As jy ‘n week gehad het

Dit moet moeilik wees om Thabo Mbeki te wees op hierdie oomblik. Baie moelik. Veral noudat selfs die leier van Zimbabwe se opposisie nie eers meer ‘n goeie woord oor hom te sê het nie.

As jy die president van Suid-Afrika vir ‘n week kon wees, wat sou jy doen?

Post to Twitter

8 Responses to “As jy ‘n week gehad het”

  1. net een week ? ek sou dan een week afgevat het en van die werk af weggebly het sonder verskonings.
    as dit twee weke kon wees- dan twee weke afgevat het ,ens.

    maar as ek dalk een maand (28dae) kon kry :

    *veskerp teeninsurgensie prosedures oor die onbewaakte landsgrense
    *skep menswaardige trotse burgers van my eie land deur snelle werkskepping en volhoubare vaardigheidsopleiding wat iemand sal moet bestuur as ek uittree aan die einde van my maand-regime.
    *nooi buitelandse regerings en sakeleiers om hier te kom kuier eerder as om self so oorsee rond te rits.
    *skree met vuis in die lug uhurhu & ubuntu gelyktydig en ondubbelsinnig.
    *doen ‘n peiling onder witmense (bleekgeskriktes) om uit te vind hoekom hulle dink dat hulle nie ook as vreemdelinge in Afrika gesien behoort te word nie.
    *D.V.

    Reply

  2. Daar’s te veel skade om dit reg te stel in een week, maar vir ‘n begin sal ek verseker Regter Hlope afdank, die Skerpioene behou om korrupte Ministers uit te snif, BEE van kant maak, meer geleerde mense in ons staatsdepartemente in kry soos bv Binnelandse Sake, om die plek reg te ruk en hulle ‘market related’ salarisse daarvoor betaal, kwota uit sport verwyder, meer werk skep vir armes, vinniger huise bou vir armes (met ordentlike kontrakteurs), landsgrense verskerp en kampe oprig vir die refugees, meer staatskinderhuise oopmaak en onderhou (ek het nog altyd gewonder of ‘n mens nie kinderhuise en ouetehuise moet op ‘n manier inkorporeer nie, dan is die oumensies ook nie so alleen nie en die kindertjies het ook ‘ouma’s en oupa’s'…just a thought), dorpsmunisipaliteite beter kontroleer, lank en hard oor die doodstraf dink (ek was nog altyd teen dit…ek weet nie meer nie), ministers se salarisse verminder, staatsdokters se salarisse verhoog, studeer makliker maak vir almal (subsidies miskien?), ens.

    Reply

  3. bedank

    Reply

  4. ‘n Week is min, maar mens moet pap skep terwyl dit nog reën (sien ek het geleer)

    1) Die onderwysstelsel terug verander. Hierdie OBE strooi werk net nie. Dit voeter ons op eder as om ons om te voed. Dis AIDS left, right and center
    2) Ek hou van die oueteuis gemeng met ‘n kinderhuis idee…dis net wat hulle nodig het.
    3) Almal se salarisse verminder (die departementslede s’n, hulle het nie so baie geld nodig nie)
    4) Die res se salarisse verhoog (die wat dit verdien)
    5) Die paaie laat regmaak
    6) Elke Maandag as as SAH-dag instel (Smile and be Happy) :D
    7) En laastens sal ek ‘n raad stig vir klagtes deur skoolkinders dwarsoor die land (ons is ook mense…meeste van die tyd ;) )

    Reply

  5. Terwyl ek nie sal stry teen meeste wat gese is nie, wonder ek net oor die praktiese implikasies. Ek dink die beste ding om te doen met daardie week is, soos izak se, dit net af te vat. Om Suid Afrika te verander vat langer as ‘n week, ‘n maand of enige president se termyn. Die idee van, gee meer werk vir die armes is nou oulik en als, maar watter werk? Wie betaal? Die staats ministers se verlaagde salarisse gan nie skielik werk skep vir almal nie, veral nie as jy van plan is om die dokters weer dan meer te betaal nie.

    Dinge gebeur, dit gebeur maar net op Afrika tyd, verskriklik stadig. Ek weet nie waarheen almal so haastig oppad is nie wel, verandering is nie noodwendig altyd positief nie.

    Reply

  6. Ek dink die kritiek teen Mbeki is besig om onregverdig fel te word. Hy’t Japan toe gegaan om onder andere ‘n VN-kundige oor refugees te spreek. Nou braak almal gal en skielik vlug hy uit die land uit.

    Komaan.

    Reply

  7. Ek sal die land verkoop op Ebay as skroot verkoop. Die bietjie geld wat ek gaan kry sal ek hopelik ‘n karavaan kan koop sonder wiele.

    Reply

  8. Ek si jammer, maar teen alle verwagtinge onlangs geuiter sal ek nou nie die beste wees nie. Ek sal op heelwat amptelike besoeke in die buiteland wees, veral Italië. hahaha. Ek dink weer hy word TE vinnig VERDEDIG rakende sy travels. As daar geen probleme in dei land was om uit te sorteer nie, kan hy maar rits soos hy wil. Al hierdie klein meetingtjies oorsee kan sekerlik deur sy Ministers en Deputies ens. hanteer word?

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled