen jy sal hy moet gaan oorteken?

    duskant – Ek stem saam, daar moet ‘n onderskeiding gemaak word. Ek’t kreasionis as ‘n sinoniem van jong aarde kreasionis gebruik, terwyl jong aarde kreasionis eintlik ‘n hiponiem van kreasionis is. Sorrie vir enige misverstande ;)

    Emil – Hoe is Roussouw se prosa? Praat hy sin?

    Reply

  22. lekker inskrywing! Ek moet se dat ek al baie net teruggesit en gelag het vir die studente en proffies wat mekaar aanvat op die onderwerp. Ek het ‘n hele semester evolusie as ‘n vak gehad en glo my, die sparks het gevlieg :lol: Ek stem saam met Wipneus op die onderwerp.

    Reply

  23. Dis hartseer dat ‘n politieke agenda op ‘n ander vasteland ‘n godsdienstige aangeleentheid wêreldwyd geraak het. Soos George sê – daar is nie ‘n debat om mee te begin nie. Jong aarde kreasionisme het nie ‘n enkele voet om op te staan nie. Ek wens net mense wil ophou terugkap uit vrees.

    Reply

  24. Johan jong aarde kreationiste het slegs een fondasie… die Bybel. Die 6000jaar tydlyn is prematuur… daarom al die teenstrydighede.

    Dan verkies ek eerder om te volstaan by “ek verstaan nie die Bybel nie” eerder as om te probeer bewys dat die Bybel “verkeerd” is.

    Die aarde is nie 6000jaar nie maar nou net meer as 13000jaar oud,

    Om presies te wees vandag is presies 4755488 dae vanaf die eerste skeppingsdag…. en presies 1111 dae vanaf die wegraping wat op 21 Mei 2011 gaan plaasvind en presies 1264 dae vanaf 21 Oktober 2011 wanneer hierdie heelal finaal deur God (die verterende vuur) vir ewig vernietig gaan word….!

    (Ecc 8:5) Whoso keepeth the commandment shall feel no evil thing: and a wise man’s heart discerneth both time and judgment.

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    Reply

  25. Ek het ‘n paar probleempies met Leon R se boek, soos in ernstige feitlike wetenskaplike foute.

    Die boek gaan ook nie oor bewese makro-evolusie en natuurlike seleksie nie, maar oor intelligente ontwerp. Groot verskil.

    Prof. Tobias het later amptelik sy voorwoord teruggetrek, omdat die volle inhoud van die boek nie aan hom voorgele is nie.

    Inderdaad, geen debat oor die ouderdom van die aarde nie, net soos daar nie ‘n debat is oor of hy plat is of nie.

    Hovind: slegte bron om te gebruik, sleg…. lees ‘n bietjie wyer…LOL. dink ‘n entjie verder as as ‘n stokkie lank is. (oe daar het tant sanne se siekte)

    Reply

  26. Twat! Jy maak my hartjie warm. Pragtig geskryf en raakgevat in hierdie post.

    Doen so voort!

    Reply

  27. Johan, eintlik is dit ‘n gesprek op sy eie en kan ek nie reg daaraan laat geskied met ‘n comment nie. Dawkins werk met ‘n baie spesifieke godsbeeld. Nou jy en Eagleton kan beweer dat hy die kat aan die stert beet het en dat God nie werklik so is nie. Net daar mis Eagleton die punt. Hy meen Dawkins se god is ‘n karikatuur ens. Maar dit is juis die probleem! Dawkins se god is die een wat Sondae in die kerke aanbid word!

    Eagleton vra of Dawkins Moltmann gelees het oor hoop, Rahner oor genade. Ek kan seker toevoeg Tillich oor die Gans Andere en Bultmann (wat myns insiens ‘n besonderse teoloog was). Het Dawkins ‘n Bonhoeffer in ag geneem toe hy sy boek geskryf het? Waarskynlik nie.

    Maar hoeveel gelowiges, Johan, enige van bogenoemde gelees?

    Maar tog stop dit nie mense om gesaghebbende uitsprake oor God en geloof te maak nie. Jy het nie nodig om al hierdie boeke te lees en te verstaan om te glo nie. En om blindelings te glo kan baie gevaarlik wees. Daarop wys Dawkins telkens en Eagleton se genuanseerde teologie is magteloos wanneer gekonfronteer met ‘n opwelling van irrasionele emosionele paniek.

    Jy hoef nie eers ver terug te dink vir voorbeelde nie.

    Reply

  28. Dit het nogal in my kop gemaal terwyl ek hierdie post geskryf het – dat gelowiges moontlik nog minder as Dawkins gelees het. (Choo Thomas tel mos nou nie eintlik nie.) Omdat die post egter spesifiek oor verontregting mbt evolusie gaan, het ek gekies om dit nie te noem nie.

    Buite hierdie debat dink ek dis oor die algemeen kommerwekkend hoe die meeste mense wêreldwyd eintlik verstommend min probeer om meer kennis te bekom. Dit begin sommer op skool in baie kulture – die kindjie met die bril en ‘n nuuskierigheid oor die wêreld word gereeld geboelie deur die dommeres. Om te weet is vir baie mense slegs goed indien dit nie ongemaklikheid veroorsaak nie.

    Ek dink wel jy maak ‘n veralgemening as jy sê “Dawkins se god is die een wat Sondae in kerke aanbid word!” Dalk moet jy meer spesifiek wees. Is dit individuele gemeentelede wat so ‘n godsbeeld het? Die gemeente as ‘n geheel? Hoe gemaak met verskillende gemeentes? Denominasies? (Sektes?) Is Rob Bell en Ray McCauley se god identies?

    Om blindelings te glo IS gevaarlik. (Myns insiens.)

    Reply

  29. johannes coetzee (as jy nog hier loer): het jy al besluit wat jy gaan maak as 1 January 2012 aanbreek? Of is dit te “ongelowig” om selfs daardie moontlikheid te oorweeg?

    Dankie vir gawe woorde, ek’s bly jy’t darem gesê ek kry dit “gereeld” reg, wat duidelik aandui dat dit nie “altyd” is nie. Minder pressure… en ek het dit al so erg opgemors ook, in die verlede. Beter in die toekoms, hoop ons.

    Reply

  30. (That last paragraph was meant to be addressed to Johan. I see I neglected to add his name to it.)

    Reply

  31. Hugo (johan jammer vir die lang kommetaar… maar ek kannie anders)

    So min as wat Noag enige ander datum as dit wat God vir hom gegee het kon glo netso min kan ek glo dat 1 Januarie 2012 gaan aanbreek, die Bybelse bewyse is eenvoudig net verstommend.

    (Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

    Dis net eenvoudig asemrowend om te sien hoe fyn die inligting aangaande die “tyd van die einde” in die Bybels verskuil is.

    As die eerste dag van skepping Dag 1, die tweede dag van skepping as Dag 2 genommer word, en ons met daardie partoon sou voortgaan dan was die dag waartydens God die ark agter Noag-hulle toegesluit het Dag 2199904. Hierdie dag val in die jaar 4990VC wat ook die jaar was waartydens die Sondvloed plaasgevind het. Hierdie dag identifiseer met die volgende teksverse in die Bybel:

    (Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

    (Gen 7:12) en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

    (Gen 7:13) Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.

    Indien ons van daardie dag af 7000jaar X 365,2422 = 2556695,4 dae sou bytel land ons op Dag 4756599,4 wat identifiseer met die 17de dag van die 2de maand van die Hebreeuse Kalender (bekend as 17 Iyyar) van die jaar van onse Heer 2011. Dit is dieselfde dag as die 21ste Mei 2011 van ons moderne Gregorian-kalender.

    (2Pe 3:3) Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

    (2Pe 3:4) en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

    (2Pe 3:5) Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

    (2Pe 3:6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    (2Pe 3:8) Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

    21 Mei 2011 is die begin van die einde, die begin van die laaste 5maande van die bestaan van hierdie goddelose generasie waaraan God ‘n einde gaan bring. Genadiglik gaan die Skepper van die heelal ‘n finale einde bring op die 21ste Oktober 2011

    Is dit toevallig dat 21 Oktober 2011 identifiseer met die laaste dag van die Fees van Tabernakels (Ook die einde van die maand waartydens die Jode hulle Finale Einde van die Jaar oesfees gevier het)….?

    Reply

  32. O ja Hugo … ek wou nog bygevoeg het.

    Hierdie dinge sal jy nie in die geledere van enige kerk leer nie, want God het die kerk op 21 Mei 1988 uitgespuug (hulle sal natuurlik daarteen protesteer soos die volk Israel in die dae van Jesus.. toe Hy met die instelling van die Ou Testamentiese Israel klaargemaak het) Die hele christen kerkgemeenskap verkeer tans onder ‘n krag van dwaling wat die God Self gestuur is. As jy Skrif soek sal ek dit vir jou gee… (die ouens oppi blogs hou nie van teveel aanhalings uit die Skrif nie …?)

    Die vyeboom (nasionale Israel) het op die 14 Mei 1948 begin bot, maar sou nooit weer vrug dra nie omdat dit deur God vervloek is, Dit nie toevallig dat 1948 en 1988 (toe God met die kerke klaargemaak het) 40jaar uitmekaar is nie.

    Reply

  33. Johannes, op grond waarvan sê jy God het klaargemaak met kerke in 1948 en 1988?

    Reply

  34. Johan

    God het nie in 1948 met die kerke klaargemaak nie, maar wel in 1988(jammer ek het myself swak uitgedruk).

    Gedurende die jaar 1948 was dit egter die jaar toe die profesie in Mat 24:32 in vervulling gegaan het, daarin lees ons “En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.” God vergelyk Isreal met ‘n vyeboom… wat sal bot maar nooit sal dit weer vrugte dra nie. Die vyeboom het in 1948 begin bot… maar sal nooit weer vrugte dra nie. Gaan maar Israel toe ek kyk of jy Jesus Christus op die strate van Jerusalem vrylik kan verkondig….?

    Met die “oopskeur van die voorhangsel” toe Christus aan die kruis gehang het, het God met die “volk Israel” as ‘n institusie “klaar gemaak”, Hy sou daarna na die nasie gaan deur die bediening van die Nuwe Testamentiese kerk-era. Maar die kerke sou presies dieselfde pad van “hoerery” (geestelik gesproke) volg wat die ou testamentiese Israel sou volg.

    God het die kerke met die skryf van die boek Openbaring (sien die Openb 2 en 3) alreeds gewaarsku, dat Hy hul “kandelaar van sy plek gaan verwyder”, Hy hulle gaan uitspuug omdat hulle nie warm of koud is nie maar lou, ens. Hierdie waarskuwings was eerstens gerig aan die sewe gemeentes waarvan in Openb 2 en 3 melding gemaak word, maar is ook tweedens aan alle kerke wat deur die loop van die kerk-era deur God opgerig sou word, gerig.

    God vergelyk die nuwe testamentiese kerkstruktuur of – institusie met Israel, Jerusalem, Judea, ens. en praat dus steeds met die mensdom in gelykenistaal. Toe Jesus se dissipels hom netvoor Sy kruisiging wys op die pragtige tempelgeboue… was Jesus se antwoord as volg

    (Mat 24:2) En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

    Toe God volgens sy verlossingsprogram op 21 Mei 1988 met Sy oordeel oor die kerke begin het, het hy geestelik gesproke elke “kerk” of “gemeente” afgebreek sodat nie een klip op die ander gelaat sou word nie.

    Toe hulle Hom verder vra wanneer hierdie dinge alles gaan gebeur was die volgende Sy antwoord

    (Mat 24:15) Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

    (Mat 24:16) dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

    Dink nou in gelykenistaal “wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting (satan) sien staan …. in die heiligdom (die plek waar die Woord van God verkondig word) moet die wat in Judea (die institusie van die kerke word hier met Judea vergelyk)….

    Nou vergelyk God hierdie instelling van kerke (wat God dikwels in die NT met Jerusalem vergelyk) met Jerusalem. Jerusalem is nou nie meer Jerusalem nie, maar Babilon..(vgl Open 17 en 18) die moeder van die hoere… en beveel God ons om uit haar uit te kom.

    Lees die boek “The End of the Church Age and After” waarin heelwat meer uiteengesit word…

    http://worldwide.familyradio.org/zusa/graphical/literature/church/church_contents.html

    Ek hoop dis kort genoeg vir so ‘n gewigtige onderwerp…?

    Reply

  35. Jammer die tweede laaste paragraaf se verwysing moet wees Openb 17 en 18 … die hakies het seker die cool dude darkies uitgespuug. Jy sal beter weet as ek..!

    Reply

  36. ek ken nie my Bybel naastenby goed genoeg om enigsins my voet te kan enersit nie (alhoewel ek dan natuurlik ook glo mens hoef nooit jou voet neer te sit nie..) maar anyway, johannes, staan daar nie iewers in die Bybel nie eers Jesus weet waneer die eindtyd/wederkoms is nie, dat NET God dit weet? ek verstaan dan nie hoe dit glo in die Bybel “verskuil” kan wees nie?

    (ek vat jou nie aan nie, ek wonder rerig net. die datums en dinge is verseker interessant.)

    Reply

  37. Klink soos daai Suidlanders….moeder van die hoere?????

    Reply

  38. Johannes Coetzee is net besig om ‘n nuwe beweging te propageer, wat ook maar net weer ‘n nuwe kerk is. Hy wil dit nie ‘n kerk noem nie en tog is dit net wat dit is. Ons het hierdie saak al op ander blogs gekry en Johannes erken nie eers, dat God deur Jesus, ‘n kerk (gemeente) tot stand gebring het. Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie.

    Reply

  39. Johan, dalk veralgemeen ek. Maar ook net effe. Kom ons praat oor wat die gemiddelde lidmaat glo. Wat die NG Kerk glo. Wat die Anglikane glo. Wat die Metodiste glo. Wat die Baptiste glo. Wat die Hervormers glo. Wat die Gereformeerdes glo. Gaan kyk na die amptelike belydenisskrifte.

    En kyk dan na die optrede. Connect the dots.

    As jy dan kies om ‘n Christen te wees, doen dit dan behoorlik en wees soos Bonhoeffer.

    Ek aanvaar Bell en McCauley se godsbeeld is nie dieselfde nie. Maar ek kan nie met sekerheid sê nie. Ek het al probeer om ‘n video van Bell op Youtube te kyk, maar ek het nie ver gekom nie. Sodra ek die idee kry dat God ‘n Christen is, of ‘n Moslem of ‘n wat ook al, verloor ek belangstelling. Myns insiens probeer Bell te hard om God hip te maak. Maar dit is net my mening.

    Daarmee beweer ek nie dat hy nie opreg is nie en nie wel vir sommige mense baie beteken nie. Maar die gelopery in die straat? Ag nee wat.

    Maar ek verkies Bell by verre bo ‘n McCauley. Ek vermoed met Bell kan jy nog ‘n interessante gesprek voer. Met McCauley nie.

    Reply

  40. Cobus

    Jesus was God en ken dus die begin van die einde, hierdie spesefieke Skrifgedeelte moet dus iets aan ons tekene gee (ekself verstaan dit nog nie heeltemal nie en poog deurlopend om antwoorde uit die Skrif te kry). Een ding weet ek en dit is dat dit versoenbaar moet wees met skrifgedeeltes soos

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    (Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

    Hierdie skrifgedeeltes(en vele ander) toon duidelik aan wanneer die “tyd van die einde” sou aanbreek baie mense die Skrif sal deursoek en dat kennis sal vermeerder…

    En sluit baie mooi aan by die volgende beginsel wat in die Skrif neergelê is (die KJV is meer beskrywend..

    (Ecc 8:5) Whoso keepeth the commandment shall feel no evil thing: and a wise man’s heart discerneth both time and judgment.

    Ons het in die uur van oordeel ingegaan… en het God begin om die seëls (maw ons denke vir die beter verstaan van die Woord van God – die Bybel) oop te breek. Lees gerus die boek http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    Reply

  41. Hans

    Ons het al te veel op ander plekke met mekaar gedagtes gewissel, en tot die gevolgtrekking gekom dat ons van mekaar verskil. Ek respekteer jou siening. Ek stel nie belang in enige beweging (soos ‘n kerk) nie. Ek moedig ouens aan om na Family Radio te luister en self tot ‘n besluit te kom. As die ouens nie na die radiostasie wil luister nie wie is ek om hulle te dwing.

    Ek benut blogs soos hierdie om te reageer op baie relevante onderwerpe van bespreking, om hierdie inligting wat vir eeue in die Bybel verskuil was op my manier aan my eie afrkaansprekende mense te probeer bekend maak. As die eienaar van ‘n blog my blok of moderate.. is dit sy goeie keuse.

    Reply

  42. Johan, jammer ek was “uit” – mis uit op ‘n lekker debat.

    Leon R se prosa is prosa. Dit lees lekker (beter as Fritz Deelman).

    (1) My punt met sy verwysing is dat hy, ten spyte van sy intelligent design konklusie, tog wel sekere feit oor evolusie aanhaal – aanvoer dat dit wel ‘n realiteit is. Ek het versuim om ‘n “nie” in my vorige kommentaar in te sluit wat die betekenis van daai sin totaal anders laat lyk – ek stem natuurlik nie met Leon R se konklusie saam nie. Hier is ek in akkoord met rosalind.

    (2) Dit is uiters verstommend hoe mense hulle aspris onkundig oor so baie dinge van die heelal hou. Vrees met onverdraagsaamheid as verdedigingsmeganisme. Ek kon kawlik my emosies beteuel toe iemand nou die dag vra om te bewys waar Christene dan nou so kwansuis teen mekaar baklei. Du! :shock:

    (3) johan coetzee – ek wens dit is moontlik om dieper oor hierdie dinge in te gaan, maar die tyd en spasie is beperk. Een ding van my af – godsdiens werk vir baie mense op ‘n individuele vlak. Ek stem saam jou oor die kerk – vir my bloot net ‘n conglomerate designed to induce mass psychological, covert impressions van hoe ‘n mens moet konformeer. En ek het 11 jaar teologie, filosofie en sielkunde studeer – ek kry my vertroosting uit die filosofie en wetenskap. Die Bybel is ‘n teks. Ek is hieroor maar so fatalisties soos Nietsche: “Insanity in individuals is something rare – but in groups, parties, nations and epochs, it is the rule.”

    Reply

  43. Johannes, interessant maar riskant. 2 opmerkings:

    - dit wil vir my voorkom of jy lukrake tekste buite verband aanhaal en binne verband probeer bring. God is baie duidelik daarin dat ons die seisoen sal weet maar nie die dag en uur nie…netsoos in die tyd van Noag. Matteus 24: 36 – 40 “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens.”

    Verder is Israel die Volk van God, nie die kerk nie. Dit het nognooit verander nie en sal ook nooit nie (bv. Rom. 11:17 – 24 “Party van die takke is uitgekap en jy, ‘n wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel.” ens. – waar die Olyfboom as simbool vir die volk Israel dien). Die kerk het hierdie beginsel dat hulle later die volk van God sou wees uitgebuit deur bv. die vervangingsteologie (replacement theology) te verkondig….verklarend dat hulle Israel vervang het as die Volk van God.

    ‘n Laaste moontlike tegnikaliteit. In 2011 sal die einde van Sukkot in beginsel op 19 Oktober val met die Shemini Atzeret en die Simkhat Torah vakansiedae daarna.

    Reply

  44. skies…dit was seker dan 3 opmerkings…;-)

    Reply

  45. Duskant

    (johan moderate maar as dit te lank raak..) Ek wil graag behoorlik op Duskant se vraag antwoord..

    DIE INLIGTING OOR DIE TEMPELINWYDING BIED BELANGRIKE INLIGTING AANGAANDE TYD

    Uit die voorbeeld waartydens die tempel van Salomo ingewy is, gebruik God ’n baie interesante manier om aan te toon dat die einde van die wêreld een dag later gaan kom as wat ons verwag. Deur dit te doen illustreer God aan ons die presiese akkuraatheid van wanneer die tyd van die einde van die wêreld gaan plaasvind. Ten einde hierdie inligting beter te verstaan moet ons eers kyk hoe God die frase laaste dag aanwend.
    Uit ons ondersoek van frase laaste dag, vind ons dat die frase slegs agt maal in die Bybel voorkom. Vier van die gevalle vind ons in Johannes 6 waarin God aandui dat die ware gelowiges hul nuutgeskepte verheerlikte liggaam op die laaste dag gaan ontvang (Johannes 6:39, 40, 44, 54). Die frase laaste dag word ook in Johannes 11:24 aangetref. Daarin lees ons hoe Martha terwyl sy langs haar broer Lasarus se graf gestaan het die volgende woorde onderleiding van die Heilige Gees geuiter het:

    . . . Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.

    Hierdie frase is verder ook in Johannes 12:48 aangeteken waar Jesus asvolg verklaar:

    Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

    Die oorblywende twee gevalle waar God die frase laaste dag gebruik vind ons, baie betekenisvol, dat dit in die konteks van die fees van tabernakels aangewend word, in Johannes 7:37 en Nehemia 8:18.
    Die fees van tabernakel val saam met die fees van insameling. Hierdie feeste hou baie beslis verband met die einde van die wêreld. Dit kom dus nie as ’n verrassing as ons sien dat God die woorde laaste dag binne die konteks van die fees van tabernakels aanwend nie. Dit beteken dus dat die laaste dag van die fees van tabernakels ook dien as ’n heenwysing van die laaste dag van die wêreld.
    Volgens die Bybelse seremoniële kalender het hierdie twee feeste, die fees van tabernakels en die fees van insameling, saamgeval en het dit begin op die 15th dag van die sewende maand. Die dag wat gevolg het direk na die sewe feesdae, wat volgens die Bybel die agtste dag was, en was ‘n heilige feesdag (Levitikus 23:36) en dus ’n rusdag (of Sabbatdag) (Levitikus 23:39). Die fees van tabernakels het dus in werklikheid agt dae geduur, beginnende op die 15de dag van die sewende maand en eindigende op die 22ste dag, en dan moes hierdie laaste dag as ‘n rusdag (of Sabbatdag) herdenk word.
    Dit was egter God se bedoeling om dit onder ons aandag te bring dat, wanneer ons hierdie beginsel in die bepaling van die einde van die wêreld sou toepas, die agtste dag in werklikheid oor twee dae sou strek sodat die 23ste dag van die Bybelse sewende maand, deel sou vorm van die heilige feesdae.
    Hierdie waarheid word deur God as ‘n beginsel in die Bybel neergelê wanneer ons die inligting wat verband hou met die inwyding van die tempel van Salomo van nader bekyk, en is dit veral opmerklik dat dit in presiese ooreenstemming is met die gebeure wat aan die einde van die wêreld gaan afspeel. In II Kronieke beskryf God die inwyding van die tempel van Salomo. Die volgende belangrike stellings word deur God aangaande die inwydingsgebeure gemaak:

    1. Die tyd was die sewende maand (II Kronieke 7:10).

    2. Die inwyding van die altaar het sewe dae geduur (II Kronieke 7:9).

    3. Daarna het hulle die fees van tabernakels (wat vandag ook beskryf kan word as die fees van die Bybel) vir sewe dae gevier (II Kronieke 7:8-9). Dus sou 14 dae verloop (I Konings 8:65).

    4. Die sewe-dag lange feesvieringe van die fees van tabernakels wat opgevolg deur die agtste dag wat ook as ‘n feesdag herdenk moes word (II Kronieke 7:8-9).

    Hierdie agtste dag moes as ‘n rusdag (Sabbatdag) waargeneem word (Levitikus 23:39), ‘n dag waarop geen beroepswerk gedoen mag word nie, en sou enige trek- of reistog baie beperk gewees het. Volgens Handelinge 1:12 was die afstand tussen die Olyfberg en Jerusalem minder as ‘n halwe myl of ‘n sabbatsreis ver, en dus die afstand was waarop enige reistogte op ‘n Sabbatdag toegelaat was. Tot ons verbasing lees ons in I Konings 8:66, die volgende:

    Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat die HERE aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.

    DIE AGTSTE DAG : 21 Oktober 2011

    Soos alreeds aangedui moes die agtste dag wat gewoonlik op die 22ste dag van die sewende maand geval het, as ‘n rusdag of Sabbatdag herdenk word. Die volk het van ooral oor vanuit die land Israel gekom (I Konings 8:65). Hoe was dit moontlik dat daar op daardie dag, wat as ’n heilig feesdag beskou was, van die volk verwag was om al die werk verbonde aan trek en rondreis te doen, terwyl dit as‘n Sabbatdag herdenk moes word? Die probleem word deur God opgelos deur uit te wys dat die agtste dag voort sou duur deur die byvoeging van die addisionele dag. Daardie addisionele dag was die 23ste dag van die sewende maand. Ons lees in II Kronieke 7:10:

    En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.

    Let asseblief op dat die bykans identiese taalgebruik van hierdie teksvers met dié in I Konings 8:66 (hierbo aangehaal). Ons sien dus dat in I Konings 8:66 verwys word na die agtste dag, wat die 22ste dag van die maand is, terwyl in II Kronieke 7:10 na die 23ste van die sewende maand verwys word.
    Hierdie openbaring is van uiterste belang veral wanneer ons ontdek dat die inwyding van die tempel en die herdenking van die fees van tabernakels (die fees van die Bybel), ten nouste met die voltooiing van God se oordeelsplan aan die einde van die wêreld, identifiseer. Dit beteken dat in A.D. 2011, die agtste dag van die fees van tabernakels (die fees van die Bybel) in werklikheid oor twee dae sal strek. Terwyl die agtste dag (die 22ste van die sewende maand) op 20 Oktober val, moet dit eintlik, soos dit in II Kronieke 7:10, op die 23ste van die sewende maand herdenk word, wat op 21 Oktober 2011 val. Ons behoort daarom te besef dat 21 Oktober 2011 die eintlike finale dag van hierdie aarde se bestaan gaan wees.

    (Hierdie is ‘n uittreksel uit die boek “We Are Almost There” en is met toestemming deur die vertalers van die boek geplaas…) die boek kan gelees word by http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html en kan ook gratis bestel word by http://www.familyradio.com

    Reply

  46. JC, ek stem saam dat dit hul “goeie keuse” sal wees omdat ek dink, jy ander se blogs misbruik, om ‘n vals boodskap te verkondig.
    Johannes, antwoord net ja of nee asb; Het Jesus ‘n gemeente(kerk) tot stand gebring of nie?

    Duskant, een wat deur aanneming ‘n kind van God word, sou ek dink, is deel van God se volk. God het deur Jesus na Sy eie gegaan en hulle het Hom nie aangeneem nie. Jesus het juis nie net op die Israeliete gefokus en met die Samaritane ook gemeng.

    Reply

  47. Te laat, hy gaan dit seker nie lees nie, maar anyway:

    Johannes Coetzee, wanneer 1 Januarie 2012 aanbreek, sal ek vir jou ‘n steak koop. Dan kan ons saam smul aan die lekker vleis. (Ek aanvaar jy eet vleis.) Indien ons in dieselfde omgewing is… dit kan ook later daai jaar wees, of so iets.

    As ek verkeerd is en jy reg is, kan jy lekker steak in die hemel geniet, en wonder of my vleis ook so lekker sal proe na ek bietjie gaar geword het in die vuur pit… ;)

    Reply

  48. [...] want hard evidence that He does not exist. You have to convince me for a change. Johan Swarts has a more indepth post on this [...]

  49. [...] is die oplossing vir hierdie nimmereindige pseudodebat? Slegs dít: om nie rugby met rakette te speel nie. ids.push(2504); | Godsdiens, Taal | Tagged: [...]

Leave a Reply

CommentLuv Enabled