Wat dink julle van die nuwe Features Gallery? (As jy dit nog nie raakgesien het nie – dis die flitsende swart stukkie JavaScript hierbo.) Ek hou van die konsep, maar nog nie heeltemal van die styl nie. Pas gitswart?
Die images kon ek nog nie mooi maak pas in 'n wydte van 571 spikkels nie, aangesien my rekenaar nou totaal en al nutteloos is. Dit was toe nie XP nie, maar 'n hardeware fout. Of…um…iets. Vat so, Linuxprofete! Nie een van my hardeskywe se data is meer toeganklik nie. Ek tik hierdie inskrywing gou in HUMARGA (die rekenaargebruikersarea vir Letterestudente) en gaan nou slaap (nie in HUMARGA nie). Môre is dit weer tyd vir die weeklikse wonder van werk in eerstejaarsbreine instamp. Ek’s sommer lus en blog daaroor.
Van die os op die jas: die Tydskrif-projek het gefaal. Daaroor hopelik ook binnekort meer.
*edit* Internet Explorer 6 (en ek neem aan laer weergawes) render nie die bogenoemde JavaScript korrek nie. Die rede hiervoor is bloot dit: IE6 is 'n swak webblaaier met baie tekortkominge. Kry eerder FireFox. *edit*