Re: die wasgoed in blogland(sic)

In dieselfde asem moet ek noem hoe oulik LitNet se blogs nog steeds vir my is. So 'n Wielie-Walie tipe oulik – iets wat my laat dink aan 'n klomp kindertjies met Downsindroom wat met die president probeer redeneer. En elkeen dink hy’s staatshoof.

Daar is al wéér 'n bietsfaait oor wie nou eintlik die nommer een blogger met die groot trefslagvool moet wees. Hierdie keer is LitBloggers klaarblyklik ontstoke oor Vroueslaner, wat in sy nuutste aflewering stipuleer dat hy “die nyd van die bloggers op die hals haal omdat [sy] blog die ‘meeste gelees’ en ‘meeste kommentaar’ lysies haal”.

Is dit net ek, of het dit so 'n geur à la die briewekolom in Die Burger? Maak dit regtig saak of jy die meeste trefslae in die wêreld kry en 'n fooitjie daarvoor ontvang om vir jou kar nuwe rims te koop, of gaan dit veeleer oor die kwaliteit van jou inhoud?

Laaik, LitNet bru’s…wake up. Nobody cares. Steve 0wnz0rz julle almal.

This entry was posted in Blogging and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>