Ribbebeentegnologie

Te gereeld nog word daar aangevoer dat die man bo die vrou geag moet word, omdat Adam eerste geskape is en Eva daarna uit sy ribbebeen aanmekaargeflans is. Die retoriek is gewoonlik 'n skertsende: “ja, Adam was immers eerste [goedige laggie / teug 'n bietjie Sondagwhiskey]“.

Watter onsin.

Ek gaan nie probeer verduidelik hoekom ek persoonlik daarvan oortuig is dat Adam en Eva nooit bestaan het nie (gaan lees self die Gilgamesh epiek as jy tyd kry). Dis in elk geval 'n geykte onderwerp waaroor daar gewoonlik genadeloos vanuit vaste standpunte geargumenteer word – en dit sal onsensitief wees van my om op iemand anders se oortuigings te probeer m0sh. Bowendien is daar 'n veel eenvoudiger, genuanseerde argument.

Case in point:

Die bostaande is 'n foto van die DX4 variant van Intel se 80468-prosesseerders wat teen 100 Mhz funksioneer. Onder andere bevat dit 'n geïntegreerde FPU, 'n 32 bit databus, 'n hele paar KB cache en die vermoë om tot 4 Gb RAM te adresseer. Teenoor sy voorganger (die 80368) is die 486 DX4 blitsvinnig. Dit kan meer instruksies per sekonde uitvoer, dit kan Quake speel, dit kan Windows 95 hardloop. i486′e is vir die eerste keer in 1989 vervaardig. On. Ge. Frikkin. Looflik.

Dit is, tot jy die horlosie vorentoe draai na 2008. Die bostaande is die Q9550 – 'n variant van Intel se Core 2 Quad verwerkers. Dit het vier cores wat elkeen opdragte teen rofweg 2830 Mhz (2.83 Ghz) uitvoer. Die Q9550 kan vier berekeninge op dieselfde tydstip uitvoer en gebruik miljoene transistors wat 'n skamele 45 nanometer wyd is en op 'n blokkie kleiner as jou vingernael pas. Tog is dit geskoei op die einste tegnologie wat ontwikkel het sedert die 80486: daar is steeds cache – nou is dit bloot 'n monumentale 12 MB L2 cache. Dis 'n 64 bit verwerker, kan steeds floating point operations doen en steeds 4 GB RAM (veel meer, eintlik) adresseer. Good grief, as jy regtig wil, kan dit Quake1, Quake2, Quake3 en Quake4 sonder enige probleme gelyktydig hardloop.

In vergelyking met die 80486 is dit 'n god.

Die punt?

Net omdat iets chronologies ná iets anders verskyn het, veel meer elegant is en sonder probleme kan multitask, beteken dit nie dis minderwaardig nie.

This entry was posted in Godsdiens, Tegnologie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>