Vandag het Renier weer by die voetoorgang oorkant die Opvoedkundegebou gestaan. Hierdie keer het hy 'n Bybel gehad en 'n plakkaat wat vra: “Judgement is coming! Are you ready?” Studente het hom weer vreemd aangekyk en ek het weer gewonder hoekom hy nie maar ophou nie, aangesien dit kennelik nie werk nie. Niemand reageer positief op wat hy sê nie – en as hy hoegenaamd 'n invloed het op iemand se persepsie van die Christendom, is dit negatief.
Maar dit werk vir hom. Is dit genoeg?
Ek wonder wat sy reaksie op hierdie video sou wees:
