Hierdie een gaan eintlik oor ninja’s in die middag, maar dis 'n vernuftige titel, eh? Nag van die NINJAAAAS! NRAAAAARGH!
Ewenwel. Die storie:
Gister stap ek koshuis toe om middagete te gaan eet (massaspyseniering ftw) en loop, soos gewoonlik, oor die rooiplein. Voor my, helder oordag, loop daar toe vier ninjas. Regtig. Met oranje gordels. Ek kon my selfoon vinnig uitruk om 'n kiekie te ontfutsel, maar toe hul supersoniese ninja-ore die shutter hoor, moes ek myself uit die voete maak. In die verbygaan het een van hulle – 'n meisie – my onkant betrap met 'n roekelose: “haaaaaaaaaaaaaai-JA!”.
Dis alles 'n waas, maar ek dink ek het haar versoek om tog meer oortuigend te wees. Maar ek kan nie lekker onthou nie. Die oomblik was net te veel:
NAG VAN DIE NINJAAAAAS! NRAAAAAARGNNNN!
