Vandag het ek besef dat ek gister geleer het hoe liriekskrywers voel as hul werk onbeskaamd as iemand anders s’n voorgehou word. Dis nie 'n lekker gevoel nie. Dis soos om te kraam (wel, amper…) en daarna te verneem iemand anders kry applous vir jou stootwerk.
Is dit onregverdig van my om suur te wees hieroor?