Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 6.0)

Hoekom word rockgroepe uitgekryt vir amateurs wanneer hulle liedjies skryf met slegs die tonika-, subdominant- en dominantakkoorde as begeleiding, maar 'n klassieke komponis geprys vir sy vermoë om minimalisties en deeglik met 'n tema om te gaan as hy daardie einste akkoorde herhaaldelik rangskik?

Hoekom is:

Fokofpolisiekar: I-IV-V = Vervelig, maar

Bach: I-IV-V = Vindingryk?

Hoe bepaal 'n mens wie is die leke en wie is die kundiges? Wie het die kenners aangestel? Is 'n toekenning altemit nie die toekenning werd buite die taalspel waarbinne dit toegeken is nie? Hoef 'n treehugger ooit om te gee of 'n rugbyspeler 'n drie druk?

This entry was posted in Mymering. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>