Dié ware verhaal het my vanaand breed laat glimlag. Daar is tog, blyk dit, glimmers hoop tussen die chaos wat ons die afgelope tyd oorrompel het:
‘n Karwag buite 'n kuierplek in Bellville is onlangs gewaar toe hy 'n man met sy knuppel bygekom het – soveel so dat laasgenoemde op die grond gelê en spartel het. 'n Ooggetuie wat hulle gewaar het, loop toe nader om ondersoek in te stel en wil by die karwag weet hoekom hy die arme vent so voeter. Het hy by 'n kar probeer inbreek?
Nee. Hy wat karwag is, is 'n immigrant. Die man wat nou op die grond lê, wou hom oomblikke gelede “verwyder”.
Toe veg hy maar terug.