Die Vatikaan het die verfilming van Angels and Demons (‘n Dan Brown-roman) in die Vatikaanstad verbied op grond van die bewering dat die roman 'n belediging vir God is. Meen aartsbiskop Velasio De Paolis:
It would be unacceptable to transform churches into film sets so that his blasphemous novels can be made into films in the name of business. [Brown's work] wounds common religious feelings.
Alles goed en wel – dis hulle goeie reg om enige aktiwiteit binne hulle stadsmure af te keur en te verbied. Dis egter jammer vader Marco Fibbi het hierby gevoeg: “Normally we read the script but this time it was not necessary. The name Dan Brown was enough.”
Sy kommentaar herinner aan die Deon Maas en The Golden Compass debakels, waartydens sommige Suid-Afrikaners mekaar via e-pos en SMS versoek het om onderskeidelik Rapport en Ster-Kinekor te boikot. In beide gevalle het die meeste senders duidelik nie die betrokke teks(te) in die spervuur self onder oë gehad nie, want sou hulle dit doen, sou dit vinnig blyk dat die waarskuwings nie korrelleer met die inhoud van die rubriek of die film nie. Dit was 'n klassieke geval van heksejagte gegrond op niks.
Het koerantlesers en teatergangers geleer uit hulle foute, of gaan ons in 2009 weer sulke boodskappe sien?
(Bronne: The Times, Catholic News Agency)