Da Mario – die volgende 50 000 hits

Die immergewilde Da Mario – een van die min mense wat die woorde “NASA” en “boobies” suksesvol in dieselfde sin kan gebruik – het onlangs aangekondig dat hy nie meer gaan blog nie. Na 'n paar comebacks (wat nie comebacks was nie) wat selfs sy mees gesoute ondersteuners verward gehad het, het die GormenDIzer media-eenmanskap besluit om 'n onderhoud met hom te voer. Hier is wat hy te sê gehad het:

Beskryf Da Mario (die een van dmario.wordpress.com) asseblief in een sin. Gebruik baie komma’s indien nodig.

Daai ou is, met tye, 'n ander dam se gans.

Hoe en hoekom het jy begin blog?

Die Blou Bulle het deur die stad met die Curriebeker geparadeer en op Kerkplein het ek en Christa na die storie gaan kyk aangesien ek die rugby gelike het en sy vir Steve, wat ook 'n vinger in die paai gehad het iewers. Anyways, Steve het sy ding gedoen en eventually het ek en Cris, Steve en sy webmeester (Harvey), Frank Botha en so paar latte van either Afriforum of Solidariteit 'n paar biere gaan drink by Café Riche daar op Kerkplein. Toe, so tussen die gekuiery deur, het ek en Harvey oor 'n bier of twee aan die gesels geraak oor blogging en hoe mens 'n blog bedryf. Daai tyd was Steve se Spoegblok besig om lekker te groei en 'n hele paar van ons het gereeld daar uitgehang en gechat, die hele setup van blogging het vir my interessant geklink, ek het absoluut niks daarvan geweet nie en kon net die chat funksie op SSSB gebruik, so gevolglik het ek 'n blog begin. Selfverryking jy weet. Anyways, dit was die begin van alles, baie van die chatters op SSSB het later hulle eie blogs begin, Die Wosonki’s, Anja en René…. 'n hele paar. Ons het lekker oor en weer gekuier en ouens soos jy begin ontmoet wat onafhanklik van vriendskap op SSSB reeds geblog het. Daarna is ek met die blog deur so paar siklusse, 'n egskeiding, 'n statshoer fase en ook eindelose frustrasies!

Het iemand jou al voorgekeer en iets gevra soos: “Heeeeei…is jy nie daai ou wie se blog ek al gelees het nie?”

Uhmmm…nee, dit het gelukkig darem nog nooit gebeur nie! Maar ek was al by plekke waar mense my naam geken het en gevolglik gedink het hulle ken my uit dit wat ek geskryf het op my blog… Dis soms moeilik om die verskil in begrip te verduidelik van die “openbare” skrywer-jy en die “privaat” persoonlike-jy.

Met die uitsondering van Steve Hofmeyr is jy die Afrikaanse blogger wat gemiddeld seker die meeste hits per dag kry. Waaraan skryf jy jou sukses toe?

Mmmm…blog Steve nog? Anyways, sukses is relatief. Hoe meer sukses, hoe meer relatief! Lol… ernstig egter, in my Statshoer dae was die twee gewildste posts waaroor ek BAIE hits gekry het goed oor Fergie en Alizeé, ander gewilde search terms was “boobies”, “sexy girl” en goed soos “stunning/beautiful/gorgeous girl”. En dan natuurlik dinge oor verhoudings. Die “sukses” kan ek dus maar net opdra aan Google se search-bots en so paar pêlle wat gereeld 'n opinie kom los het.

Sal / sou jy ooit anoniem blog?

Ek het al daaraan gedink omdat ek moeg was vir die beeld van die Openbare Persoon wat ek geskep het, (en ek het actually ander dormante blogs), maar wat is die nut? Jy sien, as ek anoniem wil blog omdat ek byvoorbeeld die wêreld wil oortuig ek is nie werklik 'n womeniser nie, hoe gaan dit help want ek sit dan nie my eie naam daar neer nie?! En anyways, gee ek werklik om wat die wêreld dink? So nee, ek glo nie dis 'n roete wat ek ooit sal loop nie, ek like dit nogal dat mense weet wat dit is wat EK dink.

Het jy al geld met jou blog probeer maak?

Nee glad nie, ek dink nie dis 'n goeie idee vir 'n persoonlike blog nie.

Tot watter mate beïnvloed jou persoonlike lewe dit wat jy skryf?

Geweldig baie, maar nie noodwendig altyd in dieselfde mate nie. Jy sien, soms is dit wat ek skryf ligsinnig of net losweg gebaseer op werklike gebeure (om dit nie te persoonlik te maak vir die ander betrokkenes nie) en soms gaan dit net oor MY, oor hoe EK voel. Dit is egter iets wat ek graag in die toekoms sal wil verander, daai blog behoort baie minder my bitch- of brag-plek te wees!

Het jy 'n etiese kode met betrekking tot dit wat jy skryf?

Ek glo graag so ja. Ek hou nie daarvan om comments te delete nie, ek gee mense graag dieselfde mate van vryheid tot 'n opinie as wat ek vir myself wil hê en soms as hulle mekaar begin aanvat is dit moeilik om nie persoonlik betrokke te raak nie, veral nie as beide partye dan vir jou kwaad raak omdat hulle dink jy stel iemand anders se vriendskap bo hulle s'n nie…. Verder sal ek net probeer om binne die normale grense van ordentlikheid en verantwoordelikheid te bly, my grense…. en hopelik ootree ek in die proses nie te veel ander mense se etiese kodes nie!

Jou gunsteling header tot dusver?

Oi, daar was al so baie…. Maar ek dink die huidige ene, daai ogies. Dis net Beautiful…

Was jy al een van daardie mense wat comments op ander blogs net om verkeer na hul eie blog te kry?

O ja verseker, veral in daai Statshoer fase! Dis 'n trick wat heel lekker kan werk…

Wie is jou gunsteling blogger? Hoekom?

Dis 'n moeilike enetjie, mens lees tog heelwat blogs juis omdat daar op almal iets is waarvan jy hou, maar NetJane, DieGestorweSoldaat en GertGariep is drie van my gunstelinge. Jane omdat sy intelligent en onpretensieus is met 'n goeie sin vir humor en 'n jaar lank in Swede gelê en huisvrou speel het, DGS omdat hy sy standpunt oor 'n saak so interessant kan verwoord en dit nie persoonlik opvat as ek met hom verskil nie, omdat hy openlik ligsinnig verkondig (en dus my sentiment deel) oor hoe oulik hot girls en mooi tieties is en oor daai diep en eina kopwurms wat hy soms skryf. En dan Gert oor daai skryfstyl en sonderlinge sin vir humor waarmee hy sy verhale deel.

Wie is die mees irriterendste blogger in die geskiedenis van die heelal?

Frank Botha.

Jy het onlangs aangekondig dat jy klaargeblog is, maar het jouself intussen weer tot die sleutelbord gewend. Wat moet 'n verwarde Da Mario-aanhanger hiervan maak? Are you coming back?

O jinne, daai was 'n moeilike besluit… Die ding is, ek wou voorheen al ophou blog, deels uit frustrasie en deels omdat ek moeg was vir die image wat ek van myself create het. Blogging het vir my al deur 'n paar siklusse gegaan, eers het ek dit gedoen omdat dit lekker is, toe begin ek fokus op hits en toe kom die siklus van “oraait, wat nou verder?”, en toe veroorsaak 'n sameloop van omstandighede dat ek 'n impulsiewe besluit neem om op te hou blog. Ek dink wat ek dalk eerder moes gedoen het was om 'n blog-vakansie te vat, die doel van my blog te heroorweeg en die ding dalk net omskep in iets anders. Ek dink wat 'n verwarde aanhanger dalk daarvan kan maak is om te weet dat ek tipe van terug is, maar nie heeltemal soos van ouds nie, dinge sal so bietjie verander….geleidelik… die volgende 50 000 hits hoef nie in 4 maande te kom nie!

This entry was posted in Blogging and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>