inKemba yami (Want ‘n noot maak alles beter)

Richard Catto het ‘n rukkie terug ‘n baie berugte inskrywing op sy blog gemaak (The White Afrikaner Christian – a Complete and utter train wreck fully on the road, nay highway, to hell – nou uitgewis). In hierdie inskrywing het hy uitgevaar teen alles wat hoegenaamd na ‘n koeksuster ruik en aangevoer hulle hoort in die see. Heftige reaksies het gevolg – ek herinner myself veral aan ‘n vurige debat op Bosparra, waar mense Catto net so erg beswadder soos hy hulle.

Catto se inskrywings hieroor, na my kennis – en ek weet daar is min mense wat my wil glo hieroor – is as satire bedoel na die Deon Maas debakel. Dat dit in swak smaak en uiters ontaktvol gedoen is, is egter nie te betwyfel nie. Catto moes van beter geweet het.

‘n Hele paar maande later sit ons met Morné Harmse, wat postal gegaan het met ‘n swaard op sy medeskoliere. Slipknot, ‘n sogenaamde nu metal band, se musiek word verdink – en hieroor is daar uitroepe van verontwaardiging. Hoe kan ons die media blameer vir ‘n individu se aksies? Hoeveel regte wil ons dan nog wegneem? Hoe kan mense so eng, so toé wees, so vinger swaai?

Die algemene konsensus oor Catto blyk te wees: hy is ‘n haatspreker. En ‘n bliksem daarby.

Die algemene konsensus oor Slipknot blyk te wees: hulle is ‘n band met vryheid van spraak, wat kan sing wat hulle wil omdat dit hulle goeie reg is en boonop onverantwoordelik is vir die invloed van hulle lirieke (reeds ‘n effens absurde stelling, omdat rockmusiek ‘n sterk motiverende element het – maar dis ‘n storie vir later).

Ek sukkel om hierdie kloutjie by die oor te kry. Wat is dan nou eintlik die verskil? Catto skryf ‘n etniese groepering moet totaal en al uitgewis word. Slipknot sing:

I wanna slit your throat and fuck the wound
I wanna push my face in and feel the swoon
I wanna dig inside, find a little bit of me
Cuz the line gets crossed when you don’t come clean

(Disasterpiece)

Toegegee, dis nie al waaroor hulle sing nie (en hoewel hulle temas hoofsaaklik wanhoop, wraak en verlies is, gaan nie elke liewe lied oor moord nie), maar dis daar. Catto sou dieselfde soort reaksie uitgelok het as hy net die titel van sy blog gepubliseer het.

Is Slipknot die oorsaak van Harmse se dade? Nee. Dit maak soveel sin soos om te sê Catto is die oorsaak van plaasmoorde. Wat ek egter nie kleinkry nie, is hoe dieselfde mense wat Catto se haatspraak uitkryt as onsensitiewe snert a la Qwelane, Slipknot s’n aanvaar onder die vaandel van vrye spraak. Moet ‘n mens geweld dan toonset om dit polities korrek te maak? Is dit hoekom Jacob Zuma se akoliete wegkom met daardie potsierlike liedjie oor ‘n masjiengeweer?

Inkonsekwensie extraordinaire, seg ek. Inkonsekwensie extraordinaire.

Post to Twitter

17 Responses to “inKemba yami (Want ‘n noot maak alles beter)”

  1. Wat my pla is, elke keer as ons Yesterday kyk en meer oor vigs omgee, of Tstotsi kyk en oor straatkinders begin omgee, dan prys almal die flieks omdat kuns glo die wereld ‘n beter plek maak. Of ons gaan aan oor hoe Tracy Chapman mense vir armes laat omgee of hoe U2 ons leer om meer lief te kry. Maar sodra ‘n heavy metal groep iemand dryf om moord te pleeg, dan het kuns skielik nie ‘n invloed nie, en is dit alles mense se eie besluit.

    Nie dat ek heiliger is nie. Ek is verslaaf aan zombieflieks.

    Ek mis iets in hierdie inskrywing. Jy verduidelik hoekom Slipknot se musiek aaklig is en al die wrede dinge wat hulle mense aanraai om te doen, dan se^ jy, “Is Slipknot die oorsaak van Harmse se dade? Nee.”
    Ek mis ‘n link daar erens?

    Reply

  2. :lol: , ek dink ek gaan ook nou begin al my vuurspraak toonset! Soveel as wat mens wil glo dat die woorde wel moontlik SO ‘n groot invloed het, kan ek net nie. Ons is elk geseën met ‘n brein, en die vermoë om keuses te maak. Ek is verslaaf aan skop, skiet, boomklim en emmers vol bloed movies maar ek het nie in ‘n massamoordenaar ontaard nie. Ek het ook met Metal grootgeword. Aan die ou einde dink ek ek het heel ok uitgedraai. Dit bly ‘n keuse oor hoe jy op enigiets reageer.

    Reply

  3. demoerin, ik denk niet dat het alleen een keuze is

    als de basis (vooral opvoeding) goed is kun je heel wat gewelddadige muziek, films en computerspellen aan zonder zelf ook gewelddadig gedrag te gaan vertonen
    (ik ben zelf met veel liefde en een heel pak normen opgevoed, ik heb heel veel slechte gewelddadige films gezien, heb heel wat trash metal, death metal en wat voor metal ook geluisterd en speel al jaren first person shooter games, maar ik zou mezelf toch willen beschrijven als een bijzonder vredelievend persoon)

    maar als je in je jonge leven niet genoeg liefde en moraal mee hebt gekregen, ben je denk ik meer vatbaar voor de (slechte) invloed van media

    in thailand is kort geleden het geniale spel grand theft auto uit de handel gehaald – omdat een jongeman van 18 jaar (student) een taxichauffeur (onbedoeld) had neergestoken in een poging het spel na te spelen
    ik denk dat ze beter even met zijn ouders hadden kunnen gaan praten

    of ga ik nu erg kort door de bocht? kan hoor :o )

    Reply

  4. bertus! – daar moet ‘n akkuut op die “die” se “e” kom. ek is taamlik seker slipknot was een van die stimuli wat harmse gehelp het om uiteindelik sover te kom om te besluit om die swaard te swaai, maar ek dink die situasie is veel meer ingewikkeld as dit. dis nie vir my ‘n eenvoudige geval van ‘n seuntjie wat iemand se keel gaan afsny het omdat ‘n liedjie hom beveel het nie, maar eerder ‘n komplekse wisselwerking tussen ‘n klomp dinge wat hom einde ten laaste oor die rand van morele judgement se glas gemors het (as ek by van wyk louw mag leen). dis egter ook, soos jy sê, ‘n bietjie verregaande om te maak asof die musiek glad nie ‘n rol te speel het nie.

    demoerin – ek dink scienex het ‘n punt beet

    scienex – ek dink jy’t ‘n punt beet.

    Reply

  5. Ek voel dat seker dinge kan ‘n mate van invloed hê op ons as mens, maar nie toetaal blameer word om vernatwoordelikheid te vermei nie. Harmse mag dalk al geryme tyd loop met onderdrukte woede en al wat Slipknot gedoen het was om net aan te help om tot die daad oor te gaan.
    Te veel vingerwys na ander. Ek is nie groot aanhanger van Slipknot nie.

    Reply

  6. dit was nog altyd vir my ‘n baie baie vreemde eienskap van die menslike spesie, dat baie van ons groot hoeveelhede genot daaruit te put om (baie realisties) te sien hoe ander mense doodgemaak en gemartel word. flieks soos Saw en Hostel maak klaarblyklik miljoene. logika sê vir my as jy daarvan HOU om te sien hoe jou ‘n wese van dieselfde spesie as jy gemartel word, doodgeskiet word, en op ander kreatiewe manier doodgemaak word, is daar iets onnatuurlik aan die gang. hel, dalk IS dit natuurlik, dalk is wreedaardigheid deel van ons genetika.

    ek figure net, as daai saadjie binne jou is, as jy dit wragtig GENIET om te kyk hoe ‘n mens net soos jy se keel afgesny word op televisie: is jy verskeer nader daaraan om dit ook te doen as iemand wat dit NIE geniet om dit op televisie te sien nie.

    Reply

  7. ditsem.

    mense maak die fout in gevalle soos hierdie om te dink daar’s een oorsaak en dan beredeneer hulle die oorsaak tot hulle blou raak.

    ek dink eerder die oorsake van elkeen – moor of nie moor nie – is verskillend. die wortel van die moord kan dalk (ek het geen opleiding in hierdie veld nie, so ek spekuleer nou maar) ‘n geweldgeen of ons dierlike natuur of hebsug of haat of wat ook al wees – maar dan dink ek die onthouding daarvan om actually die spreekwoordelike swaard te trek, kom van iets anders af. die super-ego, dalk, of godsdiens of ander norme wat vir jou sê dis “verkeerd” om iets te doen.

    Reply

  8. A South African science-minded blogger writing about the Krugersdorp violence, with reference to studies that have been made about music choice etc:
    http://ionian-enchantment.blogspot.com/2008/08/school-killings-in-krugersdorp.html

    Reply

  9. Goeie inskrywing. I like…

    Reply

  10. Ek is vandag regtig opstandig oor alles. Ek moes vandag Vereeniging toe ry maar het nie omdat ek myself nie vertrou agter die stuur nie. Hierdie inskrywing help nou nie juis die gemoed nie maar baie interessant. Dit was goed om weer hier ‘n draai te maak.

    Reply

  11. Dankie vir die persoon wat die study gelink het. Ek quote dit:

    Roberts et. al., therefore, conclude that there likely isn’t a causal relationship between heavy metal and troublesome behaviors – troubled teens are drawn to heavy metal, heavy metal doesn’t turn teens bad.

    Dankie. Ek weet ook hierdie is nie die enigste persoon wat tot daardie gevolgtrekking gekom het nie. Ek stem ook saam met hom. Johan, jy het GEEN grond om te sê dat musiek ‘n bydraende faktor is tot hierdie moorde nie.

    Reply

  12. Johan ons leef in die tyd wat die slang sy eie stert raakgebyt het en hy nie sal los totdat hy vrek, dis die tyd waarvan die Skrif praat dat reg as verkeerd beskou sal word en verkeerd as reg.

    Rev 10:6 …. that there should be time no longer

    Reply

  13. http://www.dieburger.com/Stories/News/18.0.802192648.aspx

    Pierre Eksteen begin my nou grensloos irriteer. Dit is nou dieselfde ou wat eerste heavy metal die skuld gegee het vir die moord – hy is glo ‘n jeugwerker of iets by die skool. Dit lyk vir my alte veel asof hy nou hierdie tragedie misbruik as sy persoonlike verhoog. Ek sou eerder ‘n lae profiel gehandhaaf het – is dit dan nie juis sy werk om daar te wees vir ‘outcasts’ soos Morne nie? Dink hy regtig so ‘n kind gaan gesels met iemand wat se sy musieksmaak is duiwels?
    Ek moet nogal lag vir die naam van sy gemeenskapsgroep, dit klink bietjie na ‘n David Brent-ism!

    Reply

  14. Peter Peiser – Jy van alle mense behoort te weet die wetenskap werk nie so soos jy dit nou hanteer nie. Morné Harmse se geval is nuwe data. Jy kan nie tieners van ander wêrelddele in ander omstandighede vat en besluit op grond van hulle reaksie is iets ook waar vir hom nie. Dit werk eenvoudig nie so nie. Jy hanteer wetenskaplike data nou asof dit die Koran is.

    Jy het ook duidelik nie die actual studie (wat in elk geval meer oor visuele beelde – maw musiekvideos en rekenaarspeletjies gaan) gaan lees nie. Ek haal aan:

    Music lyrics and videos might also have passive effects.36 and 37 Only a few experimental studies have been done, but these seemed to show desensitisation to violence after watching violent music videos in both the short-term and long-term.

    Selfs al het Slipknot net deelgehad aan ‘n desensitisation in Harmse se psige, was hulle musiek indirek deel van sy motivering vir manslag. Nêrens in daardie studie staan juis iets wat bewys dat die media geen effek op Harmse se swaardswaaiery kon hê nie. Meadon se post is tweedehandse inligting. En ek herhaal graag weer die eerste punt wat ek in hierdie comment maak – Harmse se geval is nuwe data.

    skoembs – Ek stem. Eksteen kan gerus meer soos Marilyn Manson wees, wat oor die Columbine shootings in Bowling for Columbine gesê het: “I wouldn’t have said anything. I would have listened to what they had to say, cause that’s what no one did.”

    Reply

  15. Peter – Die woorde “heavy metal” kom nie eers in daardie studie voor nie!

    Reply

  16. Ek ken nie vir Richard Catto se skrywes nie, en veral nie die satiriese inskrywing waarvan Johan praat nie, maar ek dink Johan wil die reaksie teenoor Richard se uitlatings en die teenoor die wilde lirieke van Slipknot met mekaar vergelyk. Niemand het nog daarop gereageer nie. ‘n Teer sakie? Ja, dit is baie makliker om objektief (of nie objektief nie) te bly wanneer dit nie te naby aan jou vel kom nie. As emosionele sake soos jou eie volk en kultuur aangevat word, waai die vonke maklik, en ‘n mens behoort veral dan afstand te neem … of moet ‘n mens? Dit is tog sekerlik jou reg om jou eie te wil beskerm, of nie? … maar dan moet ‘n mens waarskynlik erken wanneer jy subjektief en wanneer jy “objektief” is.

    Reply

  17. Annerkant – Ditsem. En ek dink jy maak ‘n baie goeie punt oor die dinge wat naby vir jou belangrik is en objektiwiteit. Moet ‘n mens altyd objektief bly? Ek weet nie…

    Almal – Bly by die punt! ;)

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled