“One is not born, but becomes a woman” – Simoné de Beauvior
Pienk. Die dogtertjie voor SPAR se speelgoedrak is pienk aangetrek van kop tot tone. Haar vlegsels vleël. Sy soek die pop op die boonste rak en sy soek dit noú, anders strooi sy haar ragfyn self reg oor die vloer en saai Zimbabwe op aarde. (Platformskoene inkluis.)
Mamma slaan die affêre gade en retaliëer: dit betaam 'n dametjie nie om so te kere te gaan nie. Jy is 'n ordentlike meisie. Stof jouself af, trek jou rokkie reg en swyg. Die pop kan jy kry as jy soet is.
Sy’t 'n pienk koek vir haar verjaardag gekry.