Bloketiket – ‘n begin
Min is al in Afrikaans geskryf oor bloketiket. Ons ploeter nog voort asof ons ons opponeerbare duime gister eers ontdek het – gelukkig meermale met ‘n goeie skoot Calvinisme wat tot ons redding kom. (Jy kan sê daarvan wat jy wil; dit gee mense ten minste goeie maniere.) Die volgende is my gedagtes oor die onderwerp en, hoewel dit nie noodwendig gesaghebbend is nie, hoop ek iemand kan daarby aanklank kan vind. Dit sal lekker wees as ander bloggers ook kan begin deelneem aan die gesprek en hulle eie gedagtes oor die kwessie deel.
In geen spesifieke volgorde nie, hier is ‘n paar riglyne vir goeie blogetiket:
Inhoud
Probeer die versoeking weerstaan om iets kontroversiëel te skryf ten einde aandag of trefslae te kry. Gee jou lesers kwaliteit inhoud, eerder as niksseggende kwantiteit. Selfs al skryf jy uitsluitlik oor jou eie lewe is dit ‘n belangrike beginsel – net omdat iets met jou gebeur het, gaan dit nie vir ander mense interessant wees nie. Filtreer jou lewe; selekteer en kombineer die gegewens wat jy dink ander mense graag sal wil lees. En wees vrygewig:
- Link. Link. Link. Leer die korrekte sintaksis van ‘n HTML anchor aan. As jy ‘n blogger se naam noem, doen die moeite om dit in ‘n skakel na sy blog te omskep. Die internet het nie ‘n geslote kwota trefslae nie en jy is nie in kompetisie met ander bloggers daarvoor nie. Hoe meer links jy uitstuur, hoe meer behoort jy terug te kry.
- Link na jou nuusbronne. Iewers het ‘n joernalis (hopelik) baie moeite gedoen om sy of haar feite te verifiëer. Moet dit nie verkondig asof jy dit op jou eie ontdek het nie.
- Moenie skakels in nuwe windows oopmaak nie.
- Moet onder geen omstandighede teks se kleur verander om dit te beklemtoon nie. Dit lyk soos skakels en lei na frustrasie.
Neem jou lesers in ag:
- Proeflees voor jy publiseer. Hoe meer, hoe beter.
- Bywoorde is jou vyand. Kom tot die punt.
- Behalwe as dit jou forté is, bly weg van uitermatige lang inskrywings. Navorsing toon aan mense gaan dit in elk geval nie lees nie. Alternatiewelik kan jy ‘n more tag by ‘n lang inskrywing voeg (soos ek met hierdie een gedoen het) om lesers aan te moedig om tog deur alles te gaan.
- Paragrafeer. Niemand gaan jou teks lees as dit soos tien ton tofu lyk nie.
- MOENIE OP JOU LESERS SKREE NIE!!!! DISSIE COOLIE!!!!!! AL LYK DIT OULIK SAAM MET PRENTJIES VAN HONDJIES EN KATJIES IN PIENK GRAS!!!!!!!!!!!!!!!
Wenk: Skryf (behalwe as jy suksesvol agter ‘n nom de plume kan skuil) vir jou toekomstige baas. As jy eers op die “publiseer”-knoppie gekliek het, is jou woorde binnekort vir ewig (till world wide amish EMP-terrorists do us part) beskikbaar vir die hele wêreld. Waak teen ‘n lekker bekuitspoelsessie oor Maatskappy X en haar onbevoegde binnewerke – jy word dalk net eendag ‘n pos daar aangebied. Google het ‘n vreemde manier om ou koeie uit die sloot te sleep. (Goeie, geldige kritiek aangaande Maatskappy X is natuurlik ‘n ander storie, maar moenie verbaas wees as Maatskappy X jou eendag steeds nie wil aanstel nie.)
Kommentaar
Kommentaar is die lewensbloed van ‘n blog. Goeie kommentaar moedig gesprek aan, gesprek is ‘n katalisator om nuwe idees uit te ruil, nuwe idees lei tot nuwe inhoud, nuwe inhoud lei tot ‘n beter blogosfreer vir almal. ‘n Paar idees:
- Speel mooi. Moenie ‘n blogger se karakter afkraak as jy nie met sy standpunt saamstem nie. Moenie eers die standpunt afkraak as jy nie daarmee saamstem nie. No one likes a flamer.
- Moenie kommentaar los net sodat iemand jou blog sal besoek nie. Bly weg van “Haai daar, cool blog! Kom check myne uit!!”-boodskappies.Doen moeite om die inskrywing te lees en sinvolle kommentaar te los.
- Moenie kommentaar uitwis nie. Behalwe as dit eksplisiete haatspraak, spam of uiters irrelevante idees bevat, kan die uitwis van kommentaar mense vinnig ontmoedig om in die toekoms weer te kom lees wat jy skryf.
- As iemand antwoord, antwoord terug.
- Die lewe was nooit bedoel om ‘n bietsfaait te wees nie. Don’t make it one. Onthou onder alle omstandighede dat blogs altyd meer kan baat by nugter gesprekke as digitale pogings om jou ego te vergroot.
Grafika
Hou bandwydte in gedagte. Omdat nie almal ‘n ADSL-lyn besit nie, is dit nie altyd wenslik om elke dag ‘n massiewe foto op te laai nie (behalwe natuurlik as jy ‘n foto- of videoblog het). Probeer ook waar moontlik (waar kopiereg dit toelaat) grafika op jou eie webspasie laai. Dit resulteer normaalweg in ‘n vinniger webtuiste en leech nie ander mense se bandwydte nie.
- Gebruik grafika spaarsamig. Mense stel belang in jou woorde, nie jou über-micro met JPEGS nie.
- As jy genoeg webspasie het, probeer altyd twee weergawes van groot foto’s oplaai: een oorspronklike en een afgeskaalde weergawe. Sit die afgeskaalde weergawe in jou inskrywing en link dit om die beurt na die groot foto. Sodoende laai jou blog vinniger en wag jou lesers korter – wat altyd ‘n goeie ding is op die internet. (Mense kan gaan waar hulle wil in die kuberruimte; as een inskrywing twintig sekondes neem op alles te vertoon, is die kans groot dat hulle ‘n volgende een sal lees.)
- Wenk: Vind uit hoe wyd jou content area is en gebruik dit as ‘n maatstaf vir die maksimum wydte van enige grafika wat jy wil publiseer. (Myne is 571px; gevolglik is al my afgeskaalde weergawes van hoë resolusie-grafika 571px wyd.)
- Wenk: Dis nie nodig om kopiereg te skend om jou woorde met beelde te komplimenteer nie. Daar is verskeie gratis webtuistes met hoë kwaliteit stock footage. Probeer byvoorbeeld stock.xchng.
Daarsy. Meer het ek eers nie te sê nie, behalwe: elke outjie maak ‘n foutjie. As iemand kop verloor, is dit seker nie nodig om hom daarvoor te onthoof nie. Laat verdraagsaamheid seëvier. Los gerus bykomende idees via kommentaar as jy dink iets moet by hierdie lys bygevoeg word.
In my eie soektog na ander mense wat hieroor dink, het ek verskeie opinies teëgekom. Die volgende artikels is veral die moeite werd om te lees:
Metascene – Ten Tips for Building a Bionic Weblog
Ward-O-Matic – Etiquette for the blogging nation
Pete Babb – Blog Etiquette: Top 10 dos & don’ts


Haai daar, cool blog! Kom check myne uit!!
he he
Nee ernstig, baie insiggewende inskrywing! Ek stem veral saam oor die kwantiteit vs. kwaliteit aspek. Ek moet nou baie eerlik sê dat daar min blogmaniere is wat my so irriteer as nikseggende worsmasjien-inskrywings wat so uurliks geplaas word net sodat ‘n bloglink onder die “fastest growing blogs” hofie in die Wordpress Dashboard kan verskyn. Om van die plasing van massa-emailinhoud (wat in elkgeval die wêreld vol sirkuleer) nie te praat nie.
.
If you don’t have anything to say – don’t say (lees:show) it
Reply
oi. ek maak die fout van new windows links. sal dit moet regmaak, thx (en sorry).
Reply
“Gee jou lesers kwaliteit inhoud, eerder as niksseggende kwantiteit.”
hang af van die blog. my blog se uitgesproke doel is niksseggend. niksseggende kwantiteit rulz! wie gee tog om of enigiemand dit lees?
ek maak skakels in nuwe windows oop, want ek multitask. dit irriteer my on-ge-loof-lik as ek besig is om iets te lees, vinnig ‘n link volg en dan die bleddie ding wat ek besig was om te lees, verloor en weer moet gaan soek.
a picture is worth a thousand words. mense wat nog nie adsl het nie, moet dit kry.
Reply
Sjoe Johan dis nogal nuttige informasie. Daar is so paar dinge wat ek nou ook geleer het en gaan toepas. Dankie. (Ai hoe lekker is dit om weer dinge vinnig te kan tik hier.
)
Reply
maeree – moenie click nie – middleclick. of ctrol+click. of kry cooliris preview. dit los jou probleem op.
as jou blog se doel is om niksseggende kwantiteit te verskaf, dan is dit juis jou kwaliteit inhoud
Reply
Ek dink nog oor daai skakels in nuwe vensters!
Verder, wie steur hulle aan reëls in die vrye, virtuele wêreld van die internet? Gee ‘n blog nie juis uiting aan kreatiwiteit nie?
Ek stem oor die kwaliteit. ‘n Inskrywing wat dag na dag verskyn wat jou inlig die skrywer skryf eers weer Maandag, is mos spasiemors
Ydele, vroom drome oor kommentaar – interpersoonlikhede leen hulle aan commin-taar!
Reply
korrek
onthou, ek skryf hier oor etiket – dis nie reëls of gebooie of wette nie. dit kan gebreek word. oor die algemeen draai sake egter nie lekker uit as kommentaar verander in commintaar nie. ek streef eerder na ‘n hoë standaard en faal dan van tyd tot tyd as wat ek konstant ‘n lae een handhaaf.
maar emsie het mos nog nooit by almal aanklank gevind nie.
pasop egter dat jy nie ook idealisties raak nie. dit sou nice wees as almal kreatief is op die internet, maar die teendeel is gewoonlik meer waar. innovering is telkemale skaars.
Reply
Kyk hoe staan ek nou gekorrigeer
Definieer daardie “innovering’ asb? Op watter vlak sou mens dit wou sien? Inhoud, struktuur, infrastruktuur? Sou mens kon argumenteer dat SSSB, DD en Wat Kyk Jy toonaangewers is in hierdie verband? Saam met Harvey, wat min Afrikaans verstaan? Wat is dan nou ‘n kwaliteit, innoverende blog? Sedert SSSB gestaak is, sien ek nie ‘n enkele Afrikaanse blog onder die top 50 nie – nie dat ek Amatomu as die Alpha en Omega vir analise beskou nie. My vrae sinspeel moontlik op idealisme omdat hulle veronderstel jy beskik reeds oor ‘n definisie. Of dalk bestaan daar tog ‘n blikkie waarbinne mens aanvaarbare perke en norme vir die antwoorde kan druk?
Is dit nie interressant om te sien watter soort inskrywings die meeste aandag trek nie? Dalk ‘n weerkaatsing van ons Afrikaners se behepthede?
Hoe vorder jou skripsie
Reply
hmm…ek moet bieg, nou weet ek self nie wat ek daarmee bedoel het nie. miskien moes ek eerder die begrip “oorspronklikheid” gebruik het.
ek sou oorspronklikheid op soveel moontlike vlakke wou sien, maar dan is ek seker weer te idealisties.
SSSB en DD is ongelukkig nie baie innoverend nie. (Watkykjy is ‘n ander storie. Dis ‘n suksesverhaal op sy eie.) SSSB het van meet af nie eers webstandaarde in ag geneem nie. Die header was onleesbaar, die bladsy was soms 50kb of iets dergeliks (dis heeltemal te groot vir ‘n bl0g) en die advertensies was overpriced en onooglik. be honest – hoeveel keer het jy eers opgelet wat in daai advertensiekolom was?
die inhoud self was iets wat gewoonlik net aanklank gevind het by sy aanhangers. as ek nie van beter geweet het nie, het ek gereken die ou soek aandag. onthou jy sy sogenaamde f-woord tirade? what on farkin earth was that?
DD het SSSB net so gekopiëer.layout, styl, die lot.
ek dink nie noodwendig hits = sukes nie.
my tesis vorder stadig maar seker
Reply
Ek het SSSB min gevolg, en maar onlangs DD begin besoek.
Hits is beslis nie sukses nie, en baie verwar ook die aantal kommentaar (soos in hoeveelheid reaksies, eintlik eerder vergeleke met ‘n tradisionele kletskamer) as sukses. As mens byv. Wat Kyk Jy besoek is kommentaar maar skraps, maar die inhoud “oorspronklikheid”.
Gepraat van innovasie – ek dink dis haas tyd dat ek dalk iets aan my uitleg moet doen – ek het egter erger tydsbeperkings. Sal maar sien – ek moet dalk in iets soos “Wordpress vir Dummies” belê!
‘n Tesis het die neiging om sy eie gang te volg. Die ondersoeker moet so af-en-toe die leisels styf trek, anders hol die ding weg!
Reply
griff Reply:
October 21st, 2008 at 7:09 pm
WKJ se kommentaar word deur ons ge-moderate oor ‘n hele paar redes. Meestal ignoreer ons dit.
Reply
Verlos my tog van my onkunde asseblief. Wat of wie is DD?
Reply
Om IT te vat is oneties, dit werk op senuwees wat nie moet bestaan nie
Reply
flippiefanus – DD = daaglikse dosis.
aventer – ???
Reply
gaan niemand iets sê oor my cool pull quotes nie?
Reply
OK Johan daai “pull quotes” van jou IS baie cool.
Is se^ vir my daai tesis van jou vorder nie.
Dankie vir die DD verduideliking.
Reply
Ek hou daarvan as nuwe vensters oopmaak, dankie vir die Ctrl en kliek wenk!
Reply
Johan ek moet jou eksamen skryf, maar dit wat ek hier lees hou ek van. Ek gaan beslis terugkom en weer vir jou kom kuier en ek is baie bly dat iemand iets tog skryf oor blogmaniere. Hoogtyd. En dankie!
Terloops, die BP’s wonder wat van jou geword het.
Reply
Johan ek moet jou eksamen skryf. Ek meen ek moet nou eksamen skryf. Sorry vir daai vingerglips!
Reply
Johan, hoe kry jy daai cool pull quotes daar!!!
Reply
dis maar net html binne divisions (div-tags). right click my blog en view die source code om dit te vind.
of gaan loer hier: http://www.mandarindesign.com/troops.html#smallpullquote
daar’s nogal ‘n hele paar goeie wenke vir aanlynuitleg.
Reply
dUDE wHY dIN’T yOU tELL mE eARLIA :C “?
Reply
Drop my ‘n mail as jy nog besig is met jou thesis. Ons run WKJ al van 2000 af as ‘n hobby en het meer onlangs al die Vernon websites ook gedoen. Ons ruik ‘n ding ‘n myl ver.
Reply
watkykjy r0×0rz.
Reply
[...] Reader beware, this piece is extensive. You need time (blame it on Johan)! [...]