Meer gesprek, groter Pagerank. Almal voel beter.

Soos destyds genoem, is die Do Follow plugin op hierdie blog geïnstalleer. Dit verwyder rel=”nofollow” tags van nuwe kommentaar, sodat Google die skakel na jou webtuiste as legitiem beskou. Hoe meer kommentaar jy dus hier los, hoe hoër raak jou Google PageRank. Dis ‘n goeie ding om ten minste drie redes:

  1. Hier is meer gesprek – meer idees word uitgeruil en ons almal voel goed oor onsself
  2. Ek kry meer pageviews en voel goed oor myself
  3. Jy kry algaande ‘n groter PageRank, verhoog jou kans om raakgeGoogle te word, kry meer pageviews en voel goed oor jouself

Beter kan dit mos nou nie. Mits ek nie deur spam oorval word nie, sal dit ‘n permanente feature van gormendizer.co.za bly.

Post to Twitter

23 Responses to “Meer gesprek, groter Pagerank. Almal voel beter.”

  1. Iets nuuts! Sal gaan loer. Johan is ek die enigste ou wat nie weet hoeveel hits ens. ek kry op my blog nie? Dit is nou die laaste ding waaraan ek dink, alhoewel ek sien dat daar is paar mense in die blog wêreld wat baie waarde heg daaraan. Laat my wonder soms wat is diebelangrikste.
    Dalk moet ek so bietjie gaan op leer oor SEO.

    Reply

  2. Ek dink jy’s een van baie min. Persoonlik is ek te veel van ‘n geek (en effens van ‘n control freak) om nié te weet nie. Hits is nie noodwendig net ‘n manier om jou ego in check te hou nie (haha), maar ook ‘n goeie aanduiding van watter soort materiaal mense die meeste geniet op jou site, wanneer mense daarvan hou om jou te besoek, watter skermresolusies hulle gebruik en ander nuttelose inligting wat later dalk nuttig kan wees.

    Of dalk is ek net ‘n geek ;)

    Reply

  3. Ek hou van die ego gedeelte. Ek self is ook baie mal oor enige techie tools.
    Sal die een ook moet aanskaf.

    Reply

  4. weet je mijn schermresolutie?!
    aiai :o )

    Reply

  5. 1280×1024. En jy gebruik WinXP by die werk ;)

    Reply

  6. en ik zit veel te veel op jouw blog by die werk :o )

    Reply

  7. Gebruik jy nie aksimet vir spam nie? Is spam nie ook ‘n aanduiding van jou site se gewildheid nie?

    Reply

  8. :lol: Ek probeer nou aan ‘n voordeel dink vir die rede dat jy my skermresolusie weet? Hel dinge raak darem maar tegnies deesdae.

    Reply

  9. dat is misschien zodat hij het uiterlijk van zijn blog kan aanpassen naar de meest gebruikte schermresolutie?
    ik weet het ook niet hoor :o )

    Reply

  10. Dagsê Johan en bloggers.

    Jou nuwe blog is fenomenaal, mnr. Swarts.

    Groete,
    Frank Botha

    Reply

  11. Fixator – Inderdaad, maar soms glip daar ietsie verby. Ek weet nie so lekker van gewildheid nie, maar as dit ‘n aanduiding is, is ek belaglik gewild :p

    scienex – Dis nagenoeg die idee, ja. Plus dis leuk om te weet ;)

    Frank Botha – Baie dankie. Enige kritiek? Iets waarvan jy baie / min hou?

    Reply

  12. Johan, nee, sover is ek beïndruk met jou blog. Ek het selfs jou op my Skakels-lys geplaas.

    Frank Botha

    Reply

  13. Ah, baie dankie :-)

    Reply

  14. Sjoe Johan, jy moet fenominaal ge-eerd voel omdat jy op Frank se Skakels-lys nou eers is!

    Reply

  15. Bespeur ek ‘n stukkie sarkasme?? :p

    Reply

  16. Fixator, ek raak te oud om oor-en-weer met my medemens te baklei. Johan en ek het lankal die strydbyl begrawe.

    Frank Botha

    Reply

  17. Trouens, daar was nooit een nie.

    Reply

  18. Inderdaad. Wel, Johan, jy is altyd welkom daar by Daaglikse Dosis. Mag jy ‘n fenomenale Woensdag verder hê.

    Frank Botha

    Reply

  19. Die skakels lys wou nie werk nie en ek het drie browsers getry…ek’s seker kommin..

    Reply

  20. Ek’t ook nogal opgelet dit sukkel om raak te click. Frank?

    Reply

  21. Frank het ook so draai by my gemaak, maar boodskap vir Demoerin gelos. Ek is nou so bietjie verward met Frank. Hoop nie iemand is weer besig met streke nie.

    Reply

  22. Aag, hy soek seker meer hits.

    Reply

  23. Moet wees. Ek sien hy dra nogsteeds die shades. En sy site lees soos news24 se afrikaanse blosgs.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled