Jy’t al weer my frontloader gesteel. Dis die tweede een hierdie jaar. Ek is veronderstel om jou te vergewe, maar dit raak moeilik. Kon jy nie meer bruusk wees en die motors se ruite uitslaan nie? Hoekom alles noukeurig uitbreek en die CD-spelers steel asof hulle eiers is waarmee jy 'n patio wil plavei? Jy weet mos dis makliker om jou te vergewe as jy 'n barbaar is. Nou weet ek jy het verstand. Vir wat gebruik jy dit so goed?
Was jy honger?