Linux – laai op, laai af

Tans multiple boot ek met XP, Vista en Kubuntu – en ek is nie vreeslik lus om laasgenoemde op te hou nie. Ek is seker dis nuttig as jy 'n server aan die gang probeer hou, maar vir my doeleindes is dit effens nutteloos. Die gewilde Cinelerra is power in vergelyking met Vegas, Audacity het nie naastenby die funksionaliteit van Audition nie en die GUI lyk soos Windows 3.1 met gloss. Amarock en al die ander oulike programmetjies wat jou images oopmaak en jou musiek vir jou speel, voel en lyk soos die produk van 'n klomp amateurontwerpers wat besluit het om die wiel van vooraf te ontwerp. Sommige grafiese effekte, hoewel dit oulik lyk, is selfs irriterend – soos windows wat teen die bokant van die skerm dock en dan daaraan “vassuig” of wobble as 'n mens dit ronddrag.

Die Linuxprofete wat my omgepraat het om Kubuntu te probeer, het veral daarop gehamer dat alles net weeeerk – jy install dit en alles weeeerk (net so, met vier klinkers). Wel, Kubuntu wil my nie toelaat om multiple monitors te gebruik sonder dat ek eers 'n ton forums besoek het nie. Dit weeeerk nie net nie – dit ís werk.

Ugh.

Next stop: Leopard.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>