Broer Renier en die boom in die agtergrond

Ek verstaan nooit lekker hoekom mense op straathoeke staan en preek nie, maar vandag was daar weer twee banierswaaiers by die voetoorgang voor die Opvoedkundegebou. En daar staan Renier toe weer:

…met sy plakkaat:

Cool boom

(Let op die boom in die agtergrond)

…en vertel mense passievol (nie manies nie – hierdie ou gee regtig om) dat hulle hul sondes moet bely. Hier en daar het ‘n groepie studente belangstelling getoon, maar die meeste het ongemaklik of geïrriteerd verbygeloop. Hoekom doen hy dit?

Want hy is lief vir mense. Hy woon in die Strand (sy “fellowship” is ook daar) en werk by Shoprite se hoofkantoor, maar soms neem hy ‘n dag by die werk af en kom staan tussen die studente met baniere. Hy probeer hulle bekeer, maar dwing niemand nie. Hy is nie skaam vir sy boodskap of bang vir die son nie.

Toe ons klaargepraat is, gee hy vir my ‘n kaartjie. Die voorkant lees: “Get out of HELL free card (A limited offer: over for details”. Die agterkant som sy teologie vir my in 11 versies op: “Daar is net een God en daar is een groot plan – maar die plan het ‘n klein probleem met ‘n massiewe oplossing. Daar is net twee paaie. Wegkomkans is daar nie. Daar is min tyd en die keuse is joune – kies Christus en erf die ewige lewe of verwerp Christus en brand in HEL” [vrylik vertaal]. Daar is selfs ‘n skakel na ‘n webtuiste: www.timeforchrist.org

Wragtig – daar is Renier toe sommer op die webtuiste ook. “Bro Renier preaches on the train to Cape Town”:

http://timeforchrist.org/images/maingroup5.jpg

Kan jy nou meer.

Die afgelope paar maande het ek van meet af besluit hy’s die kluts kwyt. Vandag het ek met hom gaan praat. As jy ooit die trein na Kaapstad neem of in die strate van Stellenbosch rondloop en vir Bro Renier sien, groet hom gerus vriendelik. Hy sal jou vriendelik teruggroet.

Ek dink nog steeds hy’s verkeerd, maar terwyl ek weggestap het met die kaartjie, was daar net een gedagte in my kop: wie de joos is ek om hom te veroordeel?

Post to Twitter

44 Responses to “Broer Renier en die boom in die agtergrond”

  1. Hoekom word daar altyd aangeneem dat studente gered moet word??
    Ek is defnitief een van die mense wat geirriteerd verby geloop het. Ek dink nie dis die manier hoe jy mense werf nie. Hy kan nou wel ‘n cool, barmhartige man wees.. maar ek like ‘ittie.

    Reply

  2. ek dink verseker nie hy’s verkeerd nie.. hy begryp die “gaan uit en maak dissipels van mense” versie baaaaie beter as wat ek doen. sy metodes skrik dalk vrek baie mense af, maar ek figure as sy boodskap tot een student deurdring is dit tonne meer werd as die gemaklikheid van ‘n duisend ander wat geirriteerd verby geloop het.

    that said, ek was nog nooit ‘n groot aanhanger van die “repent or perish” manier van doen nie.. Jesus het dit NOOIT gepreek nie. maar as jy sê hierdie dude is meer passievol as wat hy manies is het ek verseker respek vir wat hy doen.

    Reply

  3. btw, dankie vir die link in jou blogroll :)
    het hom nounet eers gespot.

    Reply

  4. Ek sal erken ek was nog nooit baie lief vir die verdoemingspreke nie. Jy gaan hel toe gaan ens. nie. Daar is soveel meer mooi in Christenskap om uit te wys. Elk geval, stem met jou Johan, ek mag nie oordeel nie. Die man doen in elk geval meer as wat ek doen.

    Reply

  5. lol@Melanie
    Want dis ‘n logiese noodsaaklikheid? :lol:

    Ek dink dit vat baie durf om te doen wat straatpredikante doen. Stem ook nie altyd 100% met die boodskap saam nie, maar respekteer die poging.

    Reply

  6. Ek dink daardie vorm van prediking, al is dit bedoel om informeel te wees, is reeds gevestig as ‘n vaste vorm. Die probleem is juis dat hulle hul “teikenmark” heeltemal misverstaan. In ‘n tyd van Google en MXit probeer hulle nog steeds om hierdie (ek wil amper sê gekanoniseerde) metode te gebruik en hoop hulle dit werk.

    Terwyl die meeste studente juis nie omgee nie. Dis vreemd dat hulle dit nie raaksien nie.

    Dalk dink hulle bloot hulle is reg?

    Reply

  7. “wie de joos is ek om hom te veroordeel?”

    als iemand predikt dat ik naar de hel ga als ik zijn weg niet volg, voel ik me toch ook wel een beetje veroordeeld hoor :o )

    Reply

  8. sorry
    hier is ‘mijn’ gezicht weer

    Reply

  9. eh?
    nouja.. pf… dan niet

    Reply

  10. Ek dink nie dit gaan vir hom oor of hy iets regkry of nie. Ek dink jy’s reg as jy sê hy dink bloot hy is reg. Hy doen dit omdat hy voel hy is geroep om dit te doen, omdat hy dit MOET doen. Hy sal waarskynlik woorde gebruik soos “hy kan nie anders nie”.

    Nou is die vraag, doen hy dit dan regtig nog vir die mense wat verbyloop, of miskien eintlik vir homself?

    Cobus het dalk tog ‘n punt beet, as hy sukses het met 1 mens, is dit dalk tog die moeite werd. Maar wat dan van Benny Hinn se “sukses”? As sy boodskap dan ‘n verdraaiing is, maar hy bekeer dalk ‘n paar mense sonder om( per ongeluk) hulle geld te steel, is dit nie dan oor dieselfde rede die moeite werd nie? (Ek speel duiwelsadvokaat hier, ek weet self nie).

    Persoonlik dink ek mense wat doen net omdat hulle oortuig is dis REG, of Die Waarheid, en sodoende vergeet van die mense AAN wie hulle doen, mis Jesus se boodskap. Sy boodskap gaan alles oor die ander mens, en nie oor reg of verkeerd nie.

    Reply

  11. Fix die indent bug!

    Reply

  12. Fix die indent bug!

    Reply

  13. Fix die indent bug!

    Reply

  14. misschien moet je dat op een spanddoek zetten en daarmee op straat gaan staan:
    ‘FIX DIE INDENT BUG!’
    kijken hoeveel mensen je dan bekeert

    Reply

  15. lol!

    aaaim wuurrrkeeeng oooon eeet peepul!

    Reply

  16. Johan, my mening; ek dink juis baie studente gee om, en ek dink dat daar – in hierdie mxit en facebook generasie – ‘n hengse soeke na daardie iemand, ‘n persoon, ‘n lyf met ‘n stem en ‘n stewige handdruk, is. ‘n Presence. Al is dit dan Renier wat heel moontlik meer tasbare liefde aan elke student rondom hom openbaar is aswat hul ooit deur hul laptops / selfone sal ervaar.

    Sout van die aarde.

    Reply

  17. (dalk is ek moerse onnosel maar ek dog die indentasie moet so wees…. ;-) )

    Reply

  18. Ek dink dis reg dat mens nie veroordeel nie. Ek glo nie “ek stem nie saam nie” moet altyd gelyk wees aan “ek veroordeel hom/haar” nie.

    Reply

  19. duskant het ‘n punt beet.

    Mens luister eerder na ‘n geestelike boodskap as wat mens ene lees…reg?

    Ek dink nie dis verkeerd nie…hy dwing niemand om tot bekering te kom nie…

    Dit vat eintlik baie guts om dit te doen, en hy staan op vir sy geloof.

    Reply

  20. Ek het dit gesien gister, toe gaan lees ek biekie wat in die bybel staan. In al die preke wat in die Nuwe Testament staan,preek die ouens nie van liefde nie, maar van oordeel en geregtigheid. Miskien is dit goed om mense bietjie wakker te laat skrik want almal slaap tog anyway Sondagoggende in die kerk. So ek sou se hy moet aangaan, kan net goeddoen.

    Reply

  21. Wel ek oordeel nie die man nie, maar sou mens so iets doen is op die straat staan dalk nie die mees produktiefste manier nie?

    (Hallo, ek het my blogroll aangepas. Jinne dit lyk oulik hier by jou)

    Reply

  22. Juis, ek dink dis presies die omgekeerde van produktief.

    (Baie dankie :-) Ek werk nog so ‘n bietjie aan hom, maar dis die algemene look & feel. Die indent bug is een van die dinge wat nog my irriteer.)

    Reply

  23. Johan, wil jy nie iets oor hierdie persoon en jou gepaardgaande sentimente skryf vir een van ons Afrikaanse drukpublikasies nie?

    Reply

  24. fix the indent bug

    Reply

  25. Dalk is hy Johannes 11

    Reply

  26. (tydelike solusie vir die indent gogga…lesers kan 1 of 2 keer enter druk wanneer hulle ‘n boodskap los, en sodoende die boodskap met twee rye afskuif…? ;-) wetie of dit sal werk nie…)

    Reply

  27. (dit werk nie… :-( )
    sterkte met die bug!

    Reply

  28. ignore the bug
    let the mothafucka burn

    Reply

  29. Lolololol ek love julle. Johannes-11, is dit jy?

    Reply

  30. ..help dit jou tjekkie as ek net randomly op jou ads click? :)

    Reply

  31. Hoekom laaik dit nie as iemand op straat preek nie. Hoekom nie? Want ek moet erken hy laat my skuldig voel. Ek maak asof ek vir sy part skaam voel, maar die waarheid is, hy is nie die een wat skaam voel nie, dis ek wat skaam voel. Skaam omdat ek weet hy doen actually wat Jesus ons beveel het om te doen. Oor of sy metode werk of nie wil ek my nie nou uitspreek nie. Feit bly staan: hy doen actually iets. Was Jesus nie maar ook ‘n radical straatprediker wat ‘n verleentheid vir die destydse institusionele kerk was nie?

    Reply

  32. By my eerste sin, lees asb.: Ek laaik dit nie as iemand op straat preek nie.

    Reply

  33. Cobus – In prinsiep: ja. Maar ek mag jou nie vra om dit te doen nie, want dis ‘n verbreking van Google se gebruikersvoorwaardes. No incentivisation.

    Hmm…maar hulle kan nog nie Afrikaans lees nie…hmmmmmm :p

    Gerda – Op daai punt verskil ek ‘n bietjie van jou. Jesus beveel ons nie om uit te gaan na die nasies en dissipels te maak nie – hy beveel sy eie 12 dissipels omtrent twee milleniums gelede. Hoe maak ‘n mens die universele skuif en maak dit van toepassing op almal wat leef en wat nog gaan leef?

    Granted, Renier het guts.

    Reply

  34. ek stem totaal en al saam met gerda. guts is vir my buite die kwessie, as jy doen wat reg is in jou oë vat dit nie guts nie, die oortuiging is klaar daar.

    concerning jou stelling dat Jesus bedoel het die taak van dissipels maak was net vir daardie 12 volgelinge van Hom beskore.. wonder ek bietjie. maar ek ken my bybel te sleg, waar is johannes as jy hom nodig het?! ek gaan bietjie navorsing doen though.. jy laat my wonder.

    en net so as ‘n sidenote, jy is MOERSE liberaal :)
    mar ek dig dit.
    (en jy hoef nie te vra dat ek jou ads click nie, ek is al klaar in die gewoonte, muahaha)

    Reply

  35. [curtsy]

    Dis nie dat ek die uitstuuropdrag probeer pootjie nie, dis bloot dat ek nie mooi verstaan hoe ‘n mens dit dan nou op almal van toepassing kan maak nie. Ek’s oop vir enige verduidelikings :-)

    Reply

  36. Wel, as Renier net genoeg mense kry wat hom geldelik steun, en hy hou aan vir nog so ‘n paar jaar en kry nog meer mense ens ens – dan word Renier die volgende Benny Hinn. Dis die probleem.

    NS: eerste besoek aan jou nuwe tuiste – geluk en voorspoed!

    Reply

  37. Goeie punt.

    Dankie! Loer gerus weer in :-)

    Reply

  38. imagine ‘n opregte benny hinn met al daardie geld agter hom as ondersteuning vir al die goeie goed wat hy sou kon doen as hy nie korrup was nie.. dit sou nogals cool wees. as renier veronderstel is om die eerlik en opregte weergawe van benny hinn te word.. prop ek graag R5 in sy hand.

    Reply

  39. johan nou het julle my…! (daai twee aanhalings tekens !! het my verraai…?)

    Sal net volgende keer die datum van die wegraping, “21 Mei 2011″ en die datum van die einde van die wêreld, “21 Oktober 2011″ op die plakkaat moet aanbring.

    Reply

  40. ..johan, ekt vandag weer bietjie gedink oor die “uitstuuropdrag”, en ek figure.. as mens eers opreg in ‘n verhouding met God staan en dit kom op daardie vlak waar jy besef hoe AWESOME dit is, is daardie versie nie meer ‘n opdrag nie, want dit hoef nie te wees nie. ek wens ALMAL kon ‘n groeiende verhouding met God hê, en dit motiveer my tien keer meer as wat daardie versie doen om mense te vertel van Hom.

    ek wil amper verwaand genoeg wees om te sê dat as jou verhouding met God jou nie motiveer om ander mense daardie selfde blydskap op daadwerklike wyse toe te wens nie, is iets missing. of dit nou beteken almal moet alles opoffer en sendelinge word, of dat almal op straahoeke moet staan met megafone.. twyfel ek.

    btw, kom nounet van die studio af.. duuuuuuude :)

    Reply

  41. Awesome! Mix julle nog?

    Reply

  42. jip jip! nou in die laaaste fase, ek het vandag geluister en seker gemaak elke liewe hou op elke liewe drom in elke liewe liedjie is reg ;) more maak die kitare klaar met dieselfde storie (meestal die regte tone kies vir verse, kore, solos..) dan bass, en laaste vocals, so einde volgende week is die audio klaar :) sal voorlopig so liedjie of twee jou kant toe mail voor ek die hele album kan pos..

    wees opgewonde.

    Reply

  43. Aaah, wonderlik. Ek sien vreeslik uit!

    /me vryf sy hande teen mekaar

    Reply

  44. Ek het vandag ‘n taak gedoen oor prediking (omdat ek ‘n B.Th. student is) en jy is een van my verwysings! Hierdie inskrywing was my hoofbron!

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled