Vandag, môre, nooit weer saam nie.

Nadat ek die finansiële kat uit die boom gekyk het, het ek besluit om my tjekrekening by ABSA 'n vriendelike skop onder die anus te gee (hoe’s daai vir 'n uitgebreide anglisisme?) en eerder hoofsaaklik by CAPITEC (waar ek nou al vir 'n geruime tyd rekeninge het) te begin bank.

ABSA se bankkoste is bloot onregverdig hoog. As ek eers die prys van, sê, 'n paar liter petrol per maand aan 'n instansie moet betaal net om by my eie geld uit te kom, kan daardie instansie gerus 'n grondboontjieplaas aanskaf en doppies begin kweek. (Sodat hulle dit kan blaas, natuurlik.)

CAPITEC se kliëntediens is stukke beter (navrae is 24 uur beskikbaar en daar is altyd iemand wat die telefoon antwoord). Hulle vereis nie 'n ID-dokument vir elke knaende klein verandering wat jy aan enigiets wil aanbring nie (daar is webkameras by elke dienspunt). Hulle bankkoste is baie laer (onder andere is daar 'n vaste fooi op alle OTM-onttrekkings – die bedrag raak nie groter hoe meer jy onttrek nie). Die personeel is vriendelik en professioneel. Die tegnologie wat hulle by takke gebruik, laat ABSA soos 'n gepantserde grot lyk. Les bes: transaksies met debietkaarte by enige betaalpunt nasiewyd kos niks nie.

ABSA? Vandag, môre, nooit weer saam nie.

(Ja, pa was reg…)

This entry was posted in Sommer and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>