Good grief, die lewe is ‘n apostroof
Vandag het ek besef dat ek gister geleer het hoe liriekskrywers voel as hul werk onbeskaamd as iemand anders s’n voorgehou word. Dis nie ‘n lekker gevoel nie. Dis soos om te kraam (wel, amper…) en daarna te verneem iemand anders kry applous vir jou stootwerk.
Is dit onregverdig van my om suur te wees hieroor?


ek ken ook die gevoel.. nul lekker. tog, ek het juis nou die dag gedink hoekom mense so graag erknenning soek.. is die feit dat JY weet dis jou werk nie veronderstel om genoeg te wees nie?
hoekom so ons so graag die krediet en erkenning, vir watter rede? (ek is nie arrogant nie.. ek wonder rerig net, dis vir my interessant.)
btw, lekker baie posts deesdae eh.. blog tog asseblief aan die einde van die maand oor jou eerste AdSense tjekkie ook, eks soepper nuuskierig
Reply
Ek dink binne-in elkeen van ons is daar ‘n klein kindjie wat rondloop met vetkryte en ‘n bekrabbelde papier en hoop mense dink dis mooi.
Adsense…hehe, ek is nog eers besig om julle cliks te monitor, die adsense eenhede wat nou hier op is, is sommer interimgoed. (Hulle perform ook nie juis nie). Dis nogal ‘n interessante om te sien hoe lyk ‘n heatmap van users se clicks (ek’t sommer crazyegg.com gebruik).
Reply
Ek dink dit is crap. Jy gee tog die regte persoon die eer. Hoekom dan nou nie? Intellectual property, en die skryf of verf of waatookal wat uit die intellek voortvloei behoort tog aan die eienaar. Dit bly tog maar net so belangrik soos die uitvinder van die kar of kreepy crawly for that matter. Die eer en erkenning moet gegee word aan wie dit toekom. Dit is soos die 100m Olimpiese kampioen wat sy goue medalje kry!
Reply
Dit is iets waarmee ek al lankal vrede gemaak het. Hulle word altyd uitgevang een of ander tyd. As hulle dit nie slef gedoen het nie, weet hulle ook nie hoe die punte lekker inmekaar steek nie. Ek beleef dit daagliks by my werk. Dit is gewoontlik mense wat in posisies is waarvoor hulle nie bekwaamd is nie en gebruik ander se sweet om goed te lyk.
Reply
Hmmm…die waarheid kom altyd uit Johan. Don’t despair. Just be patient.
Hier’s ‘n blog waarop ekke afgekom het, dis baie polities met baie groot woorde wat ek nie so mooi verstaan nie… http://bismarckbiskruit.wordpress.com
maar interessant is dit wel
Reply
Dankie! Ek het ‘n draai gaan maak.
Reply
Johan, wie okal hy is, moer hom! Se^ vir hom hy kan sy eie girlfriend kry!
Reply
lol
nee maar hy lyk dan so vriendelik!
ek vergeet – wanneer is jy weer terug in SA?
Reply