Die Burger vertel:
KAAPSTAD. – Duisende Matie-studente gaan in Augustus poog om 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel – vir die meeste paartjies wat gelyktydig soen – alles in die naam van Matietrots.
Die US nuusvoer meen:
Nagenoeg 7 132 Maties het op Vrydag 1 Augustus in Die Laan langs die Eersterivier bymekaar gekom om 'n rekord op te stel vir die meeste paartjies wat gelyktydig soen.
Ek is lief vir hierdie universiteit en Die Burger kry dit soms reg om goeie dinge te publiseer (By is een hiervan), maar 7132 studente is effens dik vir 'n daalder. Ek en Die Skatlam was daar:
(Foto: Bernard Bravenboer)
…maar daar was nie meer as 'n duisend mense om ons nie. Daar kon dalk 'n duisend vyfhonderd wees as 'n mens vrygewig skat, hoewel dit reeds heeltemal te veel is. Seweduisend? Ek sal graag wil weet hoe mense getel is. Ons is nie getel nie – en Die Laan was nie eers halfpad vol nie.
Óf die media lieg, óf daar is vir die media gelieg, maar iewers is daar duidelik 'n baie lang slang in die gras.
(Ja, dit was lekker.)
*edit* Retief Swart het later by 'n publieke SR-sirkus erken dat sowel hy as die seremoniemeester vir die media gejok het oor die getalle. – red. 21/08/08 *edit*
