Snare vir almal

Onlangs sit en bespiegel ek oor hoe belaglik duur Windows Vista is (Vista Ultimate kan oor die R3000 vreet), toe ek myself betrap dat ek besig is met ‘n ietwat vreemde redenasieproses – een wat baie mense volg wanneer hulle oor sagteware redeneer. Talle rekenaargebruikers soek sagteware gratis eerder as teen ‘n prys (daarvoor is die internet mos daar) en soveel van hulle raak, nes ek, omgekrap as Microsoft en ander groot maatskappye duur produkte uitrol. Dan meen baie iets soos Linux is ‘n beter alternatief, want dis gratis en in party opsigte beter.

Wat seker goed en wel is – to each his own.

Maar hoeveel van hulle sal kla oor motorpryse? Of dié van goedere soos musiekinstrumente en meubels, waar die sentiment telkemale: “goedkoop koop is duur koop” lui? Hoekom dring mense wat kla oor pryse soos Windows Vista s’n nie ook aan op open source karre of musiekinstrumente nie?

Gratis Stradivariusse vir almal! Gratis, soos bier!

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

14 Responses to “Snare vir almal”

  1. misschien omdat software niet tastbaar is? je hebt geen produkt waarin je jezelf kan vervoeren of dat je op kunt drinken, dus moet het gratis zijn
    daarnaast (je noemt het zelf al) zijn er gratis alternatieven
    en in een markt met gratis alternatieven is het in ieder geval verstandig om de prijs laag te houden :o )

    Reply

  2. Ek dink die ding is dat om ‘n nog ‘n kar of horlosie of skoen te maak kos materiaal en tyd en werk.

    Om die eerste Vista te maak kos werk. Dan om nog ‘n Vista te maak kos ‘n copy-en-paste.

    Dit voel net verkeerd om so baie vir ‘n copy-en-paste te betaal. Veral een wat dan vir jou allerly probleme gee en jou ‘n tyken maak vir kuberkarnallies (hackers).

    Maar ek stem saam, daar is niks fout met die konsep om te betaal vir sagteware nie. Inteendeel, as ek ‘n sagteware produk ontwikkel sal ek dit ook wil verkoop!

    Reply

  3. dat is ook waar ja
    maar… dan moet het niet te duur zijn :o )

    Reply

  4. Wel daar is die wat glo dat sagteware moet gratis wees, punt (Free Software Foundation). Ek hou van die idee, maar as dit dan nie gratis kan wees nie hoef dit ten minste nie so duur te wees nie. Ek gee nie om, om 50 dollar uit te haal vir ‘n goeie tekenpakket of so iets nie. Maar ,vat nou byvoorbeeld ‘n sagteware pakket teenoor ‘n handboek. My duurste tegniese handboek kos seker ‘n ordegrote minder as Windows en tog is die waarde wat ek uit die kennis van daardie boek vir die res van my leeftyd kan put baie meer as die nut van Windows vir die jaar of twee voor die nuwe weergawe weer uitgebring word. Dis tog duidelik nie reg nie.

    Reply

  5. Niemand forseer jou om dit te koop nie. Markkragte van vraag en aanbod gepaard met ‘n ietwat van ‘n monopolie veroorsaak dat microsoft hulle winste wil maksimeer en dis hoekom hulle dit teen daai prys vra, mense koop dit.

    lieak really.

    Reply

  6. Dalk is dit waar intelektuele eiendom inkom. Hoe lank het dit MS nie geneem om die die ding te ontwerp nie. Is seker dieselfde hoekom moet ek miljoene betaal vir ‘n Rembrandt. Is tog maar net verf op ou doek? Mense sal altyd kla met die wit brood onder een arm en bottel whiskey onder die ander.

    Reply

  7. ‘n Klompie jare gelede toe een van die (nou) verdwene, Kaapse geselsradiostasies nog bestaan het – die naam ontglip my nou – het die omroeper dié betrokke aand met ‘n wernemer van Microsoft Suid-Afrika gesels. En hulle het juis gal afgegaan oor roofkopieê wat van sagteware gemaak word.

    Ek het dadelik per e-pos my mening gelug: Sagteware kos eenvoudig té veel vir die Suid-Afrikaner se sak en daarom “roof” hulle liewer. (Terloops, dit was voor die dae van Linux en die legio, hedendaagse, gratis sagteware.) En my vraag was waarom “hulle” eenvoudig die Amerikaanse prys neem, dit teen die huidige wisselkoers verreken en sodoende die prys bepaal. Waarom dan nie die CD en bietjie papierwerk plaaslik druk nie? Dit sou dan tog aansienlik goedkoper wees en hoef nie ingevoer te word nie. Mense sal dan eerder koop as “roof”.

    Groot was my verbasing toe daar op die lug erken is dat al dié sagteware van Microsoft – ek verwys spesifiek na die “operating systems” – wel in SA gedruk en “vervaardig word!

    Maar, sê hulle, Microsoft kan nie bekostig om die sagteware goedkoper te verkoop nie, want dan sal mense dit uitvoer na oorsese lande…

    Wel, ek weet nie so mooi van daardie ene nie.

    Reply

  8. Vir solank as wat daar die vraag is, en daar obviously baie winsgewende kontrakkies met PC maatskappy is, sal ons ongelukkig deur ons ore betaal. Die mens is ongelukkig nie lekker gebou vir verandering nie. Almal ken Microsoft. Hoe seg hulle, skep terwyl dit reën, en MS skep by die emmersvol.

    Reply

  9. oujan – punt geselsradio?

    ek begrypy wel die issue met microsoft: hulle het met tyd ‘n monopolie vir hulleself geskep. daar is net 1 OS op hierdie planeet, en dis windows. natuurlik is daar alternatiewe (wie onthou nog os/2?), maar vir die onkundige publiek is dit al wat daar is – om nie te praat van al die sagteware, kursusse, selfs leefstyle wat rondom windows ontstaan het nie. sommige mense se daaglikse brood hang daarvan af dat hulle “rekenaargeletterd” is. telkemale beteken dit maar net hulle kan take verrig met ‘n microsoft office suite.

    dis seker hoekom mense so ‘n issue met die prys het. as daar ander OS’s was, kon ‘n mens bloot ‘n goedkoper een koop. maar vir die wêreld lyk dit asof daar net 1 is.

    Reply

  10. Einste – Punt Geselsradio! Dankie dat jy my geheue wakkergeskud het.

    Kyk, my argument is dat dit Microsoft net ‘n paar oulap kos om die CD te “sny” en die dun handleidingkie te druk. Dit kan nie duur wees nie. En ja, hulle moet ‘n wins toon om hul werknemers te betaal, maar mapstieks man, die wins hoef seker nie só groot te wees nie! Jy noem dat Microsoft Windows “Vista Ultimate w/SP1 – Complete package” ‘n mens meer as R3000 kan kos. En by plekke in Amerika verkoop dit teen $320, ander vra meer. As jy dus bloot dié syfer met 8 vermenigvuldig, dan kom jy by R2560 uit – gee of neem ‘n klompie Rand weerskante toe.

    Maar dit is nie regtig hoe ‘n mens na die prys moet kyk nie. Die vraag is: Hoe lank moet ‘n Suid-Afrikaner werk om dié sagteware te kan koop, en hoe lank moet ‘n Amerikaner werk? Die minimum, Federale loon wat ‘n persoon wat wettig woon in die VSA moet verdien, is (nou) $6.55 per uur. Dit wil sê, indien jy in iemand se huis werk, of die tuinier is, of ‘n klerk is, of busse bestuur, dit is die minimum loon wat jy betaal moet word.

    Dit beteken dus dat ‘n Amerikaanse huishulp wat die absolute minimum verdien, (bruto gesproke) net 48 ure hoef te werk om die sagtewarepakket te kan koop. ‘n Huiswerker in SA wat ‘n minimum loon van R800 per maand verdien, moet 3.75 maande lank werk om R3000 bymekaar te maak. (Ek gebruik huishulpe as voorbeeld, want dan kan ek min of meer appels met appels vergelyk.)

    Agt en veertig ure versus drie en ‘n driekwart maande se werk… Dit is daarom dat ek voel Microsoft doen Suid-Afrikaners ‘n onreg aan deur bloot die wisselkoers in te span wanneer hulle pryse bepaal.

    Reply

  11. jy maak baie goeie punte.

    Reply

  12. OuJan maak verseker goeie punte.
    en presies dieselfde met enigeiets wat nie in Suid Afrika vervaardig word nie.. die ene wat my die meeste knak is musiekinstrumente :(

    Meeste Amerikaners dink daar is net een nasie in die wêreld, en ek beginne wonder of hulle dalk ‘n punt beet het.

    Reply

  13. daar’s altyd kanada :p

    Reply

  14. Oujan maak baie goeie punte! Die gemiddelde Suid-Afrikaner moet baie langer werk om enigiets te bekostig, as die Amerikaner bv. Dit is sad, en definitief die tipe dinge waarmee die parlement hulle eerder moet besig hou.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled