Van Coke kartel my retinas
Van Coke Kartel se nuutste musiekvideo (“Verdoof. Vergiftig. Verskoon my”) is onlangs vrygestel en is, nes hulle eerste album se produksiewaarde, nogal waffers. Die video is ‘n vreemde mengsel van My Chemical Romance se treffer The Black Parade, oorgroot sokkies oor koppe, drop tussen tande en ‘n balletjie wat in die lug sweef. Dis vreemd, maar dis mooi. Prysenswaardig is unieke montages van groeplede wat rondval. Ek weet nie wat deur Sean Metelerkamp (regisseur) se kop gegaan het terwyl hy hierdie beeldmateriaal help skep het nie, maar ek hoop hy doen dit weer:
Wys dit vir jou ouma.
Terloops, die resensie waaroor ek destyds so getob het, kan eintlik maar in die volgende woorde opgesom word: Van Coke Kartel se debuut is nie te sleg nie, want dis nie te goed nie. Theo Crous het homself goed van sy taak as vervaardiger gekwyt, maar die stof self is nie juis baanbrekerswerk nie. Luister dit as jy kwaad is vir jou ouers of ryk genoeg is om hulle geld uit te drink.


cool video, cool band. sal interessant wees om te sien wat hul volgende cd oplewer.
Reply