Tronie om ‘t troon

In Matieland is dit weer sulke tyd – elke gebou, aansteekbord en toiletdeur op kampus is besaai met die bakkies van hoopvolle studente wat hulself verkiesbaar gestel het vir die studenteraad. En almal glimlag. Soos met enige soort verkiesing is daar jaarliks ‘n paar diamante, ‘n paar juwele en ‘n groot hoop snert. Ek verwys natuurlik nou na die kandidate se verkiesingsretoriek, wat meestal verklap dat hulle nie mooi weet dat daar stylverskille is tussen ‘n toespraak en ‘n beleidsverklaring nie.

Ek meen genade, mense. Om as deel van jou relevante kwalifikasies te noem: “Inwoner van koshuis X gewees (sic) en viendskapsbande gesmee” (?!) of “I’ve been a class representative” beteken mos nie eintlik iets nie. (Ek was self al ‘n paar keer klasverteenwoordiger vir departemente. ‘n Mens doen net mooi niks nie.) Maak dit regtig saak of jy hoofseun of kaptein van die netbalspan was?

Nie regtig nie, nee. Dit maak ook nie regtig saak of jy dink dat daar bande gesmee moet word met Stellenbosch se sattelietkampusse nie (dis klaar daar). Of dat jy meen transformasie moet plaasvind nie (ons almal weet dit mos nou al). Les bes: dit help nie jy vertel vir almal daar was ‘n verkragting of twee en ‘n paar rooftogte op kampus en hoop dis genoeg om jou wa deur die drif te trek nie. Dis klassieke politieke redevoering – noem ‘n klomp probleme op die naam sonder om oplossings daarvoor te bied – soos ‘n kandidaat wat verlede jaar op sy plakkate geskryf het hoe vuil die Neelsie-toilette is.

Wat die juwele betref, haal ek graag aan uit Die VerkiesingsMatie:

[Ek] het sêr gesing vir Koshuis X en dit was ongelooflik. Ons het deurgedring na die “Nationals” in Pretoria. – Kandidaat vir die SR-portefuelje “Sport

Ja, en? Gaan jy meer fondse vir skaak en onderwater hokkie lossing?

Ek wil positiewe konflikhantering aanmoedig, so ook die strewe na eenheid in diversiteit, die slaaibak eerder as die smeltpot.

Is ‘n smeltpot nie juis waar diverse elemente saamgesmelt word om iets nuttigs te produseer nie?

Allow me to [...] build on current SRC iniatives and move towards MY SRC, YOUR SRC, OUR SRC.

Iets wat beide myne en joune is, is…um…outomaties ons s’n. MOENIE OP MY SKREE NIE ASSEBLIEF.

The true colour of a Matie is not white

The true colour of a Matie is not coloured

The true colour of a Matie is not black

The true colour of a Matie is MAROON.

En die CMYK-waarde vir “coloured” is?

Daar is gelukkig ook ‘n paar studente met iets tussen die ore. Ek sien uit daarna om ‘n paar sirkusse by te woon en te hoor wat hulle kwytraak. Bowenal sien ek daarna uit om by my werksplek in te loop sonder dat tagtigmiljoen smoele met engelglimlaggies my aanstaar. Dis nogal ontsenuend.

Post to Twitter

11 Responses to “Tronie om ‘t troon”

  1. JIs, ek onthou nog hierdie tyd. Wonder of die juwele die dubbelsinnige weerspreekbaarheid in hulle eie uitsprake herken. Kan iemand asb verduidelik wat beteken “eenheid in diversiteit”?

    Reply

  2. Ek is self nie heeltemal seker nie, maar dalk is ek net te dom om dit te verstaan.

    Reply

  3. allemaal mooie beleidstermen – maar er zullen toch wel goeie bedoelingen achter zitten

    hier een mooie CMYK-waarde voor ‘coloured’:

    C:0-100
    M:0-100
    Y:0-100
    K:0-100

    (zomaar een poging)

    Reply

  4. nie sleg nie.

    ek dink nie die beleidsverklarings is noodwendig sleg nie. net dat hulle nie almal ten volle bedoel wat hulle sê nie. dit gebeur elke jaar – hulle is vol beloftes, maar daar kom gewoonlik nie veel daarvan nie. wat hulle seker goeie politici maak.

    Reply

  5. ja, dat krijg je als het niet meer om idealen gaat, maar om zoveel mogelijk stemmen :o )

    Reply

  6. Nou ja, skynbaar het niks verander nie. Persoonlik het ek minder van HK-verkiesings gehou. Dáár het nou vir jou juwele (en ek is ironies) na vore gekom.

    Ernstig nou: wanneer gaan iemand iets doen aan Maties se Onder Water Kontak Skaak-span??

    Reply

  7. Die OWKS-span van Maties sukkel voortdurend met slegte weersomstandighede. En die een dag toe dit mooiweer was, was die oomblik te groot en het hulle vergeet om die skaakbord te bring.

    Maar ek is seker, as jy luidkeels dit aanvra, sal daar ‘n SR-kandidaat êrens wees wat ‘n plan sal maak.

    Ek verpes SR verkiesing. Skielik dink almal hulle is Obama.

    Of dalk Osama?

    Reply

  8. O ja…twat… Ek het nog nie ‘n Verkiesings Matie onder ogies gehad nie.

    Wie het die verklaring gemaak oor die sêr Nationals?

    Reply

  9. nee-nee, geagte twat, dit kan ek ongelukkig nie verklap nie. anonimiteit en integriteit en algehele nice wees en so aan. lees eerder self die verkiesingsmatie. dis nogal bemagtigend.

    Reply

  10. lol @ osama

    Reply

  11. ‘n Slaaibak bou wel ‘n geheel uit ‘n klomp diverse elemente, terwyl elke element sy eie eienskappe behou.

    Die smeltpot is dalk beter as kolonialistiese alchemy waar alles omgeskakel moet word in “goud”, in dat dit wel iets nuuts maak met alles, die probleem is egter dat die resultaat ‘n vermengeng van kulture is waarin die oorspronklike verskeidenheid verlore gaan.

    Ek weet nie of slaaibak of smeltpot “beter” is nie, maar ek is maar versigtig vir smeltpot. Te veel gaan te vinnig verlore, ondersoek eers die slaaibak opsie.

    Wanneer begin ons ‘n chess-boxing span op Stellenbosch? :

    http://en.wikipedia.org/wiki/Chess_boxing

    Nederlands met Englese sub-titles, “Chessboxing Worldchampionship PT2″ :

    http://www.youtube.com/watch?v=43Wcbd0dJpQ

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled