(3 / 3)

Panarottis se “eat as much as you can”-aanbieding is eintlik maar ‘n klug. ‘n Normale Panarottis pizza word in agt snye gesny, terwyl kelners tydens die spesiale aanbod heimlik ‘n paar snye op ‘n keer vir ‘n tafel vol mense aandra. Om waarde vir jou geld te kry, moet jy dus ten minste agt keer hiervoor wag – anders het jy die prys van ‘n goedkoop pizza vir ‘n paar skywe betaal. Drankies (veral bier en gaskoeldrank) help natuurlik nie hiermee nie, aangesien dit die maag vinniger vul en die lus vir oorvloedige pizzaskywe demp.

Briljante retoriek, ‘n minder as briljante produk – dis seker maar wat ‘n mens goeie bemarking noem?

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

6 Responses to “(3 / 3)”

  1. As dit muis dik is, is die meel bitter… dan kan jy maar enige kaas voor sy neus sit.

    Reply

  2. ek moet bieg, nou is ek honger…

    Reply

  3. Die besigheid wereld is die oogmerk om winsgewend te wees. Besighede sal kyk na die koste voordeel begrip voordat hulle so ‘n aanbod sal maak. Ek was al in my jong dae by panarotti’s, saam met ‘n groot groot groep tieners (shame, die arme kelners) en sou ‘n hele pizza eet, sonder om ‘n sent te betaal. Dis steel, ek weet, maar dis so maklik. Tegnies buit hulle ons uit met “goeie bemarking, minder as briljante produk”, is dit nie so nie?

    Reply

  4. Sommiges val vir hierdie bemarkingsfoefie!

    Reply

  5. Ja ek wil nou nie hoes poep of skinder nie, maar dis is soortvan overstating the obvious.

    Jy het tog seker nie gedink die eat as much as you can scenario is ‘n lojaliteitsgebaar van pannarotti’s om hul klante te bedank nie en waarvoor hulle die kostes absorbeer nie? Om die waarheid te sê, alle buffet’s ens ens waar jy kan eet soveel soos jy wil is
    n ripp off…..Die kos is gewoonlik versuip in smaaklose souse om die substandaard bestandele te verbloem. gee my liefs ala carte!

    Reply

  6. Soms is dit nodig om die vanselfsprekende te skryf.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled