“Hoe vermy 'n skrywer egter die subjektiewe in sy eie memoires?” -Hofmeyr, S. 2008
Hoé vermy 'n skrywer subjektiwiteit in sy eie memoires? Wel, hy proeflees dit gereeld. Hy onderwerp dit aan portuurevaluasie (gee dit vir almal wat hy ken en intelligent genoeg ag om te proeflees). Hy herskryf en verander dalk van fokalisator, peuter met die register van die teks, timmer aan die stylvlakmerkers, selekteer en kombineer gegewens op verskillende maniere en vra die betrokke onderwerpe hoe hulle self oor sy uitsprake voel. En dan herskryf hy weer.
En weer.
As hy nie kan nie, is hy nie 'n skrywer nie.
