Saldanha

Ha! My gasouers het 'n skootrekenaar met 3G, so hierdie inskrywing kan langer as 'n sin of twee wees. Al die voriges is met my selfoon geskryf en omdat ek nie juis 'n kranige SMS-tikker is nie (ek was nog nooit nie) lol dit maar om meer as 'n paragraaf te skryf. Ek het vanoggend die pragtigste landerye vanaf Piketberg se kerksaal gesien, dik toe onder 'n miskombers, met berge as skanse in die verte. (Ek kon nie anders as om aan skyboxes te dink nie.) Motoriste op die N7 tussen Klawer en Piketberg ry soos maniakke – dis klaarblyklik lekker om 'n bussie in die geel streep verby te steek. Die wêreld is vol water.

Intussen het ek ‘n bydrae gelewer tot LitNet se FW de Klerkstigting doodstrafseminaar. (Ek dink dis die eerste keer in my lewe wat my naam saam met Anton van Niekerk s’n op dieselfde bladsy verskyn. Fenomenologievraestelle uitgesluit, natuurlik.) Ene Chigurh het gereageer en meen ek vertoon ‘n gebrek aan logika. Ek raai hy verstaan my argument nie so lekker nie en sal maar later reageer wanneer ek meer as 'n paar minute voor 'n rekenaar kan spandeer.

Ek post die oorspronklike weergawe sommer nou dadelik (LitNet het besluit om my prosa 'n goeie skoot historiese presence toe te dien, maar dit so opgemors dat die eerste paragraaf nou vrot lees) in die hoop dat julle beter bydraes tot die gesprek sal lewer.

Oor agt ure ry ons Malmesbury toe, waar ons onder andere 'n tronkoptrede het. Ek raai ons gaan vir so 600 misdadigers sing. Pret. Herinner my om 'n dingetjie of twee oor die land tronke te skryf as ek terug is – dis 'n storie op sy eie.

This entry was posted in Sommer. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>