#@%$#^&
Ek begryp dit nie. Al dink ek hoe hard daaroor, al lees ek hoe baie boeke, al vra ek hoeveel ander mense of hulle al hard gedink het daaroor en al gooi watter akoliete van welke godsdiens ook al my toe onder soms vreemde opinies, begryp ek dit nog steeds nie.
Hoekom is ek bewus van myself? Hoekom is ek so gemoeid met die aard van my eie bewustheid? Hoekom is hierdie aard teleologies – hoekom probeer my brein redes vir alles vind?
En hoekom op aarde kon nog godsdiens, nog wetenskap, nog filosofie nie ‘n antwoord gee nie? Al wat hulle bied, is beskrywings en spekulasie. Seg die godsdiens: dis jou siel (ja – en wat op dees aarde is dit?) Seg die wetenskap: dis ‘n byproduk van jou spesie se evolusie; dis daar omdat jou oerfamilie moes aanpas in ‘n sosiale konteks (ja – en hoe verklaar dit die actual bewustheid?) Seg die filosofie – dis Dasein; dis die menslike syn vir wie dit hoofsaaklik in sy eie syn oor sy eie syn gaan (…en?)
Ugh.


Bertus: Ek haal aan uit jou opmerking: “…die idee van “bewussyn”, oftewel ‘n generator van gedagtes.” Miskien lees ek dit buite konteks. Sal my nie verbaas nie want my kop is nou so deurmekaar.
Johan: goed so stem jy dus saam met my dat die bestaan van die bewussyn nie op wetenskaplike gronde bestudeer kan word nie?
Reply
Aha, Flippie thanks. Ek vermoed ek moet helderder leer skryf. Jy haal aan uit ‘n paragraaf waarin ek my mening gegee het oor hoe die misverstand ontstaan dat daar so iets is soos bewussyn wat gedagtes genereer. Die volledige quote, waarbinne dit meer sin maak, is:
“Ons brein wil altyd daardie skakel maak, daarom plaas die oermense vir Zeus of Ahoera Mazda bokant die wolke, want ons dink in taal en ons verwag intuitief dat enige werkwoord ‘n onderwerp moet he^. Net so maak ons met “dink”. Jy sien daar is ‘n klomp gedagtes. Nou neem jy aan daardie “dink” moet ‘n onderwerp he^, iemand afsonderlik van die gedagtes wat hulle veroorsaak. Ergo, die idee van “bewussyn”, oftewel ‘n generator van gedagtes.”
Reply
En as dit nog onduidelik is, ek het dus gese^ daar is nie so iets soos bewussyn wat gedagtes genereer nie.
Reply
hierso is 2 dudes wat meen hulle verstaan
http://www.philosophie.uni-mainz.de/metzinger/
http://en.wikipedia.org/wiki/Daniel_Wegner
Reply