Adminfrustrasie

Matieland is leeg. Die eksamen is verby en (behalwe vir die enkele ongelukkiges wat hereksamens moet skryf) die kampus kaal. En omdat Administrasie so besluit het, moet alle koshuise gesluit word. Die uitsondering op hierdie reël is die inblykoshuis (Eendrag, in hierdie geval), wat die kampus se druipelinge tydelik huisves sodat hulle vir hereksamens kan studeer.

Ek is een van die gelukkiges wat nog vir twee weke hier moet wees om vir die universiteit te werk. Meer spesifiek: ek moet diensure doen by die Departement, omdat my kontrak so sê.

Ek mag egter nie meer in my eie koshuis woon nie, omdat alle koshuise gesluit word. En hier is die genotvolle kinkel in die residensiële kabel: ek mag ook nie in die inblykoshuis gaan woon nie, want ek het nie 'n hereksamen nie. (Nagraadse studente het juis die nare gewoonte om nie eksamen te skryf nie.) Na 'n futiele poging om 'n tannie by Admin-A te oortuig dat ek genoegsame rede het om nog 'n paar dae in my eie koshuis aan te bly, sit ek nou sonder heenkome.

Neem 'n oomblik om dit te verteer. Ek moet vir die universiteit werk, maar hulle wil my nie toelaat om hier te woon nie.

Pret.

*edit* ‘n Vriend in 'n seniorkoshuis vlieg môre elders heen en het aangebied dat ek in sy kamer mag woon. Dankie Cloetie! *edit*

This entry was posted in Matieland and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>