Is hulle immuun?

Is dit net ek, of spot niemand ooit met ateïste nie? Daar is spotprente van Jesus, Muhammad, Boeddha – nagenoeg elke religieuse figuur te vinde. En Christene – good grief, daar is baie spotprente waar die onbenullighede van Christene uitgewys word.

Maar niemand spot ooit ’n ateïs nie.

Is iemand nie lus om ‘n nuwe spotprent te begin teken nie? Nie om ongeskik te wees nie, mind you – sommer in goedertrou, om die balans te herstel.

Post to Twitter

16 Responses to “Is hulle immuun?”

  1. misschien moeten we eerst bedenken waarmee we ze kunnen spotten/
    waarop we ze kunnen pakken

    Reply

  2. Ek stem scienex (as ek jou reg verstaan). Wanneer is dit oraait om met ‘n groep te spot? Wanneer jy self in die groep is? Wanneer die groep nie ‘n geskiedenis van onderdrukking het nie? Wanneer mense in die groep nie weet hoe om bomme te bou nie? Wanneer die groep obviously verkeerd is? Wanneer jou groep beter is as daardie groep?

    Reply

  3. Nog ‘n vraag: wanneer is dit oraait om te veralgemeen en mense is groepe te plaas?

    Reply

  4. Wag, voor julle my juis verkeerd verstaan. Ek bedoel nie iemand moet ateiste lelik wees nie – ek meen eerder sommer net so ‘n bietjie gekskeer. Nie met almal nie (nes dit puntloos is om alle Christene in ‘n spotprent te druk). Ek praat meer van die soort wat woes en spoegerig op jou kop skyt as jy iets durf sê wat “oningelig” of “irrasioneel” is. Daai rooigesig crusaders.

    Hulle is vir my snaaks :-)

    Reply

  5. hm je stelt de goede vragen, pienk zuit…
    alleen dat is niet wat ik bedoelde :o )

    personen of groepen bespotten moet altijd kunnen, wat mij betreft
    zolang je ze er niet (teveel) pijn mee doet, zolang duidelijk is wat je bedoelt (en je ze op die manier tot nadenken aan kan zetten) en zolang je ook het vermogen hebt jezelf te bespotten en te laten bespotten

    maar het blijft een tricky business natuurlijk

    Reply

  6. (Waar “oningelig” en “irrasioneel” heimlik beteken “jy dink nie soos ek nie”)

    Reply

  7. o o
    we praten door elkaar heen

    Reply

  8. Ek het geen probleem met grappies nie, ek stel bloot ‘n paar (nie-retoriese) vrae. Hier’s ‘n voorbeeld : dit word darem nou hopelik algemeen aanvaar dat grappies wat met die groep mense met swart velle spot nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die rede is meestal die geskiedenis van onderdrukking (dis baie meer sosiaal aanvaarbaar om met die groep met wit velle te spot). Nou wonder ek sommer hardop waar die lyn lê.

    Scienex, ek sal my Kaastaal moet opknap dat ek jou beter kan verstaan.

    Reply

  9. En hoe gaan jy nogal met ateiste spot? Dis juis die die punt, hulle het geen irrasionele oortuigings wat so maklik is om oor te spot nie.

    Reply

  10. Teken ‘n mannetjie, met klomp verskillende gelowe in die agtergrond (soos hoedjies, beeldjies, kruise ens) en in sy hande hou hy ‘n boek met die titel:

    How to NOT believe…

    of iets in daardie lyn. Dis die beste wat jy aan ‘n spotprentjie gaan kom ek dink.

    Reply

  11. Two cannibals are eating an atheist, and one says to the other, “Can you believe the way this guy tastes?”

    ——-

    An evil Atheist explorer in the deepest Amazon suddenly finds himself surrounded by a bloodthirsty group of natives. Upon surveying the situation, he says quietly to himself “Oh God, I’m screwed!!!!!.” There is a ray of light from heaven and a voice booms out: “No, you are NOT screwed. Pick up that stone at your feet and bash in the head of the chief standing in front of you.” So the explorer picks up the stone and proceeds to bash the living heck out of the chief.As he stands above the lifeless body, breathing heavily and surrounded by 100 natives with a look of shock on their faces, Gods voice booms out again: “Okay …
    .. NOW you’re screwed.”

    Reply

  12. leon – nee, maar hulle het juis. godsdienstige oortuigings is nie al irrasionele oortuigings op hierdie planeet nie. inteendeel. maar soos ek reeds gesê het: ek wil nie spot nie, ek wil sommer ‘n bietjie die gek skeer – en dit net met dié’s wat net so fundamentalisties is soos die fundamentaliste wat hulle in alle nietigheid in vertrap.

    pienk zuit – lol

    Reply

  13. sorry pienk zuit – ik kan moeilijk van jullie verwachten dat jullie mijn (kaas)taal gaan leren of opfrissen (opknap)
    ik dacht alleen dat het voor sprekers van het afrikaans niet zo moeilijk zou zijn om nederlands te begrijpen (zoals het voor mij niet moeilijk is om afrikaans te begrijpen)
    maar goed – dat is een heel andere discussie

    en johan maakt ‘n goed punt dat antwoord geeft op al jouw (niet retorische) vragen: als een groep verbonden is in/door fundamentalisme, dan mag je er toch zeker wel een beetje de gek mee scheren?

    Reply

  14. Ag ja wat! ek dink almal moet oor dieselfde kam geskeur word… En daar is ‘n irrasionalisme (is dit nou die regte woord) in almal en alles… ‘n Vraag… (hoop ek stel dit nou reg) Ateiste glo in niks nie… is dit nie maar ‘n geloof op sy eie wat hulle met alle mag (met verwysing na Mnr Bond)verdedig en vashou nie?

    Reply

  15. Niemand behoort imuun te wees nie. As jy die moed het om jou gedagtes te spreek, behoort jy ok te wees met gevolge, of dit nou bietjie tong in die kies gek skeer, sarkasme of ‘n openlike aanval van jou standpunt is. As jy bereid is om jou gedagtes/standpunte te opper, kan jy nie in ‘n hoekie gaan sit en salk as iemand jou wil bevraagteken nie.

    Reply

  16. So die een ateis kom in die bar in, en hy order ‘n drink.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled