Monthly Archives: June 2008

23/23 (Liveblogging 1 / n)

Die Skatlam is vandag 23 jaar oud – op die 23ste. Ek self is nie so gelukkig nie, aangesien ek reeds 1 jaar oud geraak het op die 1ste Maart. Hierdie inskrywing via GPRS vanaf die gevreesde heuwel buite Mosselbaai.

Posted in Sommer | 3 Comments

‘n Stam is ‘n stam is ‘n stam

In 'n rubriek getiteld “Stamkultuur vernietig Suid-Afrika” skryf Vlad du Plessis oor die Afrikaan: Die Afrikaan moet sosiaal-sielkundig as stamkultuurmens verstaan word. By die Westerling lê die morele lokus van kontrole, normaalweg, by die individu self. By die stamverbonde mens lyk dit anders. In die stamverband verskuif die lokus meer na die kollektiewe bewussyn en [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , | 16 Comments

Onbelese engele om ons

Die Vatikaan het die verfilming van Angels and Demons (‘n Dan Brown-roman) in die Vatikaanstad verbied op grond van die bewering dat die roman 'n belediging vir God is. Meen aartsbiskop Velasio De Paolis: It would be unacceptable to transform churches into film sets so that his blasphemous novels can be made into films in the name [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , | 31 Comments

Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 4.0)

As 'n bergie in 'n broodfabriek slaap, vervaardig die fabriek tuisgemaakte brood?

Posted in Mymering | Tagged , , , | 11 Comments

Offspring : Opera

The Offspring se agtste album, Rise and Fall, Rage and Grace, is vandag (16 Junie) landswyd beskikbaar in Suid-Afrikaanse musiekwinkels – soos oudergewoonte met kritiese, weldeurdagte lirieke. In “Hammerhead” is 'n spreker byvoorbeeld aan die woord wat eers 'n soldaat blyk te wees wat veg vir volk en vaderland, tot die einde van die lied [...]

Posted in Musiek, Tegnologie | Tagged , , , | 5 Comments