En die wêreld gaan op in rook

Ek is geen antropoloog nie, so dalk kan iemand my met die volgende help:

Deur die loop van die mensdom se geskiedenis, blyk dit, is rook 'n algemene tendens. Afrikastamme, Indiane, Aboriginees, Die hunne en ander Eurasiërs, Majas, Asteke en allerlei Suid-Amerikaanse stamme, Japannese, Sjinese en 'n swetterjoel ander Asiërs – almal het iewers in hulle antieke verledes pyp gerook. Tog het nie een van hulle werklik kontak met mekaar gehad nie. Vandag, met 'n wêreld waar grense in baie gevalle verdwyn het, is dit seker moontlik om verskeie antropologiese redes vir rook te gee (religie, status, groepsdruk, gewoonte etcetera), maar ek is nie so seker of enigiemand kan verklaar hoekom skynbaar die hele mensdom op 'n punt (sonder mekaar se medewete) gerook het nie.

Waar kom hierdie tendens vandaan – Is daar iewers 'n inherente drang in die mens om rook in te asem?

This entry was posted in Mymering and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>