Sal ons?

1. Kyk asseblief na hierdie foto:

2. Lees asseblief hierdie uittreksel uit 'n News24-berig:

Tbilisi – Russia sent hundreds of tanks and troops into the separatist province of South Ossetia and bombed Georgian towns Saturday in a major escalation of the conflict that has left scores of civilians dead and wounded.

[...]

The fighting threatens to ignite a wider war between Russia and Georgia, which accused Russia of bombing its towns, ports and air bases. Georgia, a former Soviet republic with ambitions of joining Nato, has asked the international community to help end what it called Russian aggression.

[...]

It was unclear what might persuade either side to stop shooting. Both claim the battle started after the other side violated a cease-fire that had been declared just hours earlier after a week of sporadic clashes.

3. Lees ook DJ Opperman se bekende gedig Vuurbees:

Vuurbees

Die buffel ken geen metafisika:
hy soek die soetgras
en die kuil,
hy sal die kalf karnuffel,
horings in sy vyand gra,
die koei besnuffel,
teen hael gaan skuil,
maar geen vrae oor môre vra -
die buffel ken geen metafisika.

Alleen die mens
tref in sy swerwe
tussen hede, toekoms en verlede
die spleet tot grotte
van die rede:
hy maak 'n mes,
‘n vuur,
skep gode,
dink aan sterf,
prewel gebede
em moet beswerend teen 'n muur
van sy spelonk die buffel verf:

die buffel van die metafisika:
die vuurbees in homself volg, buig of bars,
enduit sy drif en drome na,
en prikkels van die brein word piramides, Laaste Avondmaal,
wiel, chroom,
projektiele, produkte van atoom,
et cetera.

En voor sy besete blik
besef die enkeling
ontsteld
hy sal ook nie terugskrik
vir die alles-uitwissende slagveld -
stukkend lê alreeds
die Parthenon en Hirosjima
in die bose skoonheid van geweld.
Die buffel ken geen metafisika.

DJ Opperman (Dolosse, 1963)

4. Kyk nou die musiekvideo van Sigur Ros se Hoppipolla:

En vertel ons asseblief: sal ons ooit grootword?

This entry was posted in Mymering and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>