‘n Stam is ‘n stam is ‘n stam

In ‘n rubriek getiteld “Stamkultuur vernietig Suid-Afrika” skryf Vlad du Plessis oor die Afrikaan:

Die Afrikaan moet sosiaal-sielkundig as stamkultuurmens verstaan word. By die Westerling lê die morele lokus van kontrole, normaalweg, by die individu self. By die stamverbonde mens lyk dit anders. In die stamverband verskuif die lokus meer na die kollektiewe bewussyn en selfs na die stamhoof.

Desnieteenstaande sy versuim om te omskryf wat hy met “Afrikaan” bedoel, maak Du Plessis dit baie implisiet wie hy dink die Afrikaan is:

Indien die blote verwydering van die eksterne lokus van kontrole [...] geskied en nie onmiddellik deur ‘n interne lokus van kontrole vervang word nie, sal die premoderne mens vir seker in ‘n morele krisis verkeer. Verklaar dit waarom swart verstedeliking en misdaad onlosmaaklik verbind te blyk? [...] My gevoel is dat die antwoord op die voorafgaande [vraag] ‘n onbetwisbare “Ja” is.

Dit blyk die swartman te wees, aldus Du Plessis. En nie net dit nie – dis volgens hom die primitiewe, swart stamlid wat nog nie die wonderbaarlike Weste in al haar oorvloed kon ontvang nie (en, as ‘n mens so ‘n bietjie rondlees op Praag, ook nooit sal ontvang nie).

Twee dinge het gebeur terwyl ek Du Plessis se woorde gelees het. Ek het gewonder wat my swart, sagmoedige vriend (wat ‘n paar deure van my af in die koshuis woon, Sportwetenskap studeer en daarvan droom om vir Maties se eerste XV op die veld te draf) daarvan sal dink. En daar het flitsbeelde uit my geheue gekruip.

Beelde van rugbyondersteuners met geverfde gesigte wat volhard in die geloof dat hul span die beste in die Weste is, van wit kinders op ‘n voorstedelike skoolpawiljoen wat “na na na, ons is die beste” herhaal en koshuisinwoners wat mekaar poedelkaal op die primitiefste maniere moontlik doop. Ek het ‘n predikant gesien wat ‘n formulier voorlees en ‘n gemeente wat dit dreunend, soos een stam, beaam; ek het Die Stem gehoor, weer besef hoe hoog die Voortrekkermonument van die senotaaf se kant af lyk en ‘n Afrikanerseun onthou wat “die donderse soutie” wat hom in die 100-meter geklop het, binnensmonds vloek.

Du Plessis het ‘n punt beet: daar is ongetwyfeld talle Suid-Afrikaners wat binne stamverband fungeer. Tog jammer vir hom baie van hulle is wit.

Post to Twitter

16 Responses to “‘n Stam is ‘n stam is ‘n stam”

  1. Die tor val van die drol wanneer die Bybel ons daarop wys dat alle stamme en tale en nasies en volke van 8 mense wat 7000jaar gelede uit die ark van Noag uitgekom het, afkomsig is…!

    Om tegnies korrek te wees behoort die afrikaan homself ‘n arkfrikaan te noem.

    Reply

  2. johannes, jy’s klassiek.

    Reply

  3. Jou laaste paragraaf – cherry op die koek! Tog jammer ouens soos Vlad kan dit nie insien nie… Dis seker daai ding wat uit ‘n stam uit kom – ‘n stok. In hierdie geval “verstok”…

    Reply

  4. Dankie! Eish. Dan Roodt en sy makkers het (so lyk dit in elk geval vir my) ‘n baie slinkse taktiek – hulle is welbelese en vervleg dan waarheid met leuens. In die proses begin die leuens waar lyk.

    Reply

  5. “Sal die premoderne mens vir seker in ‘n morele krisis verkeer”.

    Goeie bliksem…

    Wat de hel is “premoderne”? En watter argaise aap glo nog dat ‘n kollektiewe bewuste in stamverband staties is en dat kulturele vloeibaarheid nie plaasvind nie. Mind you, watter argaise aap gebruik actually nog 19de eeuse Volkekundeterme soos “stamkultuurmens” , “Westerling” en “premoderne”.

    Vlad my maat, gaan trek uit jou koloniale Safaripak, jy lyk belaglik.

    Reply

  6. Mooi Johan. Dit is juis die sogenaamde verskil tussen die wonderlike Westerse mens met sy individualisme en provinsialisme en die arme Afrikaan. Vlad en Bullard is amper uit een mond, wie reken die klomp kaaskoppe het altoos die beskawing na die primitiewe hotentotte gebring. Dis seker “premodern”. Wonder wat Vlad dan nou onde “postmodern” sal verstaan. Reg so, duskant, want hierdie kollektiwiteit is inderdaad vloeibaar. Ai, die arme “premoderne” mense wat so die Toring van Babel verkeerd kan verstaan :wink:

    Reply

  7. Ek is geen apologeet vir Praag of vir Vlad nie (inskrywings aldaar moet maar altyd met ‘n knippie sout geneem word). Maar mag en ‘n stok in die spreekwoordelike wawiel gooi en se dat Vlad miskien nie so ver verkeerd is met sy evaluering nie. Johan, jy moet onthou dat die knaap veralgemeen en (soos jy sal weet) is daar altyd uitsonderings ( jou sagmoedige vriend).
    Ek dink die stamverband waarna hier verwys word is baie meer premordiaal en binne individue ingebed as die gesamentlike blanke aksies waarna jy in bg. inskrywing verwys. Dis inderdaad so dat die kollektiewe bewussyn binne die Afrika-konteks ‘n baie belangrike rol speel en meer so as onder westerlinge of euro-afrikane. Ek stem nie saam met al die man se gevolgtrekkings nie, maar hy is nie heeltemal van die punt af nie.
    Emil, ek weet nie juis wat Bullard se relevansie is itv hierdie saak nie? :)

    Reply

  8. Ich bin (immer noch) ein Afrikaner!! :cool:

    Reply

  9. Hoekom verwys jy na Helshoogte se swart inwoner in die enkelvoud? Is Helshoogte soos ek altyd vermoed het die laaste volkstaat?

    Reply

  10. Bertus! – Nope. Daar’s baie ander, maar ek het spesifiek aan hom gedink omdat ons nogal goed bevriend is.

    Boer in Ballingskap – Ek het nogal daaraan gedink terwyl ek hierdie inskrywing geskryf het, maar ek reken ons bluf onsself. Ons s’n (ek het geen probleem om myself in te sluit by sommige van die “stamrituele” nie) is maar ook primordiaal. Ek was nou die aand by ‘n troue se onthaal en kon nie help om te voel dat, al sit ons in die Mount Nelson hotel en al bedien kelners ons met wyn wat ‘n paar sentimeter voor ons staan en ons eintlik self
    kon skink, dit maar nog steeds twee clans is wat feesvier dat hulle nou saamgesmee is. Al wat verskil, reken ek, is dat ons ons eie rites as meer modern beskou.

    Tog, ek dink daar’s baie waarheid in wat jy sê. Ek sal selfs sover gaan om te sê dat daar by heel party tradisionele SA Afrikane ‘n groter stammentaliteit is as by ons sogenaamde Europeërs, maar ek dink SA se Afrikane is in elk geval so “Verwesterd” dat Vlad se absolute primitiewe beskouing die pot heeltemal missit. Die groot ironie, dink ek, is dat apartheid in elk geval maar ‘n soort verwestering was – toe moes almal juis na die sogenaamde “Westerlinge”, van wie Vlad praat, se pype dans. As ‘n mens sy skrywe lees, kom dit voor asof alle swartmense in SA nog in die ystertydperk vassit. (Ek dink dis dalk waar Emil se verwysing na Bullard inkom, hoewel Bullard s’n natuurlik satire was. Vlad s’n lyk veel meer malicious.)

    Reply

  11. Bertus! – Nope. Daar’s baie ander, maar ek het spesifiek aan hom gedink omdat ons nogal goed bevriend is.

  12. Helshoogte i s die Reitz kamerwonings van Stellenbosch

    Reply

  13. Helshoogte! Waar die wit man nog die septer swaai!

    As ek die bediende in Helshoogte was, sou ek beslis nie ‘n uitnodiging aanvaar om te gaan touchies speel nie, if you know what I mean.

    Reply

  14. Jy meen seker waar jocks nog die septer swaai…

    Reply

  15. Wel nadat ek gisteraand Carte Blanche gekyk het en die Angus Buchan-stamkultuur gesien het, is ek nogal oortuig dat hy meer preek vir die wittes in wanhoop as oor godsdiens/God per se. Regtig die beelde van die byeenkomste spreek boekdele.

    Reply

  16. Interessant. Wat sou jy sê behels die Buchan-stamkultuur alles?

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled