En dis hoe stories versprei

Krugersdorp – A schoolboy who stabbed a fellow pupil to death with a sword in Krugersdorp on Monday morning was apparently high on drugs, saying Satan had told him to kill the children.

[...]

“He said Satan told him to kill the children,” said Raubenheimer.

(News24)

Dis skokkend. Dis regtig skokkend en dis regtig hartseer. Ek het nie juis veel om hieroor te sê nie (en daar’s ‘n vreemde, siek stemmetjie in my kop wat van meet af bly is dis nie ‘n rassemoord nie), maar daar’s wel iets wat opval. In die bogenoemde aanhalings word aangevoer dat Morné Harmse die duiwel blameer vir sy swaardmoord. In latere berigte moet ons lees hoe hy “possessed by the devil” was.

Daar is nie ‘n manier hoe Harmse, Raubenheimer of enigiemand anders kan bewys daar was ‘n Duiwel wat vir Harmse opdragte gegee het nie. (Die waarheid is ook nie vreeslik moeilik om te ontdek nie – ‘n alleenkind, hoog op dwelms, met ‘n swaard in ‘n skool. Natuurlik gaan so iets gebeur.)

Dit was nie die Duiwel nie. Dit was die gekluisterde sinapse in Harmse se benewelde brein, onderbewustelik aangevuur deur die lirieke van Slipknot (dis nie juis die soort musiek wat jy vir jou ouma wil speel nie) wat besluit het: vandag is die dag wat ek ‘n leerling slag – want hulle spot my.

Dit maak egter nie saak hoe hard jy graag wil glo dit was die duiwel nie – dis nie ‘n falsifiseerbare storie nie.

Maar so versprei stories. So begin mense glo dat ‘n kwaksalwer in Lagos mense gesond kan toor of dat Antjie Somers regtig rondloop om kinders te vang – dat uHuru gaan plaasvind en die kettingbrief in jou indoos jou geluk kan beïnvloed. So keer ons terug na ons premoderne modus waarin ons alles onverstaanbaar aan magiese invloede toeskryf – terug na die tydperk toe almal ‘n God of the gaps gehad het, maar niemand Hom nog so genoem het nie.

Is die verspreiding van sulke stories sleg? Ek weet nie. Maar dis verseker nie waar nie.

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

44 Responses to “En dis hoe stories versprei”

  1. So sad as wat die gebeure is, dit is die tipe storie wat koerante verkoop…en met bietjie joernalis-speserye by, sommer stapels koerante. Waar of nie waar nie, of wat ookal die faktore was wat hom tot die daad gedryf het, een ding is verseker, ek hoop ouers sal bietjie beter oplet wat met hulle kinders se lewens aan die gang is.

    Reply

  2. als je alle relieuze verhalen en daarop gebaseerde uitspraken als metafoor opvat, dan is de duivel (gewoon) een metafoor voor ‘het kwaad’ – en helemaal geen slechte metafoor trouwens

    we moeten er alleen voor waken dat we door het gebruiken van zo’n metafoor de verantwoordelijkheid bij iets ongrijpbaars/abstracts als ‘de duivel’ neer gaan leggen

    ofwel: je mag hem wel gebruiken, maar je mag niet in hem geloven

    Reply

  3. *relieuze = religieuze
    (ik maak het wel heel moeilijk voor jullie :o )

    Reply

  4. Uhuru gaan plaasvind, in 2010.
    http://www.imdb.com/find?s=all&q=world+war+z

    Reply

  5. Bertus! jy verwar Uhuru met die 2010 Sokker.

    Reply

  6. :lol: , ek hoop regtig vir die beste en dat 2010 nie ‘n aborsie gaan wees nie. Ek lees die government het nooit in die kontrak met Bombela gespesifiseer dat die airport link VOOR die worldcup moet klaar wees nie. Hulle sal blykbaar nou ‘n nuwe kontrak moet onderhandel….en ja, iemand gaan geld maak. Hulle reken die R25bn kontrak kan opskuif tot R35bn.

    Reply

  7. Enige iets solank ons nie verantwoordelikheid hoef te dra nie. 10 Sielkundiges later en word ongeskik verklaar om verhoor te word. Mense sal tot hul goudvis blameer as hulle weet hulle kan daarmee wegkom.

    Reply

  8. Genade Bertus, is jy en ou Siener van Rensburg in kontak met mekaar?
    ;)

    Reply

  9. Ekskuus?

    Aangevuur deur die lirieke van Slipknot? Omdat hulle hom spot?

    Seriously, dis soos om te sê die geweld in Wagner se musiek dryf die land tot revolusie(hey, dis tog wat hy wou gedoen het, right?). Ek twyfel ook of die alleenkind enigeiets daarmee te doen gehad het.

    Ek ken mense wat Slipknot luister, en ek persoonlik is ‘n groot aanhanger van Gears of War, wat ‘n uitsonderlike gewelddadige game is. Jammer, maar jy kan nie media blameer vir ‘n sot se gewelddadige aksies nie. Hoekom nie? Voorbeeld: Die amerikaanse indiane. Hulle was van die mees barbaarste(korrugeer my asseblief, hierdie woord klink verkeerd soos ek dit gebruik in hierdie sin) groepe mense op hierdie aarde, en hulle het nie moderne media gehad nie. Net soos al die ander pre-moderne gemeenskappe.

    Miskien lees ek jou post verkeerd, maar die hele “blameer dit op die media” ding is iets wat ek verskriklik sleg opvat, want die musiek wat ek luister, die games wat ek op die PC en XBOX speel, die flieks wat ek geniet, van dit is, hey, nie familievriendelik nie. Surprise! En ek sou raai dat daar nie ‘n mark sou wees vir 2-16 flieks indien niemand hulle gaan kyk het nie.

    Ek verstaan jy bedoel dit is ‘n _bykomende faktor_, maar ek verwerp selfs daardie aanname. Dit is sinneloos, die media het omtrent geen invloed op jou aksies behalwe om jou aandag na die skerm toe te lok nie.

    Bleh, hierdie het my sommer in ‘n slegte bui geplaas, en nou is my break verby.

    Reply

  10. Ja ek stem saam met Peter. Dit was definitief nie die duiwel nie en nog minder die musiek wat die oukie geluister het. Slipknot het miljoene fans. Die lirieke is dalk nie oor die maanskyn en rose nie maar as dit die rede is hoekom hy dit gedoen het dan moes die hele wereld lankal in anargie verval het.

    Mense is in beheer van hulle eie lewens en hulle moet leer om self vir hulle dade pa te staan. Geen bonatuurlike rooi mannetjie het enigsins ‘n invloed op jou lewe nie. Dis jou eie gedagtes wat jou oorreed om so iets te doen…

    Daar het obviously iets groot fout gegaan met hierdie kind terwyl hy grootgeword het maar kom ons soek liewer die probleem nader aan die huis.

    Reply

  11. Jy kort ‘n ekstra “s” ;)

    Ek stem met julle saam – dis ‘n bietjie belaglik om die musiek die skuld te gee. Daarom is ek bly Peter sien raak ek bedoel dis ‘n bykomende faktor.

    Onthou egter – dit help nie jou siteer die voorbeeld van duisende mense wat nié moord pleeg soos hulle gunsteling metal-lirieke dit beskryf nie. Insluitende jouself en jou vriende.

    Wagner? Dalk vergeet jy van die klassieke- sowel as heavy metalmusiek wat tydens WWII vir troepe gespeel het terwyl hulle aangeval het. Ek dink jy sal hierdie stelling van jou moet heroorweeg:

    die media het omtrent geen invloed op jou aksies behalwe om jou aandag na die skerm toe te lok nie.

    Besef jy jy het sopas die hele advertensie-industrie null en void gerender? Sowel as die selfbeeldprobleme van meisies met anoreksie? Die media is ‘n uiters kragtige stuk gereedskap wat nie net ons idees omvorm nie, maar ook ons fisiese gewoontes. Jy’t hierdie comment getik in ‘n browser wat ‘n baie groot deel van jou lewe speel. ‘n Swetterjoel metafore en kulture het ontstaan slegs vanweë die media.

    Niemand blameer Slipknot vir Harmse se aksies nie. Die woord “aanvuur” gebruik ek juis soos vir die musiek wat soldate in WWII tydens skermutselinge geluister het. Al bou dit net adrenalien op, het dit alreeds ‘n invloed gehad.

    (Hoe gaan dit by die werk??)

    Reply

  12. Oi ek wou nie reageer op hierdie een nie maar wag…my klip in die bos…’n Byelversie en dan ‘n paar vrae, sommer aan almal.

    Lukas 9:38 – 41…”Meteens roep daar ‘n man uit die skare: ‘Meneer, ek smeek U, kyk bietjie na my seun. Hy is my enigste kind. ‘n Gees pak hom onverwags beet, dan gaan hy skielik aan die skreeu en hy kry stuiptrekkings en ook skuim om die mond. Die gees hou aan om hom te verniel en laat hom nie maklik weer los nie.’…Terwyl die seun nog aankom, gooi die bose gees hom op die grond neer en laat hom hewige stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onrein gees skerp aangespreek, die kind gesond gemaak en hom aan sy pa teruggegee.”

    Kom ons vergeet vir ‘n oomblik die Harmse insident, en maw met geen verwysing daarna nie; glo jy die bogenoemde Bybelverhaal het werklik histories plaasgevind? Glo jy dat Jesus hier werklik ‘n demoon uit die seun gedryf het of het Jesus iets soos “die gekluisterde sinapse in die seun se benewelde brein” herstel / genees. Glo jy dat hierdie storie en hierdie insident wetenskaplik verifieerbaar behoort te wees – en of die wetenskaplike verifieerbaarheid daarvan die geldigheid van betrokke historiese gebeure sou beinvloed? Laastens, glo jy in demone?

    @ Peter…wil nounie ‘n pyn in die dinges wees nie maar definieer assseblief vir my barbaars en pre-modern…dis hoogs problematiese terme.

    (as ek mag, ek dink die probleem met die sinskonstruksie is dalk die dubbele intensiewe vorm ;-) ).

    Reply

  13. (maak ek daar ‘n fout wat ek gereeld terregwys…skies…laaste vraag-gedagte: glo jy aan die bestaan van demone)… ;-)

    Reply

  14. Sonder om ooit mooi daaroor te dink, het ek ook ‘n kleintjie dood aan wangedrag of dat iets so erg soos hierdie so maklik aan buite-oorsake toegeskryf word, en nie aan die persoon self nie. Al is die persoon ook versteurd moet ‘n mens tog op ‘n sekere vlak verantwoordelik gehou word vir jou dade. Ja-nee, die media het ‘n “field time” met die satanisme storie. Sommer lekker advertensie vir DIE ook.
    Ek het al gewonder of sommige mense nie inherent “sleg” is nie. Ek het een dag met ‘n kind (voorskoolse ouderdom) te doen gehad wat terapie gekry het (ek is nie ‘n terapeut nie! … behoede arme mense wat onder my hande deur sou moes loop!). Die seuntjie het al wat ‘n plaasdiertjie wat klein genoeg was nek om gedraai of selfs gemartel. Ek moes ‘n kuikentjie uit sy hande red, ongelukkig te laat. Nee wat, al wat ek gevoel het, was “sluit op en weg”!! Dit is waarskynlik nie wat ‘n mens moet dink nie.
    - Oor media: Ek kyk Sewende Laan. Moet ek daaroor bieg? :) Ek verbaas my altyd hoe hulle karakters se beeld kan verander en jou gevoel teenoor hulle, so subtiel dat ‘n mens dit nie eens behoorlik agter kom nie. Ek weet nie of ek “gullable” is nie, maar ek kan voel hoe dit met my gebeur, al is ek bewus van die konkelry.

    Reply

  15. Duskant – Glo ek die gebeure het werklik plaasgevind? Na alle waarskynlikheid, ja. Glo ek dit was demone? Nope. Ek scheme dit was epilepsie of iets in der voege. (Ek was nie daar nie en kan dit natuurlik nie bewys nie, maar dis my raaiskoot.) Die mense daai tyd het bloot net nie die woordarsenaal gehad om dit te beskryf soos ons vandag kan nie, vandaar die blaam op duiwels.

    Dink ek demone bestaan? Behalwe wanneer my bygelowige sy my onderkry, nee. Maar then again, ek kan niks bewys nie, en die waarheid is soms vreemder as fiksie. (Dalk moet ek meer The Screwtape Letters lees ;) )

    Glo jy dit?

    Annerkant – Nah, Sewende Laan is ‘n goeie sepie. Ek het al in die verlede daaroor geskryf.

    Reply

  16. Mmm…Ek glo defnitief dat dit plaasgevind het en dat die Bybelteks ‘n histories-geloofwaaridige weergawe van die gebeure daardie dag is. Wanneer ek dit dan sê, kan ek nie anders nie as om konsekwent te wees en te aanvaar dat Jesus daardie dag nie ‘n siektetoestand genees het nie maar wel een of ander buite-menslike werking. Anders sou Jesus mos – in Sy bomenslikheid – geweet het dis nie ‘n bose gees nie en welke siektetoestand op die naam aangespreek het – soos Hy by elke geleentheid elders in die Bybel gedoen het.
    Glo ek in die bestaan van “demone”?. Wel die woord demoon is dalk bietjie van ‘n pop-kultuur bangmaakwoord deur mense soos oom Rodney Seale gebruik om ons van Thundercats, die Turtles en AC/DC weg te hou maar ek is geneig om in die bestaan van bose geeste (van soorte) te glo. Weereens, indien ek die Bybel en die Nuwe Testament as histories korrek aanvaar moet ek konsekwent wees in my benadering en kan ek nie die feit ignoreer dat daar, behalwe genoemde voorbeeld, meer as 15 keer in Lukas na die uitdrywing van bose geeste verwys word in nie. Nog ‘n bekende voorbeeld:
    Lukas 4:33- 35 – “In die sinagoge was daar ‘n man wat in die mag was van ‘n bose onrein gees, en hy het hard geskreeu: ‘Ha! Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet wie U is: U is die Heilige van God!’
    Maar Jesus het hom skerp aangespreek: ‘Bly stil en gaan uit hom uit!’ En die bose gees het die man tussen die mense laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.”

    Oor jou punt oor die woordarsenaal – daaroor kan ons dalk gesels… Die Hebreeuse taal het juis baie meer beskrywende woorde gehad – dalk nie ‘n die klassieke Westerse terme soos ons dit vandag ken nie, maar geweldig beskrywend. Daar bestaan bv. juis ‘n woord vir epilepsie wat as “vallende siekte” vertaal kan word – geensins dieselfde as die Hebreeuse woorde wat bose geeste beskryf nie.

    Reply

  17. Anders sou Jesus mos – in Sy bomenslikheid – geweet het dis nie ‘n bose gees nie en welke siektetoestand op die naam aangespreek het – soos Hy by elke geleentheid elders in die Bybel gedoen het.

    Selfs al aanvaar jy die hipotese dat Jesus bomenslik was, is bogenoemde nie noodwendig waar nie… onthou mense het nie van epilepsie geweet nie, trouens die woord het nie eers bestaan nie. Hy moes met mense in hul taal en verwysingsraamwerk kommunikeer om dinge vir hulle verstaanbaar te maak. Ek weet, want ek moet dieselfde doen vir studente in Rekenaarprogrammering 143 tuts :) .

    Reply

  18. presies. dis een rede hoekom dit my so frustreer wanneer mense bybelvertalings woord vir woord analiseer…hulle ruk soms die hoender in twintig rigtings gelyktydig…

    Reply

  19. Skoembs, lees my laaste paragraaf oor die bestaan van terme vir siektetoestande soos epilepsie…natuurlik het die term epilepsie nie bestaan nie want dis het in die Westerse geneeskunde tot stand gekom. Dit beteken nie dat die Hebreeuse volk geen kennis van siektetoestande gehad het – of nog erger – aan enige onverklaarbarheid die “bose gees” etiket gehang het nie.
    @ Johan, dit sal dom wees om die Bybel, veral die Hebreeuse en Griekse vertalings, nie woord vir woord te analiseer nie – juis omdat ek en jy dat vanuit ‘n Westerse kognitiewe construct lees en ons die gevaar loop om aannames soos hierbo, te maak.
    O ja, Skoembs, is die feit dat Jesus bomenslik was ‘n hipotese…of het ons hier volgens jou, met die sogenaamde historiese Jesus te make?

    Reply

  20. Hmm…ek praat eintlik van mense wat stukkies van ‘n vertaling isoleer en dan uit verband uit ruk deur hulle eie taal se semantiek daarin te probeer lees.

    Die historiese Jesus != die bomenslike Jesus. Nie noodwendig nie, in elk geval. Of mis ek nou iets?

    Reply

  21. van my baie goeie vriende was al op uitreike na vreemde plekke toe, en het deur die bank getuig van baie baie baie vreemde goed. ek glo verseker in ‘n bonatuurlike wêreld, na wat ek al verskeie kere gehoor het en selfs al op geleentheid op baie vreemde wyse ervaar het glo ek verseker ook in “positiewe” wesens wat ons nie kan sien nie (“engel”, nes “demoon”, is woes cliché) en die “negatiewes” ook.

    en al geniet ek my gawe van free will verskriklik baie; nes ek my baie oop kop, analitiese brein en soeke na nuwe en verbreedte perspektief ook as baie waardevol sien, gaan ek verseker nie myself toelaat om te kies watter dele van die Bybel vir my gemaklik is om te glo en nie te glo nie. ek verkies om nie lou te wees nie.

    Reply

  22. Duskant, dit is ‘n hipotese. Sommiges sien dit as ‘n feit, ander sien ‘bomenslik’ meer as ‘n tipe metafoor. Ek kan byvoorbeeld dink Usain Bolt is iets bomenslik, dis ‘n metafoor. Soos ek dit hierbo gebruik het verwys ek na die letterlike betekenis. My persoonlike siening is geheel en al irrelevant.

    Hope mense skryf dan vandag nog enige onverklaarbaarheid aan goed soos bose geeste, spoke en dies meer toe, dit is vir my heel waarskynlik dat die antieke Hebreërs dieselfde gedoen het terwyl soveel meer nog onverklaarbaar was.

    Reply

  23. cobus – ek het self al verskeie sulke verhale gehoor. my probleem is dat dit nog steeds nie bewys is vir bonatuurlike wesens nie. ja, ‘n klein dogtertjie kan skielik in ‘n vreemde stem sê: “los my uit” (of iets dergeliks) – dit beteken nie dit was ‘n demoon nie. daai betekenis sit ons SELF by. selfs al sê sy: “EK IS ‘N DEMOON!” is dit nog steeds nie genoeg bewyse nie, want niemand kan regtig in daai meisietjie se kop klim nie.

    that said, ek kan natuurlik ook glad nie bewys die bonatuurlike bestaan nié. ek’s nogal geinteresseerd in daai stories. kan jy ‘n paar onthou?

    @skoembs – presies. al LYK dit vir iemand asof ‘n klomp varke skielik besete is, beteken dit nie hulle is regtig besete nie. hulle liggame voer ‘n klomp motoriese aksies uit en hulle maak sekere geluide en lyk na iets – dis ONS wat self besluit om die betekenis van bonatuurlik daar by te las.

    myns insiens. en ek mag verkeerd wees.

    Reply

  24. @ Johan, jy verwys nou seker na:
    “…en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar. En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop – daar was omtrent tweeduisend – het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.”
    Tweeduisend varke…tweeduisen identies-motoriese aksies…
    en tweeduisend identies-uitgevoerde geluide…

    Slim varke, diè…

    Myns insiens ook, natuurlik.

    Reply

  25. hoekom as duisende mense op aarde goeie goed doen, dalk lewens red.. asgevolg van hulle verhouding met God word niks daarvan gesê nie en is dit vervelig, maar as een skool laaitie dit kwytraak dat satan glo met hom gepraat het haal dit voorbladnuus?

    Reply

  26. duskant – kan dit nie maar verklaar word met ‘n soort tropmentaliteit en / of groepspaniek nie? mense wat glasie-glasie speel glo byvoorbeeld vas hulle hande word gelei deur ‘n sekere mag, terwyl sielkundiges (en Penn & Teller op die heel eerste episode van Bullshit) bewys het dis eintlik heel normaal vir ‘n klomp mense om te dink hulle word deur iets gelei, terwyl hulle dit eintlik self doen.

    Reply

  27. johan, besef jy dat jy vreesaanjaend baie soos ‘n ateïs redeneer? :)

    Reply

  28. yup. dit beteken nie ek is een nie ;)

    ek is nogal nuuskierig oor daai stories? ek wil hulle nie analiseer nie, maar sommer net hoor.

    Reply

  29. studentekerk bloem het elke jaar ‘n uitreik Durban toe, en daar gebeur elke liewe jaar vrek vreemde goed. die voorspelbare goed soos klein fyn vroutjies wat in baie diep stemme begin praat die oomblik wat iemand begin bid, mense wat totaal uit karakter uit optree die oomblik wat die studente in die huis ingaan (of ‘n bybel oopmaak, sulke goed), meestal daai stuff wat jy baie gemaklik aan ander redes kan toeskryf :)

    een van die weirdste goed wat ek onlangs gehoor het is hoe, toe die studente in die familie se huis ingaan, die een vrou in ‘n mansstem, en totaal uit karakter uit (volgens haar man), hulle elkeen op die naam uit die huis probeer jaag het voor sy hulle ontmoet het, voor hulle ‘n woord kon sê.

    Reply

  30. scary stuff.

    praat mans ooit in vrouestemme?

    Reply

  31. Ek hoor wat jy sê, Johan…as daar een ding is wat geweldig kragtig werk in die mens se psige is dit suggestie so ek is met jou oor daardie een (die ander dag ‘n interessante artikel gelees oor onse Benny – daar is nogal baie mense wat beweer dat hulle nie in die spirit “geslain” is toe oom Hinn hulle agteroor laat val het nie, maar dat daar deurgaans aan hulle gekommunikeer is wat volgende gaan gebeur…soosin “Ok, you are going to fall now. Fall!”…en dan met ‘n geweldadige stoot op die voorkop…siedaar. Anyway, Hinn daar gelaat).

    Dit was seker heel moontlik ‘n tropmentaliteit wat uiteindelik gesorg het dat die varke in die see beland het – maar ek dink die stimuli wat hierdie trop-impuls gekataliseer het was ‘n bonatuurlike aksie – uitgevoer deur ‘n bonatuurlike Jesus. Indien ons hierdie aksie bevraagteken impliseer ons dat Jesus bietjie van ‘n bullshitter was. And that’s pushing it.

    Reply

  32. Om by Cobus aan te sluit – ek was op hoërskool in ‘n kerk waar een van die dames-ouderlinge, kom dit toe later uit, ‘n prominente Satanis was (titels soos “bruid van Satan” en “hooofheks’ is gebruik maar ek weet nie daarvan nie).
    Een aand met ‘n diens het daar spontaan iets in haar gemanifesteer en sy het soos ‘n klein dogtertjie gepraat, gebrul, en die volgende oomblik ‘n ses-voet geelhouttafel oor 5 kerkbanke gegooi (sy was so kort klein tannietjie). Ek onthou hoe 6 groot manne haar probeer vashou het maar sy het telkens losgebreek.
    Let wel – dit was voor enigeiemand geweet het sy is met die okkulte betrokke, so dit is nie as veskoning vir haar optrede voorgehou nie.
    Ek het in my hele lewe nog nooit so skrikwekkende ding gesien nie.

    Reply

  33. Lol, Cobus… ek dink baie van die wêreld se probleme sal opgelos word as meer mense soos ‘atëiste’ redeneer! Ek dink nogal Johan sal daai as ‘n kompliment beskou… ek sou :) .

    Reply

  34. wat ek wonder, is hoekom niemand vir hansie geglo het toe hy gesê het dis die duiwel nie, maar almal glo dié outjie?

    Reply

    Pixie Reply:

    ek dink regtig nie julle kan hansie se storie met morne s’n vergelyk nie, weet enige van julle regtig wat alles daardie dag gebeur het, ek glo nie want julle glo net wat julle in die media lees, die storie wat hulle se hy was op drugs is nie waar nie hy was deur 4 dokters ondersoek waarby daar geen tekens van drugs sigbaar was nie, ek se nog dit moet satanisme wees want geen mens wat nigter dink kan tot so geweldadige daad oorgaan nie, daar was satanisties goed in sy kamer gevind, maar wat ek wil weet is hoe ken mens so iemand uit ek meen hy lyk soos ‘n klein seuntjie wat geen vlieg kan skade aandoen nie hy het blykbaar sekere gebare gemaak waarby ek verneem het dit met satanisme te doen het kan iemand my hierop antwoord?

    Reply

  35. presies.

    Reply

  36. Cobus, klink my jy’t ‘n probleem met hoe ateiste redeneer?

    Skoembs, jy’t duidelik nie ‘n probleem daarmee nie! lol!

    Johan, ja jy redeneer heel rasioneel oor dinge. Soos ‘n wafferse freethinker! Sommige mense sal dit as ateisties beskou, bloot omdat jy jou denke toelaat om buite die norm-grense te beweeg en mense dus ongemaklik maak. Einstein het dit baie mooi verwoord:

    “Few people are capable of expressing with equanimity opinions which differ from the prejudices of their social environment. Most people are even incapable of forming such opinions.”

    Reply

  37. ek sien nou eers jou comment Christoff :) dis flippen waar though, einstein het verseker ‘n punt beetgehad. ekt nie eintlik ‘n probleem met daardie manier van redeneer nie, ek sien myself nogals as open-minded (don’t we all..) maar daar is verseker ‘n grensie in my kop waar ek nie graag verby dink nie. my geloof veroorsaak maar dat ‘n paar goed in pen geskryf is, en ek is gemaklik daarmee.

    ek sien wat jy bedoel though, free-thinking hoef nie ateisties te wees nie. hmmmm.

    Reply

  38. Cobus, dit is heeltemal verstaanbaar dat jy vir jouself seker grense stel, ek dink dit is op ‘n manier ‘n selfverdedigingsmeganisme. Jy voel skrikkerig om te veel oor sekere goed te dink, want wat as, net daaaalk, jy tot die gevolgtrekking kom dat die fondamente waarop jou wêreldperspektief berus effe wankelrig is. So iets kan jou nogal lelik ruk. In my ervaring is dit juis op die slegste moontlike tye wanneer ek oor hierdie dinge begin dink, bv. tydens eksamens, skripsies wat moet in ens!

    Dit is dalk gevaarlik op ‘n manier en so ‘n besef kan jou heeltemal onder jou alie skop, maar vir my is die alternatief baie erger – om deur die lewe te gaan met die nagging thought in my agterkop dat ek dalk net myself fool. Die stakes is net te hoog, veral as jy die moontlikheid in ag neem dat jy net hierdie lewe het en dat daar dalk niks hierna is nie. Daarom wil ek bleddie seker maak dat ek alles so goed ondersoek as wat ek moontlik kan. Dit is nogal skrikwekkend as ek dink oor hoe ek so 7-8 jaar terug oor goed gedink het en hoe ek nou doen.

    Btw, kamer 19 Wineroute FTW!

    Reply

  39. ok, eerstens, ken ek jou..? :)
    (en HELL yeah, wineroute 19 ftw!! donner ek mis daai plek)

    ek stem saam met wat jy sê. sekere mense is maar hardwired vir wonder, al is dit verby die goed wat in pen geskryf is. dan word geloof maar ‘n interessante woordjie.. om verby die wonder nogsteeds te ‘weet’ wat jy kies om te ‘weet’. dis hoekom ek nog nooit die analitiese aanslag van sommiges verstaan het in terme van geloof nie, jy kan dit nie rasionaliseer nie, dit was nooit ontwerp om gerasionaliseer te word nie. hel, dit was nooit ontwerp nie. die wonder daarvan is dat jy deur klomp papperige en hippe-esque byvoeglike naamwoordjie aangespoor word om te dink oor wat aan die ander kant van die “=” teken staan.. woorde soos “hoop”. en ek dig dit.. ek dink ons brein is tot meer in staat as om te redeneer. asof twyfel die wonder ons verantwoordelikheid maak om te hoop.

    en hoe de hel het ek al vir jarre reg onder “skoembs” gecomment sonder om te weet wie jy is?? :)

    Reply

  40. Jou naam staan onder myne in daai kasdeur, as jy onthou het om dit in te skryf. Lol, eintlik suck kamer 19 maar, met die geraas van die extractor fans en die boom voor die venster wat maak dat jou lig 24/7 aan moet wees om enigiets te kan sien. Om nie eers vir die ‘jar, maak oop die deur!’ all calls te praat nie ;) .

    Reply

  41. hahaha jaaaaa! eish. goeie tye.
    my gebrek aan dissipline was daai bleddie boom se skuld.. kon tot laatmiddag slaap, dan voel dit nog soos aand.
    het my naam ingeskryf ja :)

    Reply

  42. a nee a, ouens, kry gravatars!

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled