Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet

Hoe’s hierdie vir 'n nuwe uitroep van verbasing:

Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet!

Dink net aan al die gebruike. As iemand onkant betrap word, hoef hulle nie meer “genugtig” te sê nie, maar bloot:

“Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet!” As 'n tannie in Texas gefnuik word deur 'n bandiet wat agter 'n kaktus uitspring, kan sy beswerend skree: “Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet!” En as 'n karnallie in Darfoer se huis opgeblaas is, kan hy sy argwaan openbaar deur te skree: “Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet!” Dit behoort selfs in Ashton 'n treffer te wees.

Dit sê makliker en alles. En dis so stylvol. Van een uitroep na 'n ander. Gietende gieters geel gragwater in Graaff Reinet!

This entry was posted in Taal and tagged . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>