Wanneer spectral graphs nie genoeg is nie en woorde oor Vista beteuterd rondval

Soms maak dit meer sin om na Avril Lavigne te luister en Aero te bewonder as enigiets anders. Dan wil ‘n mens die prag van ‘n goed vervaardigde album deur jou vingers laat gly tot op ander mense se skerms, maar jy kan nie. Want jy kan nie panned distortion in visuele stimuli omsit nie.

Dis in sulke vreemde oomblikke wat ‘n mens besef dat jy nooit gelukkig sal wees as iemand eendag ‘n wêreldwye verbod op musiek sit nie.

Desnietieenstaande. Hierdie inskrywing gaan eintlik oor Windows Vista.

Vista is glad nie so sleg soos almal (insluitende ek) dit uitmaak nie. Dis nié beter as Leopard nie – daaroor is daar nie veel van ‘n kompetisie nie. Maar dis glad nie ‘n vrot bedryfstelsel nie. Ek moet seker byvoeg dat ek ‘n uiters vinnige verwerker en (vir nou) 4 GB RAM het wat self teen ‘n redelike skaflike klokspoed hardloop. My Windows experience index is deur die bank 5.9, wat seker bydra tot my positiewe ervaring van die sisteem. Steeds – ek vind die koppelvlak (ugh, wat ‘n aaklige woord vir interface) taamlik intuïtief en die algehele look and feel daarvan (sodra die irriterende security prompts na elke liewe aksie vir goed afgesit is, in elk geval) heel leuk.

Ek is seker daar is baie goeie argumente teen Vista. My gunsteling argument in Microsoft se guns is bloot dit: hoewel Vista eintlik maar net ‘n oorgroot, opgetofde weergawe van Windows XP is, het dit ‘n sublieme nut wat opmaak vir al sy middelmatigheid. Ek het Quake III se alombekende demo4 in Windows XP getimedemo en net so oor die 400 fps daaruit gekry. Toe doen ek presies dieselfde Vista en kry oor die 850 fps. (1000fps as ek na die vloer kyk.)

Sien? Vista r0x0rz.

Sodra ek dit in die hande kan kry, gaan ek Leopard, die nuutste Ubuntu en die nimlike Dos 6.22 op aparte partitions installeer. Leopard behoort pret te wees.

Nag, Avril.

[exeunt]

Post to Twitter

9 Responses to “Wanneer spectral graphs nie genoeg is nie en woorde oor Vista beteuterd rondval”

  1. Jippie – eks die eerste reply!!

    Johan – ek hoop jou nuwe genotboks bring vir jou baie plesier en dat julle jare saam goeies sal wees – NO MORE BLUE SCREENS!?

    Reply

  2. tx, man :-) hoe lyk dit, gaan ons vanaand amarula?

    Reply

  3. (van die os op die jas, ek love die nuwe volume controls in vista.)

    Reply

  4. Goed kom ek wees nou maar eerlik. Ek hou nie van Vista of eintlik hou ek sommer nie van windoze nie. Die rede is hulle is fassisties.

    Iemand vertel my MS het nou weer die beeindiging van XP se ondersteuning met ‘n jaar uitgestel want ‘n opname toon dat iets soos 73% van bestuurders sal dit oorweeg om na linux oor te beweeg as hulle nou geforseer sou word om na Vista oor te gaan.

    Reply

  5. fassisties?

    Reply

  6. Kort jy nie ‘n Apple om Leopard te run nie? Of is daar maniere om dit? Oor Vista: Ek het jou mos gese!

    Reply

  7. hehe, jy kort inderdaad ‘n mac. maar daar is al ‘n lang geskiedenis van mense wat mac os crack en op pc’s run en ek brand al lank om dit te probeer.

    apple gebruik in elk geval vir ‘n geruime tydjie intel cpu’s vir hulle macs (die “super vinnige” macbooks het niks anders as core 2 duo’s nie), so dit behoort nie so moeilik te wees nie. drivers en support daarvoor is probably non existing, maar ek wil dit in elk geval probeer. net om te sê ek kan :-)

    Reply

  8. Fassisties ja, want Vista besluit sommer vir jou wat jy op jou rekenaar mag loop. Ek is volledig ten gunste daarvan om slegs wettige sagteware te gebruik, maar ek hou nie daarvan dat hulle sommer hulle neus in my sake kom steek nie.

    Reply

  9. Hmm…kan jy dalk meer spesifiek wees? Ek het nog nie so iets teëgekom nie.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled