Welkom! (2 van 3)

Diegene van julle wat by WordPress.com blog, vind die afwesige avatars (en die monstertjies en generiese blou ikone) by die kommentaar dalk vreemd. Die rede hiervoor is bloot dit: WordPress.com is eintlik 'n WordPress MU-installasie, waar elke gebruiker hulle eie avatars kan oplaai en ander WordPress.com gebruikers dit kan sien. Wees egter nie bevrees nie: om hier (sowel as op omtrent enige ander website daarbuite) skaflik te lyk, is daar twee opsies.

Opsie 1 – Kry 'n Gravatar. Gravatars word nagenoeg orals gebruik om avatars op webtuistes te verskoon. Dis gekoppel aan jou e-pos adres, so vul net die korrekte een in wanneer jy kommentaar lewer (natuurlik die een waarmee jy geregistreer het by Gravatar) en voila!

Opsie 2Registreer by GormenDIzer.co.za en upload self vir jou 'n avatar. Die proses werk presies soos WordPress.com s’n; diegene wat daarmee vertroud is, mag dalk daarvan hou om van hierdie opsie gebruik te maak. Solank jy ingelog is, vergemaklik dit kommentaar en laat dit jou toe om 'n paar opsies hier en daar te stel.

Nou ja, toe. Kom herwaarts gesigte!

This entry was posted in Blogging and tagged . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>