Rewaaiwil?

Ek kan nie help om sekere tendense by Angus Buchan op te let nie:

  1. Hy preek eenvoudige preke.
  2. Hy sê daar kom 'n revival.
  3. Sy gebede word deur desperates en siekes beskou as ‘n wonderkuur vir ongeneesbare siektes.
  4. Hy sê hy het al iemand uit die dood opgewek.

Wat my laat wonder. Ouens soos Benny Hinn (Amerika), Reinhard Bonnke (Duitsland) en TB Joshua (Nigerië) het 'n soortgelyke benadering tot evangelisasie. Google gerus enigeen van hulle se name plus die woord “debunked”. Al drie buit hulle gehore se emosies en bygelowigheid uit deur vir hulle te sê wat hulle wil hoor. Wat gaan ons oor vyf jaar van Buchan kan Google?

*Edit* Ek probeer nie vir Buchan beswadder nie – moet hierdie post asseblief tog nie so lees nie. Ek’s wel baie versigtig vir mense wat 'n rrrrrevival aankondig, want dis gewoonlik 'n kortstondige opvlamming van emosies wat die aankondigers se sakke vul. Iets waarvoor Buchan dalk krediet moet kry, is dat hy – anders as Hinn et al – blykbaar nie doelbewus sy gehore se beursies probeer leegmaak nie. *Edit*

This entry was posted in Godsdiens and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>