Pienk Zuit is altyd reg

Na 'n moedige geswoeg kon ek Windows XP nie aanpas volgens die genadelose spesifikasies van die Pienk Zuit nie. Sy opdrag was as volg:

Ek het 2 skerms, ek wil graag 'n taskbar bo en onder op beide skerms he^, met die horlosie in die linker bokantse hoek van die regter skerm se taskbar, en die Start knoppie regs onder op die linker skerm se taskbar. Elke skerm se onderste task bar moet net die programme wys wat op daardie skerm loop, nie die programme wat op die ander skerms ook loop nie. Screenshot asb.

Puntsgewys lyk my poging as volg:

Taskbar bo en onder op beide skerms - 75%
Horlosie links bo op regterskerm - 0%
Start knoppie regs onder op linkerskerm - 0%
Onderskeie taskbars wys slegs programme op die betrokke skerm - 100%
Screenshot - 100%

Die Pienk Zuit, blyk dit, weet regtig alles.

Ek wil egter steeds aanvoer dat dit moontlik is om al die bogenoemde in Windows te doen. Daar moet bloot nuwe kode vir die saak geskryf word (soos na alle waarskynlikheid ook eens op 'n tyd die geval met Linux was). Ek het egter op skool laas iets in C++ probeer aanmekaarslaan, so vir alle praktiese doeleindes verklaar ek Pienk Zuit die wenner van sy eie kompetisie.

DOH!

This entry was posted in Tegnologie and tagged . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>